Stop die kollektiewe straf van minderhede in Suid-Afrika [boodskap #120829] |
Wed, 17 October 2018 19:06 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Teken asseblief hierdie petisie voor 11 November 2018:
Stop die kollektiewe straf van minderhede in Suid-Afrika
Ons, die mense, vra die federale regering van Amerika om 'n beroep op die Amerikaanse Kongres te doen om 'n probleem op te los:
1) As die leier van die vrye wêreld, sal dit van groot belang wees as die Amerikaanse regering die rassistiese optrede van die Suid-Afrikaanse regering en radikale groepe teenoor minderhede veroordeel:
- Oproepe tot die moord, marginalisering, vervolging, rasseprofilering, ontmensliking en teikening van enige minderheidsgroep, asook die versuim om organisasies en individue wat hulle daaraan skuldig maak te vervolg;
- Enige wet wat grond onregmatig onteien of dreig om eienaarskap sonder billike en regverdige vergoeding te vervreem;
- Die wrede moord, marteling en aanvalle op minderhede, veral op wit boere in SA, en die daaropvolgende ontkenning daarvan deur die regering en president Ramaphoza.
2) Aankondiging ter ondersteuning van 'n tweestaat-oplossing;
3) Voorsiening van strategiese adviseurs.
Agtergrond: www.ulacongress.com/wh
|
|
|
|
|