Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Proteas
Proteas [boodskap #103658] |
Tue, 07 June 2005 11:25  |
Deneile
Boodskappe: 202 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor die naam van een van ons proteas behoort nou aan Yank maatskappy.
Veral in California teel hulle nou hul eie proteas en verkoop dit baie
suksesvol op die wereld mark. Is die naam boegoe nog ons s'n of behoort ook
nou al aan 'n Yank maatskappy? Ek wonder hoe gebeur dit of wie gee die
regte oor aan maatskappye om so 'n naam te patenteer as hulle eie. Ons kon
ook met die naam protea gemaak het soos hulle gemaak het met die naam "Port"
en "Champagne". Soos die regte van daai plant wat die San uitgewys het as
die wonder dieet kuur verryk nou 'n Yank maatskappy!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103690 is 'n antwoord op boodskap #103685] |
Wed, 08 June 2005 16:19   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf:
>> En julle geliefde mieliemeel/pap whatever is Amerikaans - Sentraal
>> Amerikaans.
>> Pap is gladnie so "african" as wat julle so graag altyd wil glo nie!
>> Julle papvreters moet bietjie begin om meer erkenning en respek te
>> betoon aan Meksiko veral, vir julle stapelvoedsel, nè?
>
> Kom ons skei net gou die hoenders van die eende.
>
> Dit gaan on "trade names" . Nie om produkte nie.
oooo...so dit is okay vir Suid Afrikaners om sommer 'n nuwe woord uit
te dink vir 'n baie ou produk wat oorspronklik inheems van 'n ander
werelddeel was, en dan dink almal dit is 'n produk wat oorspronklik
van Afrika is?
Die woord "mealie" of mielie is 'n unieke Suid Afrikaanse woord vir
"corn" of "maize" of "ear of corn" in die res van die wereld.
So, jy wil nou vir my sê dat "mielie"of "mieliemeel" is nou nie juis
'n trade name nie, maar koffie en tee ens. is?
> Jou voorbeeld is dus nie van toepassing nie. Die naam mieliepap is die
> Amerikaans nie.
As mens 'n produk neem, en sy naam totaal verander dan is dit nie meer
dieselfde produk nie. Ek sien nou.
Maar net sommer vir interessantheid, as julle dit nou sê nou maar
"maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maÃz", of wat van MAIZE,
genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103691 is 'n antwoord op boodskap #103671] |
Wed, 08 June 2005 16:27   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Deneile" skryf:
> Is dit nie Geranimo se voorsate (Wampanoag, Algonquian) wat die mielies vir
> die Yank pelgrims gewys het nie??
Weet jy Deneile, jy mag dalk reg wees. Ek het natuurlik 'n baie sagte
plekkie vir ons "native Americans", en vind die verskeie gebruike,
gelowe en kulture van die verskillende "tribes"geweldig interessant.
As die pelgrims maar eerder meer wou geleer het van hierdie mense,
i.p.v vir hulle komberse met pokke besmet gegee het....dink net hoe
anders sou Amerika dalk vandag daar uitgesien het?
> So die Yanks se bek is daar ook uit!
Giegie...nee, dit is julle Africans se bekke wat uit is, wat dink dat
mieliemeel/pap uniek African is. Dit was nog nooit nie.
Die geskiedenis van mielies is nogal erg interessant. Enniewy..:)
> Thanksgiving kom mos van daar af, dit is en was mos soos hier by ons "When
> Harry met Jan van Riebeeck".
En die kalkoene? Maar voor ek nou hoenders, eende EN kalkoene begin
verwar, laat ek ophou babbel. :)
|
|
|
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103697 is 'n antwoord op boodskap #103690] |
Wed, 08 June 2005 19:52   |
NoS...[3]
Boodskappe: 16 Geregistreer: May 2005
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Wed, 08 Jun 2005 12:19:18 -0400, Katryn wrote:
> oooo...so dit is okay vir Suid Afrikaners om sommer 'n nuwe woord uit
> te dink vir 'n baie ou produk wat oorspronklik inheems van 'n ander
> werelddeel was, en dan dink almal dit is 'n produk wat oorspronklik
> van Afrika is?
> Die woord "mealie" of mielie is 'n unieke Suid Afrikaanse woord vir
> "corn" of "maize" of "ear of corn" in die res van die wereld.
> So, jy wil nou vir my sê dat "mielie"of "mieliemeel" is nou nie juis
> 'n trade name nie, maar koffie en tee ens. is?
Nee. Mielie, mieliepap, mealie whatever in nie 'n handelsnaam soos
Xerox of Chanpagne nie.
Dis generies soos rosyne.
Maar as jy van 'n SOORT rosyn praat (of mielie) wat spesifieke
eienskappe het en wat 'n identiteit het wat aan 'n geografiese gebied
gekoppel is, is dit iets anders.
Ek dink nie dit behoort te wees nie, maar dit is. Die bobbeyankies het
dit so gemaak met hulle hoogheiligheid oor handelsmerke en kopiereg.
Wat nogal snaaks is as mens daaraan dink dat die hele Amerikaanse
bleddie boekbedryf gebou is op 'n gesonde disrespek vir kopiereg en 'n
ongebreidelde steel van intellektuele goed wat die Europese as hul
eiendom gesien het (soos die Yanks nou doen).
Gaan lees maar op oor kopiereg teen die einde van die 1800's en so
aan.
Terug na die onderwerp - dinge soos port en sjerrie is SOORTE
GEFORTIFISEERDE WYNE wat aan 'n spesifieke gebied gekoppel kan word
waat hul hul unieke eienskap gekry het.
Soos groen en swart teen in China (teenoor die bossies wat die
Duitsers drink) en koffie in Afrika teenoor ander brousels wat in
Suid-Amerika en Europa ens. gedrink word.
>> Jou voorbeeld is dus nie van toepassing nie. Die naam mieliepap is die
>> Amerikaans nie.
>
> As mens 'n produk neem, en sy naam totaal verander dan is dit nie meer
> dieselfde produk nie. Ek sien nou.
Nee jy is sarkasties en gebruik dit as dekmantel vir of n onbegrip of
die wete dat jy verkeerd is.
> Maar net sommer vir interessantheid, as julle dit nou sê nou maar
> "maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maÃz", of wat van MAIZE,
> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
Nee. Jy is die hoender.
|
|
|
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103705 is 'n antwoord op boodskap #103697] |
Thu, 09 June 2005 06:34   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
NoS...@Warra.edu (Ferdi Greyling) skryf:
> > "maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maÃz", of wat van MAIZE,
>> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
>
> Nee. Jy is die hoender.
Dit is nie nodig om beledigend te raak nie.
Laat ek weer probeer verduidelik, en asseblief ek weet presies wat die
verskil tussen 'n handelsnaam en gebruikersnaam is.
Ons gebruik byvoorbeeld die woord "kleenex" as ons snesies (?spelling)
bedoel, as voorbeeld van hoe 'n handelsnaam (met behulp van goeie
marketing) in die volksmond verander het as 'n algemeen gebruikte
woord om 'n generiese produk aan te dui.
My voorbeeld van maize (wat julle mielies is - waarskynlik 'n
onkundige taalvader wat nie die verskil tussen die inheemse millet en
uitheemse maïs erken het nie), en ja, natuurlik is dit nie 'n
handelsnaam nie, maar ter wille van die gesprek wat jy begin het om
koffie en tee as voorbeelde te gebruik van waarom handelsname van
ontslae geraak moet word.
Ook met 'n effense agenda om te probeer uitwys hoe slim "marketing",
vrye markte en globalisasie mense se leefwyse, denkwyse en kultuur in
Afrika verander het.
Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
aan julle (Afrika) behoort. Soos gesien in die woorde van die
Malawiers
Âchimango ndi moyo (maize is our life).Â
Verder heet die naam van hulle mees gewilde variety (?ondersoort):
Âchimango cha makola (maize of the ancestors).Â
In Wes Afrika verskyn mielies selfs as 'n antropomorfiese figuuur,
soos gesien in die gedig:
"I do not know at all, but I wish I knew
What clothes the maize plant wore
When he first came
To this Origbo from Olufe town
But this I know surely
That he was disguised upon his journey here."
Sien ook verder die interessante stuk oor mieles in SA.
http://ruafrica.rutgers.edu/events/media/maize_and_grace_jam esmccann.pdf.
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103709 is 'n antwoord op boodskap #103698] |
Thu, 09 June 2005 13:07   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 08 Jun 2005 16:13:07 -0400, Katryn wrote:
> NoS...@Warra.edu (Ferdi Greyling) skryf:
>
>
>> Nee. Mielie, mieliepap, mealie whatever in nie 'n handelsnaam soos
>> Xerox of Chanpagne nie.
>> Dis generies soos rosyne.
>
> Wil jou net gou herinner aan wat jy geskryf het:
>
> "
>
>> Dis tyd dat die name Coffee en Tea ook soos Port en
>> sjerrie en grappa gehanteer word
>
>> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
>>> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
>>> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
>>> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
>>> Die naam behoort mos aan Afrika?."
>
> As jy sê koffie behoort aan Afrika, dan behoort maize/mielies aan
> Sentraal Amerika.
> Dit was my punt.
En my punt is dat jy dit nie verstaan nie. Die manier HOE oets gebruik
word tot dit 'n unieke eienskap het, is wat tel.
Druiwe kom van iewers. Die gewoonte om die sap te laat gis ook, maar
niemand claim die naam "wyn" of "wine" of whatever nie. Niemand claim
dat hulle die reg op die proses van wynmaak besit of kan besit nie.
Maar as wyn op 'n SEKERE MANIER gemaak word sodat dit 'n unieke
eienskap het wat aan die streek gekoppelo word, is dit anders.
Dus: Die Oos-Afrikaners was die eeste wat koffie op daai manier
aangewend het en die spesifieke drankie gemaak het wat vandag koffie
is. Dieselfde met die Chinese en tee.
Maak nie saak waar koffie gegroei word vandag nie. Of tee. Net soos
dit nie saak maak waar druiwe vandag gegroei word nie.
Dit maak nie saak wie wat met koffie-bone doen nie - soos die nie saak
maak wie wat met druwe-sap maak nie.
Maar wanneer dit uniekheid verwerf wat aan 'n streek gekoppel kan word
en in die proses raak dit as't ware 'n nuwe produk - dan het jy die
hansdelsnaam issue.
Wat maak die Suid-Amerikaners met mielies wat dit omskep in ites
nuuts? DIT kan hulle claim. Maar nie die naam mielies nie. Net soos
niemand die naam "druiwe" kan vat nie, maar wel die naam van iets
unieks wat hulle kry as hulle die druiwe verder verryk en die produk
het noue bande met die streek ens. ens. Soos port met Oporto on
Portugal het.
Met ander woorde die Vrystaat sal die naam "verkoek" kan registreer.
Want dit is aan die streek verbonde ens ens. Maar nie die naam mielies
nie. Dis die naam van die plant.
Dis soos staal en karre. Niemand kan die naam staal of die naam kar
besit nie. Maar Toyota kan die naam Toyota besit hoewel dit ook maar
staal en n kar is, maar hulle gee dit 'n unieke vorm en identiteit.
Dis wat die Europeers oor port en sjerrie en grappa gese het en hulle
is gelyk gegee.
Ek se dis tyd dat Afrika dieselfde doen met koffie en China dit doen
met tee want ek argumenteer dieselfde verryking is gedoen met die
bessie en die blare en die brou-proses sodat 'n unieke produk tot
stand gekom het wat eie aan 'n streek is.
Ethiopië. [/color]
Dis mos was ek se.
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103710 is 'n antwoord op boodskap #103705] |
Thu, 09 June 2005 13:09   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 09 Jun 2005 02:34:23 -0400, Katryn wrote:
NoS...@Warra.edu (Ferdi Greyling) skryf:
>
>
>> >> "maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maÃz", of wat van MAIZE,
>>> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
>> Nee. Jy is die hoender.
>
> Dit is nie nodig om beledigend te raak nie.
>
> Laat ek weer probeer verduidelik, en asseblief ek weet presies wat die
> verskil tussen 'n handelsnaam en gebruikersnaam is.
Nou gebruik dan jou kennis.
Mielies is nie 'n unieke produk nie. Dis die plant se naam.
> Ons gebruik byvoorbeeld die woord "kleenex" as ons snesies (?spelling)
> bedoel, as voorbeeld van hoe 'n handelsnaam (met behulp van goeie
> marketing) in die volksmond verander het as 'n algemeen gebruikte
> woord om 'n generiese produk aan te dui.
>
> My voorbeeld van maize (wat julle mielies is - waarskynlik 'n
> onkundige taalvader wat nie die verskil tussen die inheemse millet en
> uitheemse maïs erken het nie), en ja, natuurlik is dit nie 'n
> handelsnaam nie, maar ter wille van die gesprek wat jy begin het om
> koffie en tee as voorbeelde te gebruik van waarom handelsname van
> ontslae geraak moet word.
> Ook met 'n effense agenda om te probeer uitwys hoe slim "marketing",
> vrye markte en globalisasie mense se leefwyse, denkwyse en kultuur in
> Afrika verander het.
> Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
> aan julle (Afrika) behoort.
Ek het dit nie gese n ie en ek dink dit nie.
En ek is ook 'n Afrikaan.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103717 is 'n antwoord op boodskap #103709] |
Thu, 09 June 2005 16:46   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf:
> En my punt is dat jy dit nie verstaan nie. Die manier HOE oets gebruik
> word tot dit 'n unieke eienskap het, is wat tel.
Rondomtalie...round and round we go...yehaa...te lekker!
> Druiwe kom van iewers. Die gewoonte om die sap te laat gis ook, maar
> niemand claim die naam "wyn" of "wine" of whatever nie. Niemand claim
> dat hulle die reg op die proses van wynmaak besit of kan besit nie.
> Maar as wyn op 'n SEKERE MANIER gemaak word sodat dit 'n unieke
> eienskap het wat aan die streek gekoppelo word, is dit anders.
Mielies se oorsprong is Meksiko. Sonder om teveel tyd te mors met
verduidelikings. Daardie mense het toentertyd eerste besef dat hulle
hierdie nuwe gedomestikeerde plant ook kan fynmaal en gebruik soos wat
hulle oerouers gedoen het met wortels en dalk selfs ander graantipes,
ens.
Dus was daar 'n unieke proses gebruik om 'n spesifieke graan te
gebruik. Hierdie proses is toe eventueel aan die Afrikane
bekendgestel, en die res is geskiedenis.
Dus kwalifiseer my mais nogsteeds. 'n Graan wat op 'n SEKERE MANIER
verwerk was, en wat unieke eienskappe gehad het wat aan die streek
gekoppel was.
> Dus: Die Oos-Afrikaners was die eeste wat koffie op daai manier
> aangewend het en die spesifieke drankie gemaak het wat vandag koffie
> is. Dieselfde met die Chinese en tee.
En die mense van Meksiko (raai wie hulle was?), het hulle graan op 'n
unieke manier aangewend en 'n spesifieke dis soortgelyk aan "pap"
begin maak wat vandag mieliepap in Afrika genoem word.
> Maak nie saak waar koffie gegroei word vandag nie. Of tee. Net soos
> dit nie saak maak waar druiwe vandag gegroei word nie.
Net soos dit nie saak maak waar die mielies vandag gegroei word nie.
> Dit maak nie saak wie wat met koffie-bone doen nie - soos die nie saak
> maak wie wat met druwe-sap maak nie.
Dit maak nie saak wie wat met die mieliepitte doen nie.
> Maar nie die naam mielies
> nie. Dis die naam van die plant.
Verkeerde naam, ja! Verkeerd. Die plant wat julle 'n mielie noem is
nie 'n millet nie, maar 'n mais!! Spaanse oorsprong - regte naam is
maÃz, maar enige variasie na genoeg is ook okay. Net nie MIELIE nie.
> Ek se dis tyd dat Afrika dieselfde doen met koffie en China dit doen
> met tee want ek argumenteer dieselfde verryking is gedoen met die
> bessie en die blare en die brou-proses sodat 'n unieke produk tot
> stand gekom het wat eie aan 'n streek is.
Net soos die mense van Sentraal Amerika gedoen het met mais. ja, net
so...
Dis nou as mens mieliepap "uniek" kan noem - yuck!
>
> Dis mos was ek se.
Nee, dit was toe toevallig NIE wat jy gesê het nie. Noord-Oos en Oos
is nogal ietwat verskillend.
Elkgeval, dankie vir die geleentheid om my Afrikaans weer bietjie te
oefen vir 'n slag.
Ek sien ongelukkig nie kans vir nog 'n rondte rondomtalie nie, dit is
heeltemal te uitputtend. So, wat jy ookal te sê het, my antwoord sal
dieselfde wees....JAAAAAA BOET...
|
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103719 is 'n antwoord op boodskap #103714] |
Thu, 09 June 2005 22:25   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf
> Genugtig maar jy is arrogant!!! En jy vis natuurlik, so laat ek dit
> weer herhaal. Dit sal nie die eerste keer wees wat ek dit genoem het
> op hierdie groep nie.
> Ek is baie meer Amerikaans as wat jy ooit Kanadees kan wees. My
> familie aan my pa se kant is al EEUE hier in Amerika!!
Wel, ek verbaas my. Jy het eenkeer vir my direk ge-epos en
jou nooiensvan genoem en dit was 'n duidelike Afrikaanse van.
As ek jou misverstaan of misonthou, verskoon my dan.
As jou pa se mense al eeue hier in die VSA is, stam jou pa
dus óf van Europeërs af wat al tweehonderd jaar of meer
in die VSA gebly het, óf jou pa se mense is een van die Eerste
Nasies van die VSA, of nageslag van die slawe uit Afrika,
óf Nederlanders uit die dae van Pieter Stuyvesant. Ek vis nou
'n bietjie. Voorheen het ek nie gevis nie. Ek het, miskien
foutief, aangeneem dat albei jou ouers SA wortels het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103725 is 'n antwoord op boodskap #103710] |
Fri, 10 June 2005 05:37   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat dan van " Rooibos" wat as " handelsnaam" aan 'n Amerikaner verkoop is?
Rooibos is tog 'n unieke plant, en rooibostee is tog 'n unieke produk.
Hoe kon so 'n transaksie dan in die eerste plek plaas gevind het?
Is Rooibos nou Amerikaans?
--
Groetnis
Annette
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:jofga1dfo9v81om65voqkkgq8jlfo7bgse@4ax.com...
> On Thu, 09 Jun 2005 02:34:23 -0400, Katryn
> wrote:
>
>
>>
>>> >><<>Maar net sommer vir interessantheid, as julle dit nou sê nou maar
>>> >>>"maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maíz", of wat van MAIZE,
>>> >>> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
>
>>> Nee. Jy is die hoender.
>>
>> Dit is nie nodig om beledigend te raak nie.
>>
>> Laat ek weer probeer verduidelik, en asseblief ek weet presies wat die
>> verskil tussen 'n handelsnaam en gebruikersnaam is.
>
> Nou gebruik dan jou kennis.
> Mielies is nie 'n unieke produk nie. Dis die plant se naam.
>
> (?spelling)
>> bedoel, as voorbeeld van hoe 'n handelsnaam (met behulp van goeie
>> marketing) in die volksmond verander het as 'n algemeen gebruikte
>> woord om 'n generiese produk aan te dui.
>>
>> My voorbeeld van maize (wat julle mielies is - waarskynlik 'n
>> onkundige taalvader wat nie die verskil tussen die inheemse millet en
>> uitheemse maïs erken het nie), en ja, natuurlik is dit nie 'n
>> handelsnaam nie, maar ter wille van die gesprek wat jy begin het om
>> koffie en tee as voorbeelde te gebruik van waarom handelsname van
>> ontslae geraak moet word.
>> Ook met 'n effense agenda om te probeer uitwys hoe slim "marketing",
>> vrye markte en globalisasie mense se leefwyse, denkwyse en kultuur in
>> Afrika verander het.
>> Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
>> aan julle (Afrika) behoort.
>
> Ek het dit nie gese n ie en ek dink dit nie.
> En ek is ook 'n Afrikaan.
>
|
|
|
|
Re: Proteas [boodskap #103732 is 'n antwoord op boodskap #103717] |
Fri, 10 June 2005 09:20   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kry iemand anders om te verduidelik. Ek het my bes gedoen.
On Thu, 09 Jun 2005 12:46:47 -0400, Katryn wrote:
> Ferdi Greyling skryf:
>
>
>> En my punt is dat jy dit nie verstaan nie. Die manier HOE oets gebruik
>> word tot dit 'n unieke eienskap het, is wat tel.
>
> Rondomtalie...round and round we go...yehaa...te lekker!
>
>> Druiwe kom van iewers. Die gewoonte om die sap te laat gis ook, maar
>> niemand claim die naam "wyn" of "wine" of whatever nie. Niemand claim
>> dat hulle die reg op die proses van wynmaak besit of kan besit nie.
>> Maar as wyn op 'n SEKERE MANIER gemaak word sodat dit 'n unieke
>> eienskap het wat aan die streek gekoppelo word, is dit anders.
>
> Mielies se oorsprong is Meksiko. Sonder om teveel tyd te mors met
> verduidelikings. Daardie mense het toentertyd eerste besef dat hulle
> hierdie nuwe gedomestikeerde plant ook kan fynmaal en gebruik soos wat
> hulle oerouers gedoen het met wortels en dalk selfs ander graantipes,
> ens.
> Dus was daar 'n unieke proses gebruik om 'n spesifieke graan te
> gebruik. Hierdie proses is toe eventueel aan die Afrikane
> bekendgestel, en die res is geskiedenis.
> Dus kwalifiseer my mais nogsteeds. 'n Graan wat op 'n SEKERE MANIER
> verwerk was, en wat unieke eienskappe gehad het wat aan die streek
> gekoppel was.
>
>> Dus: Die Oos-Afrikaners was die eeste wat koffie op daai manier
>> aangewend het en die spesifieke drankie gemaak het wat vandag koffie
>> is. Dieselfde met die Chinese en tee.
>
> En die mense van Meksiko (raai wie hulle was?), het hulle graan op 'n
> unieke manier aangewend en 'n spesifieke dis soortgelyk aan "pap"
> begin maak wat vandag mieliepap in Afrika genoem word.
>
>> Maak nie saak waar koffie gegroei word vandag nie. Of tee. Net soos
>> dit nie saak maak waar druiwe vandag gegroei word nie.
>
> Net soos dit nie saak maak waar die mielies vandag gegroei word nie.
>
>> Dit maak nie saak wie wat met koffie-bone doen nie - soos die nie saak
>> maak wie wat met druwe-sap maak nie.
>
> Dit maak nie saak wie wat met die mieliepitte doen nie.
>
>> Maar nie die naam mielies
>> nie. Dis die naam van die plant.
>
> Verkeerde naam, ja! Verkeerd. Die plant wat julle 'n mielie noem is
> nie 'n millet nie, maar 'n mais!! Spaanse oorsprong - regte naam is
> maÃz, maar enige variasie na genoeg is ook okay. Net nie MIELIE nie.
>
>> Ek se dis tyd dat Afrika dieselfde doen met koffie en China dit doen
>> met tee want ek argumenteer dieselfde verryking is gedoen met die
>> bessie en die blare en die brou-proses sodat 'n unieke produk tot
>> stand gekom het wat eie aan 'n streek is.
>
> Net soos die mense van Sentraal Amerika gedoen het met mais. ja, net
> so...
> Dis nou as mens mieliepap "uniek" kan noem - yuck!
>
>> Ethiopië.
>> Dis mos was ek se.
>
> Nee, dit was toe toevallig NIE wat jy gesê het nie. Noord-Oos en Oos
> is nogal ietwat verskillend.
>
> Elkgeval, dankie vir die geleentheid om my Afrikaans weer bietjie te
> oefen vir 'n slag.
> Ek sien ongelukkig nie kans vir nog 'n rondte rondomtalie nie, dit is
> heeltemal te uitputtend. So, wat jy ookal te sê het, my antwoord sal
> dieselfde wees....JAAAAAA BOET...
>
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 16 08:30:34 UTC 2025
|