Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die poskantoor.......
Die poskantoor....... [boodskap #104016] Wo, 22 Junie 2005 07:33
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In lyn van die onlagse storie oor die telefoontariewe, gister onmoet ek 'n
afgetrede egpaar wat hul lewe lank in die poskantoor van SA gewerk het en
hulle reken dat die aanslaan van 'n besette oproep, standaard praktyk is.
As jy gaan kla, dan vra hulle askies en maak reg. Kla jy nie....wel, 95%
van alle telefoongebruikers kla nooit nie en die poskantoor 'score' dat die
sop loop!
Laat mens dink aan die storie van die Jood wat ' perdesaal verkoop het
aan 'n boer, maar dit ook op 9 ander boere se rekeninge gesit het. Drie
het kom kla oor die saal wat hulle nie gekoop het nie en hy't verskoning
gemaak en die 'fout' reggemaak. Sewe het egter vir 'n saal betaal wat 6
nie gekry het nie!
Oor korrupsie binne die deesdae se staatsdepartemente, was hulle
kommentaar dat in die 'ou dae' kon 'n werker met 'n st. 8 kwalifikasie met
die regte lengte van diens en ondervinding, die top-pos in die poskantoor
bereik. Die mense is ook deur die jare verplaas van plek tot plek om alle
moontlike vlakke van ondervinding te kry om hulle beter toe te rus vir hul
huidige taak, asook om die moontlikheid van bevordering te verbeter. Dit
het beteken dat meeste mense wat in die poskantoor gewerk het, geweet het
wat aangaan en die stelsel goed geken het. Bedrog het wel voorgekom soos
in enige stelsel, maar dit het nie op so 'n groot maat voorgekom nie omdat
die mense soveel makliker uitgevang is juis omdat daar 'n hoë algemene vlak
van kundigheid was.
Vandag word mense in die bestuursposte aangestel met algemene
besigheidskwalifikasies soos MBA's en hulle wil graag vir jou vertel dat om
'n besigheid te bestuur, is die een soos die ander want jy moet net die
'Indians' kry om die werk VIR jou te doen, maar regte ondervinding van die
tipe besigheid ontbreek. Met regstellende aksie is ook baie, baie van die
mense met die regte toepaslike ondervinding laat loop en die mense wat nou
daar werk, se vaardigheid en ondervindingsvlakke laat veel te wense oor.
Bedrog word juis weens hierdie laer vlak van algemene kennis van die
algemene personeel, veel meer gepleeg.
Net vir interessantheid: Die nuwe orde het 'n paar jaar gelede 'n
konsultant aangestel uit die buiteland om 'n rekenaarstelsel te implimenteer
om die ou handmetodes te vervang en hy's weg met 'n fooi van R21 miljoen en
'n stelsel wat nooit gewerk het nie! Hoekom? Blykbaar oor die mense wat
die ou aangestel het nie die toepaslike kennis het om te oordeel of die
stelsel goed is of nie.....
Vorige onderwerp: Raai Raai Riepa
Volgende onderwerp: Toneel uit Boere-oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 10:40:22 MGT 2024