Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur?
Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117657] |
Wed, 18 June 2008 13:12  |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sommige van die lelikste hoofstukke in Australiese geskiedenis is in die 19e
eeu in Tasmanië geskryf toe die setlaars 'n intensiewe en grootliks
suksesvolle poging aangewend het om volksmoord te pleeg. Toe die eerste
Europeërs in 1803 aangekom het, het 'n geskatte 4000 tot 5000 Aborgines op
die eiland geleef. Hulle was die afstammelinge van die oorspronklike
inwoners wat meer as 11000 jaar gelede gedurende die laaste ystydperk toe
dit moontlik was om oor die vlak laagte van wat nou die "Bass Strait" heet,
te loop, hierheen gekom het. Die Aborgines se vroeë uitgesproke wantroue
teenoor die nuwe aankomelinge het spoedig in volskaalse vyandigheid verander
toe hulle besef dat die indringers nie gekom het om hulle land te deel nie
maar om dit af te vat. Hulle het geveg en die setlaars het teruggeveg - met
brute geweld!
So om en by die agtien-twintigs is Aborgines geskiet wanneer hulle gesien
is, vergiftig met "geskenke" van meelblom of soos diere in strikke gevang.
Hulle kinders is gebruik vir dwangarbeid. Aborigine vrouens is verkrag en
doodgemaak. In 1830 het die owerhede die berugte "Swart Lyn" van meer as
2000 gewapende burgers gevorm wat vir drie weke skouer aan skouer deur die
bos geloop het om die Aborigines uit te dryf. Die 150 Aborigines wat
oorleef het, is na die stormgeteisterde Flinders eiland in die Bass Strait
vervoer waar hulle gedwing is om Christene te word en weggekwyn het as
gevolg van siekte, smart en wanvoeding. Die bejammerenswaardige handjievol
wat oorgebly het, is later toegelaat om na Oyster Cove in Tasmanië terug te
keer. Die laaste van die rasegte Tasmaniese Aborigines - 'n vrou met die
naam Truganini - is in 1856 oorlede. Vir die volgende 120 jaar is haar
geraamte in die Tasmaniese Museum gehou totdat haar oorblyfsels uiteindelik
veras en in die water van D'Entrecasteaux Kanaal naby Oyster Cove in die
omgewing waar haar mense vroeër gewoon het, ter ruste gelê is.
Vertaal uit "National Geographic Traveler Australia", Derde Uitgawe,
Washington DC, 2008, bl. 232 en 233
|
|
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117671 is 'n antwoord op boodskap #117663] |
Thu, 19 June 2008 07:10   |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:fb77770a-55b6-4efe-a7c8-5b14c22d0314@m73g2000hsh.google groups.com...
"Torreke" skryf
> Sommige van die lelikste hoofstukke
Ek sou dink dat wat met die Khoisan in SA
gebeur het, nie ver agterstaan vir dit wat in
Australië gebeur het nie. Moenie vir jou te
vroeg op die skouers probeer klop nie. Die
ou handjies is vuil, baie vuil.Orals, veral
waar wittes uit Europa die afgelope vier
eeue of so geland het. Oos, wes, suid en
noord.
=============================================
Ek kon 'n weddenskap daarop aangaan dat jy jou nie van kommentaar sal
weerhou nie.
"Read my lips": Ek HET NIE met jou gepraat nie en ek WOU/WIL nie met jou
praat nie!!!!
Die volgende woorde bewys jou selfaangestelde "roeping" en vermetelheid.
Ek hoop egter dat jy ook sal kan sien wat
ek as my funksie op hierdie nuusgroep sien.
Ek is ouer as meeste van julle. Ek was in
SA in die vroeë dae van apartheid en het
gesien watter bedorwende invloed sekere
soort denke in die Afrikaner aangewakker
het. Ek was gelukkig buite SA toe daardie
denke vrugte gedra het en daar oorloë op
die grense uitgebreek het en in die strate
van Soweto. Ek was ongelukkig ook onder
skoot hier in die buiteland, gekritiseer deur
elke Jan Rap en sy maat oor "wat in SA
aangaan." Ek voel dit dus as my roeping
om, in Afrikaans, hierdie bedorwenheid
aan die kaak te stel.
Jy stel geen bedorwenheid van die Afrikaner aan die kaak nie, jy stel net
jou eie bedorwenheid, eensydigheid, verwaandheid, GAAAT in die kop en
dikvelligheid aan die KAAK!!!
Op elke pos moet jy jou eensydige vrot eiertjie lê. Amazon besluit dat
hulle nie meer die SA Posdiens gaan gebruik nie vanweë misdaad, maar Bouwer
weet beter - haar persoonlike ervarings is genoegsame bewys dat die
negatiewe ervarings van Amazon en ander mense nie waar kan wees nie. Jy kan
tog seker nie so breinddood wees dat jy nie kan uitwerk dat jou ervarings
pro rata waarskynlik baie minder as 1% van Amazon se ervarings met die SA
Posdiens verteenwoordig nie? - of is jou grysstof werklik reeds te min
daarvoor?
Die GAT in jou kop kan tog seker nie so groot wees dat jy nie kan agterkom
dat jy NIEMAND met jou eensydigheid oortuig nie!!! - dat jy net mense
irriteer en vervreem! - of is jy werklik te stupid om dit agter te kom?
En moenie weer jou strontstorie verkondig dat ek nie weet wat die woord
"ignoreer" beteken nie wanneer jy so blatant geselskap soek nie! - dis jy
wat nie die boodskap wil kry nie!
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117673 is 'n antwoord op boodskap #117671] |
Thu, 19 June 2008 07:32   |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" <wrote
> Jy stel geen bedorwenheid van die Afrikaner aan die kaak nie, jy stel net
> jou eie bedorwenheid, eensydigheid, verwaandheid, GAAAT in die kop en
> dikvelligheid aan die KAAK!!!
>
> Op elke pos moet jy jou eensydige vrot eiertjie lê. Amazon besluit dat
> hulle nie meer die SA Posdiens gaan gebruik nie vanweë misdaad, maar
> Bouwer weet beter - haar persoonlike ervarings is genoegsame bewys dat die
> negatiewe ervarings van Amazon en ander mense nie waar kan wees nie. Jy
> kan tog seker nie so breinddood wees dat jy nie kan uitwerk dat jou
> ervarings pro rata waarskynlik baie minder as 1% van Amazon se ervarings
> met die SA Posdiens verteenwoordig nie? - of is jou grysstof werklik reeds
> te min daarvoor?
>
> Die GAT in jou kop kan tog seker nie so groot wees dat jy nie kan agterkom
> dat jy NIEMAND met jou eensydigheid oortuig nie!!! - dat jy net mense
> irriteer en vervreem! - of is jy werklik te stupid om dit agter te kom?
Nee, jy's inderdaad te stupid om dit agter te kom.
Ek het so pas weer Ferdi se draad "Kyk wat doen die apartheidsvarke nou"
gelees.
Die gesoute koerantman het baie meer ervaring van dié soort ding as ek.
Hy't jou netjies uitgelok en jou verwaandheid, eensydigheid en dikvelligheid
aan die kaak gestel.
Jy't oop oë in sy slagyster ingeloop en ek kan my goed voorstel hoe hy hom
daaroor verkneukel! - he, he, he!!.
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117677 is 'n antwoord op boodskap #117671] |
Thu, 19 June 2008 07:58   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 19 Jun 2008 09:10:40 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Hessie" wrote in message
> news:fb77770a-55b6-4efe-a7c8-5b14c22d0314@m73g2000hsh.google groups.com...
> "Torreke" skryf
>
>> Sommige van die lelikste hoofstukke
>
> Ek sou dink dat wat met die Khoisan in SA
> gebeur het, nie ver agterstaan vir dit wat in
> Australië gebeur het nie. Moenie vir jou te
> vroeg op die skouers probeer klop nie. Die
> ou handjies is vuil, baie vuil.Orals, veral
> waar wittes uit Europa die afgelope vier
> eeue of so geland het. Oos, wes, suid en
> noord.
>
> =============================================
> Ek kon 'n weddenskap daarop aangaan dat jy jou nie van kommentaar sal
> weerhou nie.
>
> "Read my lips": Ek HET NIE met jou gepraat nie en ek WOU/WIL nie met jou
> praat nie!!!!
>
> Die volgende woorde bewys jou selfaangestelde "roeping" en vermetelheid.
>
> Ek hoop egter dat jy ook sal kan sien wat
> ek as my funksie op hierdie nuusgroep sien.
> Ek is ouer as meeste van julle. Ek was in
> SA in die vroeë dae van apartheid en het
> gesien watter bedorwende invloed sekere
> soort denke in die Afrikaner aangewakker
> het. Ek was gelukkig buite SA toe daardie
> denke vrugte gedra het en daar oorloë op
> die grense uitgebreek het en in die strate
> van Soweto. Ek was ongelukkig ook onder
> skoot hier in die buiteland, gekritiseer deur
> elke Jan Rap en sy maat oor "wat in SA
> aangaan." Ek voel dit dus as my roeping
> om, in Afrikaans, hierdie bedorwenheid
> aan die kaak te stel.
>
> Jy stel geen bedorwenheid van die Afrikaner aan die kaak nie, jy stel net
> jou eie bedorwenheid, eensydigheid, verwaandheid, GAAAT in die kop en
> dikvelligheid aan die KAAK!!!
>
> Op elke pos moet jy jou eensydige vrot eiertjie lê. Amazon besluit dat
> hulle nie meer die SA Posdiens gaan gebruik nie vanweë misdaad, maar Bouwer
> weet beter - haar persoonlike ervarings is genoegsame bewys dat die
> negatiewe ervarings van Amazon en ander mense nie waar kan wees nie. Jy kan
> tog seker nie so breinddood wees dat jy nie kan uitwerk dat jou ervarings
> pro rata waarskynlik baie minder as 1% van Amazon se ervarings met die SA
> Posdiens verteenwoordig nie? - of is jou grysstof werklik reeds te min
> daarvoor?
>
> Die GAT in jou kop kan tog seker nie so groot wees dat jy nie kan agterkom
> dat jy NIEMAND met jou eensydigheid oortuig nie!!! - dat jy net mense
> irriteer en vervreem! - of is jy werklik te stupid om dit agter te kom?
>
> En moenie weer jou strontstorie verkondig dat ek nie weet wat die woord
> "ignoreer" beteken nie wanneer jy so blatant geselskap soek nie! - dis jy
> wat nie die boodskap wil kry nie!
Ek wonder wat vertel sy vir haar bure. Hoe sy aan hulle verduidelik
dat sy die land remotely op die regte pad hou deur aan die witmense te
vertel wat om te doen. Ek wed jou sy doen dit.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117693 is 'n antwoord op boodskap #117685] |
Thu, 19 June 2008 12:23   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
> "Dave"
>> Maar Ta' Stienie (!!!) Ek laaik daai antie geniune!
>
> Ja-Nee, dié Ta' Stienie, sy weet net hoe om daai sigaret met haar roooi
> naels wat so plek-plek afdop, deur die lug te swaai! - en met tuitlippe wat
> sulke plooitjies trek soos sy die stompie tussen haar tandlose tandvleise
> vasbyt, te suig dat haar wange ronde kieste maak en die blou dampe dik om
> almal warrel.
Ek noem mans wat soos julle twee sit en
kekkel "ou tannies." Dit is wat julle twee
is, ou tannies. Het niks beter om te doen
as om oor ander te sit en skinder nie.
Die manier waarop julle ook van vroue
praat, wys julle diep veragting van die
vroulike geslag. Julle praat in die
gewoonlike cliches van mans wat
onseker is van hulle manlikheid, en
daarvoor moet opmaak deur oor ander
vroue negatief te praat. Dit verklaar
ook hoekom julle ook julself sal uitmaak
as groot Don Juans by die jonger vrouens.
Ek is jammer vir julle vrouens.
Terloops, omdat ek deur diep
Christelike ouers grootgemaak is, en
in my jong dae aktief in die Christelike
Studente Vereniging was, kan jy seker
wees dat ek nog rook, nog my hare
kleur.
Ek is so jammer vir julle. Julle
is leë vate, gevul met drek. Kry 'n lewe.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117698 is 'n antwoord op boodskap #117693] |
Thu, 19 June 2008 12:48   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 19 Jun 2008 05:23:18 -0700 (PDT), Hessie wrote:
> Terloops, omdat ek deur diep
> Christelike ouers grootgemaak is, en
> in my jong dae aktief in die Christelike
> Studente Vereniging was, kan jy seker
> wees dat ek nog rook, nog my hare
> kleur.
As jy, na jou ouers jou Christelik groot gemaak het, so min respek
daarvoor betoon dat jy 'n boedhis geword het, het jy seker maar pers
hare en mentol sigarette.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117752 is 'n antwoord op boodskap #117739] |
Fri, 20 June 2008 14:40   |
Daniel Le Roux
Boodskappe: 106 Geregistreer: February 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Torreke, as ek reg onthou het jy 'n tyd gelede die antie op jou 'kill file'
geplaas, en genoem dat jy nie meer gaan aandag skenk aan enige van haar
poste nie.
Hoe dan nou?
Het jy in die lokval geval?
Jan van Perth
"Torreke" skryf in boodskap news:Fb2dnc7VE7DiPcbVnZ2dnUVZ8s3inZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" < wrote
>
>> Sy't jou reeds vertel
>
> Ag Tannie Torreke, kan jy nou regtig nie lewe
> sonder om dag in en dag uit aan my te sit en
> dink nie? Is dit soos 'n juk wat jy móét krap?
> Soos 'n roof waaraan jy aanhoudend sit en lol?
> As jy so gedurig van my praat, tannie Torreke,
> dan begin ek wonder of jy nie op my verlief
> is nie. Want dis 'n duidelike teken van 'n
> obsessie. Ek weet nie of ek van die gedagte
> hou nie. Die mense sal begin praat. Is dit nie
> moontlik om my te ignoreer nie?
>
> Hessie van Riviersonderend
>
> An' Stienie, alias Pendoring van die Piesang Republiek,
> Waarom verbaas dit nie dat jy alles uitvee behalwe die paar skamele
> woorde nie,
> En waarom verbaas dit my nie dat jy my agter die deur soek waar jy
> staan nie.
> Want 'n antwoord vir wat ek gesê het, het jy nie.
> Nou gryp jy maar na strooihalms in die lug
>
> Kom ek herhaal vir jou wat ek gesê het en dan soek jy antwoord daarvoor:
>
> "Sy't jou reeds vertel wat sy van jou Christelikheid dink.
> En so "in die lug" terselfdertyd 'n klap na my adres gerig,
> en alle ander Afrikaanse "predikante" wat nou nie soos Beyers Naude preek
> nie
> - net so asof predikante veronderstel is om volmaak te wees...
> - net so al asof Beyers Naude sonder sonde was...
> - en so al asof die ANC sonder sonde was/is"
>
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117754 is 'n antwoord op boodskap #117671] |
Fri, 20 June 2008 14:53   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: March 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 19 Jun 2008 09:10:40 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Hessie" wrote in message
> news:fb77770a-55b6-4efe-a7c8-5b14c22d0314@m73g2000hsh.google groups.com...
> "Torreke" skryf
>
>> Sommige van die lelikste hoofstukke
>
> Ek sou dink dat wat met die Khoisan in SA
> gebeur het, nie ver agterstaan vir dit wat in
> Australië gebeur het nie. Moenie vir jou te
> vroeg op die skouers probeer klop nie. Die
> ou handjies is vuil, baie vuil.Orals, veral
> waar wittes uit Europa die afgelope vier
> eeue of so geland het. Oos, wes, suid en
> noord.
>
> =============================================
> Ek kon 'n weddenskap daarop aangaan dat jy jou nie van kommentaar sal
> weerhou nie.
>
> "Read my lips": Ek HET NIE met jou gepraat nie en ek WOU/WIL nie met jou
> praat nie!!!!
>
> Die volgende woorde bewys jou selfaangestelde "roeping" en vermetelheid.
>
> Ek hoop egter dat jy ook sal kan sien wat
> ek as my funksie op hierdie nuusgroep sien.
> Ek is ouer as meeste van julle. Ek was in
> SA in die vroeë dae van apartheid en het
> gesien watter bedorwende invloed sekere
> soort denke in die Afrikaner aangewakker
> het. Ek was gelukkig buite SA toe daardie
> denke vrugte gedra het en daar oorloë op
> die grense uitgebreek het en in die strate
> van Soweto. Ek was ongelukkig ook onder
> skoot hier in die buiteland, gekritiseer deur
> elke Jan Rap en sy maat oor "wat in SA
> aangaan." Ek voel dit dus as my roeping
> om, in Afrikaans, hierdie bedorwenheid
> aan die kaak te stel.
>
> Jy stel geen bedorwenheid van die Afrikaner aan die kaak nie, jy stel net
> jou eie bedorwenheid, eensydigheid, verwaandheid, GAAAT in die kop en
> dikvelligheid aan die KAAK!!!
>
> Op elke pos moet jy jou eensydige vrot eiertjie lê. Amazon besluit dat
> hulle nie meer die SA Posdiens gaan gebruik nie vanweë misdaad, maar Bouwer
> weet beter - haar persoonlike ervarings is genoegsame bewys dat die
> negatiewe ervarings van Amazon en ander mense nie waar kan wees nie. Jy kan
> tog seker nie so breinddood wees dat jy nie kan uitwerk dat jou ervarings
> pro rata waarskynlik baie minder as 1% van Amazon se ervarings met die SA
> Posdiens verteenwoordig nie? - of is jou grysstof werklik reeds te min
> daarvoor?
>
> Die GAT in jou kop kan tog seker nie so groot wees dat jy nie kan agterkom
> dat jy NIEMAND met jou eensydigheid oortuig nie!!! - dat jy net mense
> irriteer en vervreem! - of is jy werklik te stupid om dit agter te kom?
>
> En moenie weer jou strontstorie verkondig dat ek nie weet wat die woord
> "ignoreer" beteken nie wanneer jy so blatant geselskap soek nie! - dis jy
> wat nie die boodskap wil kry nie!
Die San is inderdaad deur swart stamme gejag en doodgemaak. Ook deur
wittes.
Die swart stamme wat Suider-Afrika inbeweeg het, het die san uit hul
gebied verdryf in'n reusagtige kolonialisasie. Later het die wittes
ook hul deel gedoen.
Die botsing tussen die San endie swart migrante was voor die hand
liggend: Die San was jagters en die swart stamme was vee-boere.
|
|
|
|
|
|
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117760 is 'n antwoord op boodskap #117756] |
Fri, 20 June 2008 15:25   |
Daniel Le Roux
Boodskappe: 106 Geregistreer: February 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Albei is ekke! Ek is gedoop Daniel Jan le Roux. In SA is ek geken as Jan.
Maar toe ek in ozland beland, en mense vra wat my naam is en ek seg 'Jan',
was die antwoord meer as dikwels "But 'Jan' (soos in die afkorting vir
Janette onder andere), sounds like a girl's name!" Summier het ek toe hier
in ozland my keuse van noemnaam verander na Daniel.
"Dave" skryf in boodskap news:tvhn54tpsrn5jp72ui95nmg0m9i0mv37f4@4ax.com...
> On Fri, 20 Jun 2008 22:40:04 +0800, "Daniel le Roux"
> wrote:
>
>> Torreke, as ek reg onthou het jy 'n tyd gelede die antie op jou 'kill
>> file'
>> geplaas, en genoem dat jy nie meer gaan aandag skenk aan enige van haar
>> poste nie.
>> Hoe dan nou?
>> Het jy in die lokval geval?
>> Jan van Perth
>
>
> Hy het Jan. Ek het hom daarin gelok omdat hy haar pos deur my pos
> sien, want wat sy sê is so 'n resep vir 'n mixgrill, dat ek gemeen
> voel om alleen daaroor te lag en dit nie te deel nie.
>
> BTW, nêrens het hy gesê dat hy haar killfile nie.
> Net dat hy dik is vir haar repeterende eentonige doem doem doem.
>
> Wie is Jan en wie is Daniël Le Roux?
>
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 16 05:19:44 UTC 2025
|