Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rakkertjie Rob?
Rakkertjie Rob? [boodskap #13320 is 'n antwoord op boodskap #13323] |
Tue, 17 March 1998 00:00  |
Frikkie
Boodskappe: 15 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Met heimwee dink ek vanoggend terug aan 'n Suid-Afrikaanse tydskrif van jare
gelede. Was dit nou Die Jongspan of Die Brandwag? Ek sien voor my geestesoog
die wit en rooi strokieprent: Avonture van Rakkertjie Rob.
Hy het mos 'n Skotse lappie oor sy skouer gehad en so harige sak voor sy
lende. Het hy 'n hoedjie gedra? Her hy ore en voete gehad?
Nou onthou ek: Sy hondjie by name Skottie!
Dit was in dieselfde tyd toe ons nog lede was van die Rooi Ridder Bende. Ek
moet nog iewers in die waenhuis 'n lidmaatskap kaartjie hê wat verlaar: 'Jy
is gemagtig tot samewerking met die SAP'. (Sersant Faber het net gegrinnik
toe ek my hulp aanbied).
Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?
Suid-wes groete.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rakkertjie Rob? [boodskap #13364 is 'n antwoord op boodskap #13323] |
Thu, 19 March 1998 00:00  |
f...
Boodskappe: 18 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article "dega" writes:
> From: "dega"
> Subject: Re: Rakkertjie Rob?
> Date: Tue, 17 Mar 1998 21:02:19 +0200
> lol .... 'n welige snorbaard is al wat ek kan byvoeg. Gunsteling leesgoed
> die Uile van Kranskop & Rooi Jan & Mark Condor. Die dae toe TV 'n grootoog
> droom was ..... 'n "computer" die drogbeeld van 'n toestel in 'n reuse kamer
> wat nog eendag "die wereld gaan oorneem"
Wat van "Die Swart Luiperd"? Ek het eenkeer gehoor dat Braam le Roux die
vinnige geldmaak skuilnaam was van FA Venter. Weet iemand dalk?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 10 14:36:24 UTC 2025
|