Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » wat beteken "geskiedenis"
wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8089] |
Tue, 21 January 1997 00:00  |
Andrew Harwood
Boodskappe: 12 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Groete almal,
Jammer my Afrikaanse taal is nie so goed nie, maar kan iemand vir my sê
wat beteken die woord "geskiedenis" (in Engels) asseblief.
Dankie.
============================================================ ================
| ("`-''-/").___..--''"`-._ ANDREW HARWOOD |
| `6_ 6 ) `-. ( ).`-.__.`) Environmental Engineering |
| (_Y_.)' ._ ) `._ `. ``-..-' Carleton University |
| _..`--'_..-_/ /--'_.' ,' |
| (il).-'' (li).' ((!.-' Email: AHar...@Chat.Carleton.Ca |
| OR Har...@Engsoc.Carleton.Ca |
| From "Darkest Africa"... Postal: 7 Weatherwood Crescent |
| Vanuit "Donkere Afrika"... Nepean, Ontario; K2E 7C5; Canada |
============================================================ ================
|
|
|
|
|
|
|
Re: wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8174 is 'n antwoord op boodskap #8089] |
Sat, 25 January 1997 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , ven...@ilink.nis.za says...
> Hene Gloudina, jy het jou wrintiewaar 'n hele klomp lyne geskryf wat nie 'n
> gedig is nie! Voel jy siek my kind?
>
> Groete,
> Dries Venter
>
Dries,
Probeer jy skoor soek of probeer jy geselskap
soek? Indien jy skoor soek, gaan spring in die
Apies-rivier, daar waar dit kruis met Johnston-
straat in Sunnyside.
Indien nie, maak jouself nuttig en vertel my die
naam van die straat wat verby die Kunsmuseum
loop af in die rigting van die middestad, maar aan
die oostekant (?) van die Kunsmuseum, die kant
weg van die Uniegeboue af. (Terloops, wat noem
hulle die Uniegeboue deesdae?)
Ek probeer nou al vir dae om die naam van daar-
die straat te onthou. Waar dit kruis met Johnston,
is 'n taamlike groot huis, waar Ge Korsten gebly het,
(of nou nog bly?)
Ek is egter meer geinteresseer in nuus oor Gerard
Korsten, die dirigent, seun van die sanger. Het hy die
pos gekry as dirigent van die Transvaalse Filharmoniese
Orkes? ( Ek het 'n artikel oor hom in De Kat van Mei
laasjaar gelees.) Of het hy 'n pos oorsee aanvaar?
So, Dries, maak jouself nou nuttig. Ek ken Pretoria
taamlik goed. Het skoolgehou op Kilnerton, oorkant
die pad langs die Botaniese tuine, voor Bantoe-Onderwys
die swart skool van daardie lieflike plek verwyder het en
dit daar in die kaal haai vlakte ver van Pretoria gaan sit
het. Later, tussen twee emigrerings na Kanada, het ons
vir vier jaar in Lunnon-weg gebly. Pretoria is 'n lekker
plek. Ek het gehou van die Aula, en van die opelugteater
daar. Ek het goeie herinnerings van Pretoria.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:07:04 UTC 2025
|