destyds [boodskap #125944] |
Sat, 18 May 2019 08:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
destyds
Afbreking: des•tyds
Bywoord: destyds
Betekenis:
• In daardie tyd; wat vroeër of lank gelede gebeur het.
Gebruik:
• EK was destyds nog 'n tjokker.
• 'n Kenmerk van dié destyds moderne gebou is sy wegstaande toring wat met die gebou verbind is.
Vertaling:
Engels: at that time, then
Nederlands: destijds
Byvoeglike naamwoord: destyds
Attributief: destydse
Betekenis:
• In daardie tyd; wat vroeër of lank gelede gebeur het.
Gebruik:
• Hy was die destydse president.
• Beeld het uiteindelik die stryd gewen met die verdwyning van al vier die destydse Perskor-dagblaaie.
Vertaling:
Engels: erstwhile
Nederlands: destijds
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|