Wesselton [boodskap #124568] |
Tue, 22 January 2019 13:42 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wesselton is 'n voorstad van Kimberley, beroemd vir die Wesselton-myn waarmee daar in 1890 op die plaas, Benauwdheidsfontein, wat aan die Wessels-familie behoort het, begin is. Dit is later oorgeneem deur H.A. Ward wat dit ’n aantal jare lank suksesvol ontgin het. Na ’n geskil met De Beers Consolidated Mines, is Ward ingevolge ’n hofbevel toegelaat om 5,000,000 vragte diamantgruis te was voordat die eiendom in 1896 na dié maatskappy oorgedra is.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|