Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KAKKIES IS TERUG
KAKKIES IS TERUG [boodskap #8578] |
Tue, 18 February 1997 00:00  |
cobus van bosch
Boodskappe: 46 Geregistreer: September 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Jis julle narre!
Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
Dieselfde ou geneul of wensdenkery.
Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie lê met sy
kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.
En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
stimulerende lewe?
En Leendert: wat wil jy nou eintlik sê? Is jy en Koos nie maar net een
en dieselfde nie?
So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.
Groete
kakkies
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8641 is 'n antwoord op boodskap #8578] |
Mon, 24 February 1997 00:00   |
cobus van bosch
Boodskappe: 46 Geregistreer: September 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> (1) Wat dink jy van die komposisies van
> Hans Roosenschoon?
Ja, 'n stuk wat hy geskryf het, is nogal van betrekking op jou. Die
geraas in jou kop pla my.
> (2) Wat weet jy van die seksuele predileksies
> van Johannes Kerkorrel?
Hy was eens getroud, met 'n kind of kinders. Nou slaan hy toe aan
weerskante van die geslagsdraad. (hoekom stimuleer hierdie soort
onderwerp jou?)
> (3) Is die volgende gevolgtrekking reg: Dat
> "Die Burger" anti-de Klerk is en "Beeld"
> pro-de Klerk? En as hierdie stelling reg
> is, is dit as gevolg van 'n besluit van die
> Nasionale Pers om albei kante van die veld
> te speel, om sodoende die hoogs moontlike
> aantal lesers te kry? Of is dit 'n teken van 'n
> skeuring in die magsstruktuur van Nasionale
> Pers self?
Beeld se dinge ken ek nie goed nie. Die Burger bly nog pro-NP. Onthou
darem net, wat jy oor poltiek in die koerante lees (enige koerant), is
maar die mening van individue. Die Burger, of Beeld, is maar net
stukke papier met kopie daarop. Dit het nie 'n eie mening nie, hoewel
daar sommiges is wat so wil voorgee. .
Nog 'n ding: koerante lok nie lesers deur politieke beriggewing nie,
altans nie in Suid-Afrika nie. Kyk maar hoe vaar Huisgenoot teenoor
sogenaamde insiggewende publikasies. Ten opsigte van woelinge in
die Nasionale Party: who cares? in die bree Suid-Afrika het enige
party (buiten die ANC) so min steun dat dit gevaarlik naby aan
irrelevant is.
Ten opsigte van moontlike skeurings in Nasionale Pers se
magstruktuur: hoe de hel moet ek weet? Ek sit nie op die direksie nie.
Iets bekommer my: wat het die vrae in punt 3 te doen met die
belangstellings of saak van enige normale mens? Wat enige van daardie
mense ookal doen en dink, het tog geen wesenlike invloed op die
normale gang van sake nie?
groete
kakkies
|
|
|
|
|
|
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8697 is 'n antwoord op boodskap #8578] |
Mon, 03 March 1997 00:00  |
Teunis van Ree
Boodskappe: 33 Geregistreer: June 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:
: >: So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
: >: net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
: >: dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
: >: julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.
: >Nou maar wat soek jy dan hier? Vat jou dinkie-toys en gaan speel in die
: >straat!
: Net die soort knee jerk reaksie wat verwag kan word. Heeltemal
: onverdraagsaam: soos in die trant van: as julle enige vorm van kritiek
: het, vlieg dan in julle moere! maar nouja, ken ons die Afrikaner nie
: so nie?
Gladnie. As jy dink die Afrikaner maak nie saak, wil ek eerlik weet: wat
maak jy hier? (en by die Burger nogal?) En van onverdraagsaam gepraat - lyk
my jy is dan 'n ware Afrikaner...
Groete
T
|
|
|
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8698 is 'n antwoord op boodskap #8578] |
Mon, 03 March 1997 00:00  |
Teunis van Ree
Boodskappe: 33 Geregistreer: June 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:
: >: So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
: >: net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
: >: dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
: >: julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.
: >Nou maar wat soek jy dan hier? Vat jou dinkie-toys en gaan speel in die
: >straat!
: Net die soort knee jerk reaksie wat verwag kan word. Heeltemal
: onverdraagsaam: soos in die trant van: as julle enige vorm van kritiek
: het, vlieg dan in julle moere! maar nouja, ken ons die Afrikaner nie
: so nie?
: Groete
: kakkies
wieweet, miskien werk ilink vanaand...
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 16 04:30:59 UTC 2025
|