Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Tulband in Kanada
Die Tulband in Kanada [boodskap #8839] Do, 20 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die nabye toekoms is dit weer tyd vir die
Oscars. Ons hier in Kanada hou duimvas dat
"The English Patient" groot gaan wen. Alhoewel
die film in Amerika gemaak is (met 'n Engelse
direkteur), is die storie gebaseer op 'n boek van die
Kanadese skrywer Michael Ondaatje (die Booker
pryswenner van 1992.) Binne die eerste paar minute
praat hulle van Picton, hier naby ons op die walle
van Lake Ontario. Twee van die karakters in die
boek kom van Montreal.
Die hoofstorie in die film, vertel in terugflitse,
speel af in Noord-Afrika, in die periode net voor die
uitbreek van die Tweede Wereldoorlog. Dis essensieel
die liefdesverhaal van die "English Patient" met die
vrou van een van die ander lede van die groep wat in
die woestyn na oudhede soek.
Maar die werklike storie van die film speel af in
Italiëe, reg aan die einde van die oorlog. 'n Kanadese
verpleegster, wat vir 'n man sorg wat sterf aan brand-
wonde, besluit om met hom agter te bly in 'n ou gebou,
en nie saam met die ander noordwaarts te gaan nie. Die
verpleegster ontwikkel uiteindelik 'n liefdesverhouding
met 'n ontploffings-ekspert, 'n Sikh wat amper altyd sy
tulband op het. Hierdie vreeslose man is vir my die werk-
like held in die storie, hierdie deel van die storie is vir
my die hart van die boek.
Ek glo ook dat Michael Ondaatje dit so bedoel het.
Michael Ondaatje is van gemengde Engelse en Ceylonese
afkoms. Ek glo dat hy met hierdie storie wou wys hoe diep
die mense van die Indiese subkontinent in die psige van die
Kanadees ingekruip het - sag, nie-dreigend, maar permanent
daar. In die afgelope jare moes die Kanadese bevolking dan
ook terdeëe kennis neem van hierdie teenwoordigheid.Sikhs,
wat hulle tulbande as deel van hulle godsdiens dra, het begin
lede word van die R.C.M.P. (Royal Canadian Mounted Police),
maar wou toegelaat word om hulle tulband te dra in plaas van
die baie Britse helmet van die R.C.M.P. Eers was daar baie
proteste, maar uiteindelik het die hoogste hof in die land hulle
die reg gegee om dit te dra.( Nou in die laaste weke is daar weer
die kwessie van of Sikhs verskoon sal word van die wet dat
alle moterfietsryers helmets moet dra.)
So, as 'n mens aan die Kanadese bevolking dink, moet jy
deeglik kennis neem van die teenwoordigheid van hierdie
komponent wat afkomstig is uit die Indiese subkontinent.
Meeste bekroonde skrywers het "Indiese" bloed in hulle are.
Jy sien hulle baie (gewoonlik meisies) op die lys van Rhodes-
scholars. Baie van hulle werk in universiteite en navorsings-
institute. Baie van hulle is in Kanada gebore. Ek glo dat aan
die einde van die volgende eeu hulle teenwoordigheid nog
sterker sal wees. Ek dink mense uit die Indiese subkontinent
hou daarvan om na Kanada te emigreer.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: Die Arendsveer in die Parlement
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Bevooroordeelde regstelsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 21:35:12 MGT 2024