Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » niks
niks [boodskap #126979] Tue, 09 July 2019 07:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21101
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
niks
Afbreking: niks




Onbepaalde voornaamwoord: niks

Betekenis:
• Geen enkel ding nie.

Gebruik:
• Hy begryp niks hiervan nie.

Spreekwoord:
• Dit sê niks. [Dit bewys niks.]
• Dit maak niks nie. [Dis van geen belang nie.]
• Die langslewende erf niks. [Die boedel is bankrot.]
• Die een dag fiks, die ander dag niks. [Die een dag het hy iets en dan verloor hy weer alles.]
• Ek het niks aan hom nie. [Geen plesier, ondersteuning van iemand kry nie.]
• Hy het nog niks oor sy lippe gehad nie. [Hy het nog niks geëet of gedrink nie.]
Niks met iemand uit te waai hê nie. [Niks met iemand te doen hê nie.]
Niks vir niks en baie min vir 'n sikspens. [Vir alles moet kontant betaal word.]
• Sê niks dan is daar niks. [Bly liewer stil dan bewaar jy die vrede.]
• Sy hande staan vir niks verkeerd nie. [Hy kan alles doen.]
• Van die hele sous niks weet nie. [Van die hele saak niks weet nie.]
• Van sit en staan, kom niks gedaan. ['n Mens rig niks uit as jy dit nie ernstig aanpak nie.]
• Daar groei niks in die skaduwee van 'n groot boom nie. [Iemand wat naby aan 'n groot persoonlikheid beweeg, kry nie kans om self te ontwikkel nie.]
• Daar is niks aan te doen nie. [Dis 'n verlore saak.]
• Daar is niks nuuts onder die son nie. [In werklikheid is daar niks wat nie reeds in die een of ander vorm bestaan of ervaar is nie.]

Sinoniem:
• bokkerol
• geen
• nil
• nul
• zero

Antoniem:
• iets

Vertaling:
Engels: nothing, none
Nederlands: niks

Nota:
• As 'n mens "niks" gebruik, moet daar altyd 'n "nie" later in die sin kom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: groete
Volgende onderwerp: bietjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 17:20:18 UTC 2025