Tuis » Lekker » Musiek & liriek » My Land, Suid-Afrika
My Land, Suid-Afrika [boodskap #122319] |
Tue, 18 December 2018 14:44 |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
MY LAND, SUID-AFRIKA
Suid-Afrika, o land so ruim en vry;
jy is die land deur God gegee aan my;
jou het ek lief! Verkeer my land in nood,
trou sal ek bly, ja, selfs tot in die dood.
Suid-Afrika, o land van son en veld;
jy is gekoop deur bloed van meenge held.
Dierbaar die grond waar helde rus tot nou;
hul het gestry, hul bloed geskenk vir jou.
Suid-Afrika, die land waar God regeer.
Heer, gee ons krag, ons wil U altyd eer;
gee ons die moed vir dit wat ons moet dra.
Heer, hoed ons land, beskerm, Suid-Afrika!
Woorde: ANDRIES WASSERMAN; gewysig: G.G. CILLIÉ
Musiek: GEORGE W. WARREN, 1892
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 04:49:01 UTC 2025
|