ouderdom [boodskap #125945] |
Sat, 18 May 2019 09:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ouderdom
Afbreking: ou•der•dom
Selfstandige naamwoord: ouderdom
Meervoud: ouderdomme
Verkleinwoord: ouderdompie
Meervoud van verkleining: ouderdompies
Betekenis:
• Die tyd waartydens iets of iemand bestaan; aantal jare geleef; leeftyd.
• 'n Veral hoë leeftyd.
Gebruik:
• Dis ongeskik op 'n vrou se ouderdom so weg te gee.
• Ouderdom is nie vir sussies nie!
Sinoniem:
• leeftyd
Spreekwoord:
• Die dood is die enigste raat teen die ouderdom. ['n Mens kan nie verhinder dat jy oud word nie.]
Vertaling:
Engels: age, old age
Nederlands: ouderdom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|