Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boks
boks [boodskap #126908] Fri, 05 July 2019 20:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21101
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kartonboks.
'n Kartonboks.
boks
Afbreking: boks




Selfstandige naamwoord: boks
Meervoud: bokse
Verkleinwoord: boksie
Meervoud van verkleining: boksies

Betekenis:
• 'n Houer van ligte materiaal, soos karton, hout of blik.

Gebruik:
• Pak jou speelgoed in die boks.

Sinoniem:
• doos

Vertaling:
Engels: box
Nederlands: doos

Twee boksers wat boks.
Twee boksers wat boks.

Selfstandige naamwoord: boks
Meervoud:

Betekenis:
• Taktiese vegsport waartydens teenstanders probeer punte aanteken deur met vuiste na mekaar te slaan.

Gebruik:
• In boks word slegs houe of stote met 'n geslote vuis bo die gordel toegelaat.

Afgelei:
• bokser
• boksgeveg
• bokshandskoen
• bokskampioen
• bokskryt

Verwant:
• uitklophou

Vertaling:
Engels: boxing
Nederlands: boksen


Werkwoord: boks
Verlede tyd: het geboks

Betekenis:
• Met die vuiste veg.

Gebruik:
• Kom onder my voete uit voor ons mekaar boks!

Vertaling:
Engels: to box
Nederlands: boksen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mierleeu
Volgende onderwerp: doos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 17:19:16 UTC 2025