Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE
AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE [boodskap #103521] Wo, 01 Junie 2005 12:35 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
MEDIAVRYSTELLING

AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE

Hierdie Junie is die maand vir Afrikaans by The Actors Centre met Uys Krige,
Bartho Smit en Harry Kalmer.

Die Afrikaanse seisoen skop af met Die Lewe in al sy Bontheid, 'n program
saamgestel uit die keur van Krige se oorspronklike gedigte en van sy
vertalings uit die Frans van Paul Eluard se gedigte, uit die Spaans
(Frederico Garcia Lorca) asook van Suid-Amerikaanse digters, Pablo Neruda en
Jorge Carrera Andrade.

Die deelnemers is Grethe Fox, André Stolz, Josê Domingos, Neels van
Jaarsveld en ander lede van The Actors Centre.

Die Lewe in al sy Bontheid vind plaas op Saterdag 11 Junie om 15h00.

Bartho Smit se DIE KEISER, is ongetwyveld een van die hoogtepunte van
Afrikaanse teater die laaste drie dekades. Smit plaas die drama in 'n
moderne Afrika-land en neem uitspattighede van ons tyd as uitgangspunt.

Die rolverdeling in hierdie instudeerde voorlesing sluit in Tobie Cronjé as
Minister van Kultuur, Isadora Verwey as Keiserin en Craig Morris as die
Hofnar. Ander lede van The Actors Centre wat deelneem is Renate Stuurman,
Mortimer Williams, Carmin Coetzer en Werner Botes. Die regisseur is André
Stolz.

DIE KEISER vind plaas op Vrydag 17 Junie om 19h30 en Saterdag 18 Junie om
15h00.

Frank Opperman is Meneer de Beer. Daai onnie wat ons almal se skooljare hel
gemaak het.

Hierdie komiese eenmansvertoning deur Harry Kalmer word Saterdagmiddag 25
Junie om 15h00 op gevoer.

Alle vertonings vind by The Actors Centre, Johannesburg Civic Theatre plaas.

Bespreek asseblief by Lorraine op 011 877 6843.

www.artslink.co.za/actorscentre

--

TJ

Artslink.co.za News
www.artslink.co.za
Artslink.co.za ISP
082 230 CALL
082 230 2255
Re: AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE [boodskap #103522 is 'n antwoord op boodskap #103521] Wo, 01 Junie 2005 12:55 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
TJ - ek wil vir jou iets stuur, maar dit willie werkie.
Dis ivm 'n webblad waar jy ook jou kunskennisgewings kan plaas.

--
Groetnis
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:hc2dnYEhfo4ENgDfRVn-tQ@is.co.za...
> MEDIAVRYSTELLING
>
> AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE
>
> Hierdie Junie is die maand vir Afrikaans by The Actors Centre met Uys Krige,
> Bartho Smit en Harry Kalmer.
>
> Die Afrikaanse seisoen skop af met Die Lewe in al sy Bontheid, 'n program
> saamgestel uit die keur van Krige se oorspronklike gedigte en van sy
> vertalings uit die Frans van Paul Eluard se gedigte, uit die Spaans
> (Frederico Garcia Lorca) asook van Suid-Amerikaanse digters, Pablo Neruda en
> Jorge Carrera Andrade.
>
> Die deelnemers is Grethe Fox, André Stolz, Josê Domingos, Neels van
> Jaarsveld en ander lede van The Actors Centre.
>
> Die Lewe in al sy Bontheid vind plaas op Saterdag 11 Junie om 15h00.
>
>
> Bartho Smit se DIE KEISER, is ongetwyveld een van die hoogtepunte van
> Afrikaanse teater die laaste drie dekades. Smit plaas die drama in 'n
> moderne Afrika-land en neem uitspattighede van ons tyd as uitgangspunt.
>
> Die rolverdeling in hierdie instudeerde voorlesing sluit in Tobie Cronjé as
> Minister van Kultuur, Isadora Verwey as Keiserin en Craig Morris as die
> Hofnar. Ander lede van The Actors Centre wat deelneem is Renate Stuurman,
> Mortimer Williams, Carmin Coetzer en Werner Botes. Die regisseur is André
> Stolz.
>
> DIE KEISER vind plaas op Vrydag 17 Junie om 19h30 en Saterdag 18 Junie om
> 15h00.
>
>
> Frank Opperman is Meneer de Beer. Daai onnie wat ons almal se skooljare hel
> gemaak het.
>
> Hierdie komiese eenmansvertoning deur Harry Kalmer word Saterdagmiddag 25
> Junie om 15h00 op gevoer.
>
>
> Alle vertonings vind by The Actors Centre, Johannesburg Civic Theatre plaas.
>
> Bespreek asseblief by Lorraine op 011 877 6843.
>
>
> www.artslink.co.za/actorscentre
>
> --
>
> TJ
>
> Artslink.co.za News
> www.artslink.co.za
> Artslink.co.za ISP
> 082 230 CALL
> 082 230 2255
>
Vorige onderwerp: Ferdi kom in...
Volgende onderwerp: Tronkstraf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 26 22:42:22 MGT 2024