Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » homself
homself [boodskap #126221] Mon, 27 May 2019 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
homself
Afbreking: hom•self
Samestelling: hom + self



Wederkerende voornaamwoord: homself

Betekenis:
• Verwys na die manlike persoon wat reeds genoem is.

Gebruik:
• Huxley het weinig skoolopleiding gehad en het homself byna alles wat hy geweet het self geleer.

Spreekwoord:
• Die kwaad straf homself. [Die kwaad bring sy eie vergelding.]
• Elkeen is homself die allernaaste. [Elkeen sorg vir homself heel eerste.]
• Hy gaan homself te buite. [Nie jou perke ken nie.]
• Hy maak vir homself 'n lêplek by hulle. [Baie of tot vervelens by hulle kom.]

Antoniem:
• haarself

Vertaling:
Engels: himself
Nederlands: zichzelf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gelê
Volgende onderwerp: boere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 26 06:33:07 UTC 2025