Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
albei
Afbreking: al•bei
Hoofdtelwoord: albei
Betekenis:
• Elkeen van twee.
Gebruik:
• Ek het albei die kinders op een foto ingekry. Hulle kyk albei vir jou.
Sinoniem:
• altwee
• beide
Spreekwoord:
• Albei voete plat op die aarde. [Realisties wees.]
• Die mes sny aan albei kante. [Die saak kan van twee kante beskou word.]
• As twee hande mekaar was, word albei skoon. [Deur 'n ander te help, word 'n mens self gehelp.]
Vertaling:
Engels: both
Nederlands: beide
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.