Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wellington
Wellington [boodskap #124550] |
Mon, 21 January 2019 15:29 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wellington is 'n dorp is Wes-Kaapland. In 1840 gestig en vernoem na die Hertog van Wellington. Die omgewing is pragtig. Oorspronklik is dit Wagenmakersvlei genoem en tot die koms van die motorkar was dit een van Suid-Afrika se belangrikste wamaker-sentrums. Dit was nog altyd ’n sentrum vir wyn, koring en vrugte en daar is belangrike droëvrugte- en inmaakfabrieke. Pieter Retief en generaal J.B.M. Heitzog is albei daar gebore. In 1874 is die Hugenote-Seminarie (later die Hugenote-Universiteitskollege) — die eerste inrigting vir hoër onderwys vir vroue in Suid-Afrika — daar gestig. Dit is nou ’n opleidingsentrum vir maatskaplike werksters van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Destydse bevolking 12,100 (4,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Feb 21 13:02:23 UTC 2025
|