Tuis » Taal » Ensiklopedie » Umvoti Mounted Rifles (U.M.R.)
Umvoti Mounted Rifles [boodskap #124287] |
Thu, 17 January 2019 20:26 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Umvoti Mounted Rifles (afgekort U.M.R.) was 'n Suid-Afrikaanse militêre eenheid, in September 1865 gestig. Veg in die Zoeloe-oorlog van 1879, in 1899 saam met Buller se Natalse mag tydens die ontset van Ladysmith en weer in die Zoeloe-opstand van 1906 en 1907. In 1914 is dit gemobiliseer, en veg in Duits-Suidwes-Afrika (tans Namibië) met die sentrale mag. In die Tweede Wêreldoorlog het die eenheid saam met die 4de Suid-Afrikaanse Infanterie-brigade in Noord-Afrika geveg en is in 1942 by Tobroek gevangene geneem. Slagspreuk: ‘Tojours Prêt’.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 02 20:44:29 UTC 2025
|