Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Twee klein linguistiese vrae
Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104420] |
Sat, 16 July 2005 20:26  |
Paul
Boodskappe: 163 Geregistreer: November 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
(1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken
in:
Wanneer dokters ophou emigreer
En mens by shopping centers verniet kan parkeer
En die Bokke'n bietjie harder probeer
En Bafana Bafana ophou hanna hanna
So ver ek weet, dis nie Afrikaans nie, maar miskien ken julle die liedtjie
waarin dit verskyn.
(2) Uit 'n ander lied uit an ander tyd, d.w.s. "Kakies verdriet" ca.
1900-1902:
Ons gaan nou bekly om ons grond weer te kry
Op die jubel op die jubel op die dy dy dy
Nou zal ons gevoel wat nationaliteit bedoel
Op die jubel op die jubel op die dy dy dy
jubel = 'jubilation; exult, shout for joy'; dy = 'thigh'??
Hoe sou 'n mens "op die jubel, op die jubel op die dy dy dy" in
Engels vertaal?
By voorbaat baie dankie.
Paul R.
Chapel Hill, NC, VSA
E-mail: ptr at email.unc.edu
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104426 is 'n antwoord op boodskap #104420] |
Sun, 17 July 2005 08:37   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 16 Jul 2005 16:26:56 -0400, Paul wrote:
> (1) Weet iemand wat die herhaalde woord of uitdruk "hanna hanna" beteken
> in:
>
> Wanneer dokters ophou emigreer
> En mens by shopping centers verniet kan parkeer
> En die Bokke'n bietjie harder probeer
> En Bafana Bafana ophou hanna hanna
Gepraat wat nie veel van betekenis of belangrikheid in het nie. Soms
word die term, "warra warra" ook gebruik.
Dit slaan op die klank wat mense maak wat sit en twak praat op 'n
eentonige stemtoom.
Dit kan beledigend gebruik word soos in "moet nie met my staan en
hanna hanna nie man! Waar het dit die dink gesit?!" of die kan
neutraal gebruik word om blote verveling met 'n gesprek aan te stoon
soos in "hulle sit daar voor op die stoep en hanna hanna, ek het
eerder kom tv kyk".
> (2) Uit 'n ander lied uit an ander tyd, d.w.s. "Kakies verdriet" ca.
> 1900-1902:
>
> Ons gaan nou bekly om ons grond weer te kry
> Op die jubel op die jubel op die dy dy dy
> Nou zal ons gevoel wat nationaliteit bedoel
> Op die jubel op die jubel op die dy dy dy
>
> jubel = 'jubilation; exult, shout for joy'; dy = 'thigh'??
>
> Hoe sou 'n mens "op die jubel, op die jubel op die dy dy dy" in
> Engels vertaal?
Jubel is jubilation, Ek vermoed die dy dy dy is maar klanke soos die
Beatles se yeah, yeah, yeah aan die einde van sommige van die reels in
hul liedjies.
Maar ek kan verkeerd wees (is waarskynlik verkeerd).
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Twee klein linguistiese vrae [boodskap #104553 is 'n antwoord op boodskap #104468] |
Mon, 25 July 2005 12:22  |
Jan van Wezer
Boodskappe: 13 Geregistreer: January 2005
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Wat hanna hanna betreft: is er misschien een verband met het
Nederlandse 'hannesen' ? Volgens 'van Dale' : de tijd met nutteloos
werk of zouteloos gepraat doorbrengen, knoeien, onhandig te werk gaan.
'gehannes' is geknoei, gepeuter, gezeur.
Jan
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 10:52:26 UTC 2025
|