Tuis » Taal » Prosa & poësie » " ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR
" ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR [boodskap #109603] |
Sat, 11 March 2006 03:26  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
ek skryf uit Maputo
Mark Behr
om oor 'n afstand te erken
dat ek jou wel liefhet
daarvan dat die gekraak van palms
teen die strand herinner
aan die plaashuis se houtgang saans
van jou voete wat by my kom inkruip
mosambiek is net 'n geraamte van
koloniale verledes
maar mense loop met oë wat velkleur ontleer
en maghebbers groot genoeg om foute
te erken.
gister gaan ons kyk waar die president en
kie. sokker speel
teen lede van die ou regime
voor 'n skare wat van opwinding drom -
verbeel jou die dag
wanneer die NP en ANCs teen mekaar
uitdraf
sal seker 'n mengsel rugby en sokker
moet wees -
het ek jou vertel van die aand voor ek
weg is
toe ek voetstappe om die huis hoor sluip
en uitgaan
en dat ek 'n ruk lank weggebly het?
ek het voor jou oop hortjies gaan stilstaan
waar jy besig is om jou hare te borsel,
kop vooroor,
jy bind dit in 'n poniestert
en laat val jou rok soos 'n plas om jou
voete
soos altyd braloos
en jou nippels gooi lang skaduwees
oor jou maag
jy het borste soos Greta Scacchi.
vanaand was ons by die ANC
tussen al die vrae en asemlose opwinding
kon ons vlietend vergeet wat die
Afrikaanse koerante
ons al weer gaan aandoen,
waar begin jy verduidelik
aan dié volk wat soveel dekades dom
gehou afsydig gemaak is?
praat 'n mens hier met mense
luister jy
hoe hulle eie land eie liefde verbied is
word jy opnuut hatig
oor jouself
ek bring vir jou 'n gekleurde doek van
blou duiwe
en gekerfde houtgesiggies klein soos
pinkienaels
wat jy aan jou ore sal hang
dalk kan ons weer in die dam gaan swem
en praat oor al die jare
dalk blom die varklelies nog in die vlei
onder die vinkneste
dalk kan ek jou hare vleg
|
|
|
|
|
Re: " ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR [boodskap #109614 is 'n antwoord op boodskap #109611] |
Mon, 13 March 2006 03:43  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hi Anti. Obsessiwiteit en 'n agtervolgingswaansin (die ou tweetjies is
karperde) is 'n lelike ding. Veral soos mens ouer word.
Lyk my deesdae soek jy of na spioene of na ouens wat onder skuilname
pos.
In elk geval - ek het die gedig geniet.
Jou vrind Ferditjiekie het hom weer oortref in die Beeld in die
afgelope week. Hy kom tot aardskuddende besef dat mense in Suid-Afrika
voortaan van hulle huise gan werk en kragopwekkers gaan aanskaf. Dis
maar seker die resultaat as jy in 'n 'n beskermende werksomgewing van
NASPERS verkeer. As hy omk hom rondkyk sal hy sien dat daar waarskynlik
reeds meer mense is wat uit hulle huise werk as ouens wat daagliks
kantoor toe ry. En, 'n UPS en kragopwekker is lank reeds standaard by
'n klomp mense - by my in elk geval.
Vra hom om die stuk aan jou te stuur dan kan jy hom sommer raadgee oor
die skryf van Afrikaans - dit is swak. (Maar as jy dig gebruik jy kort
sinne en kan jy dalk daarmee wegkom .....?)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 12 05:26:28 UTC 2025
|