|
|
|
|
|
|
| Re: Doodstraf [boodskap #101615 is 'n antwoord op boodskap #101602] |
Vr., 25 Februarie 2005 13:56   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek lees wat jy sê en ek wil net byvoeg dat die vuurwapen nie die krimineel
is nie, maar die mens. Dis 'n stuk gereedskap in die hand van die mens en
hoe die mens dit gaan aanwend, sal bepaal wat in jou samelewing gebeur.
Nou wil hulle die vuurwapen soort van verban uit die private mens se hande,
of as hy die wapen gebruik vir selfverdediging, dan word hy gekriminaliseer.
Omtrent elke ou wat ek ken besit vuurwapens en nog nie 'n enkele een het al
daarvan gebruik om misdaad te pleeg nie. Wel vir selfverdediging waar 'n
vreemde sy private eiedom wederegtelik betree het en nie wou ag slaan op
waarskuwings nie.
Die groot vraag is natuurlik moet jy weerstand bied, of nie? Doen jy
dit nie, en hou geen vuurwapens aan nie, dan moet jy seker maar aanvaar dat
hulle jou gaan beroof en dalk jou meisiekinders verkrag en al wat jy sal kan
doen is om dit te sit en bekyk en hoop hulle maak jou ook nie dood nie?
Verder moet jy ook weet dat die storie in die onderwêreld soos 'n veldbrand
gaan versprei en dat jou eiendom as 'n sagte teiken gebrandmerk gaan word.
Bied jy egter weerstand met 'n vuurwapen in jou hand, is daar darem 'n
kans dat jy sal slaag. Jou meisiekind sal nie met 'n verkragting deur die
lewe gaan met die wete dat haar pa nou eintlik 'n lafaard is nie. Dalk
behou jy jou goed en dalk sê die manne van die onderwêreld dat jy maar
miskien by daai huis verby moet hou want die donner skiet op jou? Ek
persoonlik, is nie bereid om my goed waarvoor ek hard gewerk het, net so weg
te gee nie. Bullshit!
En nog 'n ding: Die mense wil vuurwapens verban, maar daagliks word
baie, baie meer mense doodgemaak deur motorvoertuie....wanneer verban ons
motorvoertuie?
"Anasazi" skryf in boodskap news:xkrTd.215213$K7.49165@fe2.news.blueyonder.co.uk...
> Ek spring bietjie laat in die argument in(het nou eers by die huis gekom)
> Ek stem saam met die argument dat vuurwapens 'n bose kringloop veroorsaak,
> maar ook weet ek dat dit een van die groot gelykmakers is. Wie ook al
> die
> wapen in hand het is in 'n beter posisie. Maar die werklike krimineel in
> hierdie situasie is die algemene omstandighede in Suid-Afrika. Met
> werkloosheid waar dit nou is, is misdaad onvermydelik. Verseker se ek
> nie
> dat die misdadiger wat inbreek omdat hy honger is en dan steel wat hy kan
> en
> die res verbrand, verkrag en vermoor is reg nie. Maar al hierdie dinge
> het
> 'n sielkundige oorsprong.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Doodstraf [boodskap #101617 is 'n antwoord op boodskap #101591] |
Vr., 25 Februarie 2005 14:06   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek sal graag wil hoor wat jou opinie is van die ou wat hier in Swakopmund 'n
paar doppe gesluk het, toe raak hy warm en gaan haal 'n sesjarige meisietjie
van kennisse van hom by die huis en stap met haar veld toe naby die
'sewerage'-werke. Soos hyself in die hof erken het, het hy lus geraak
vir......en toe het hy haar uitgetrek en ge............ Toe alles klaar is
en die lus bedaar, toe besef hy dat sy kan hom herken, toe vat hy haar aan
die voete en slaan haar kop pap teen die beton van die brug.
Jy wil hierdie dier nog 'n kans gee? Ek wil nie vir hom die doodstraf
gee nie. Ek wil hom vir die volgende 30 jaar elke week ten minste een keer
so amper-amper vrek maak, hom laat herstel en dan weer begin. Ek wil sy
knaters met 'n baie stomp mes afsaag, ek wil.....
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:nrir11h1v859a1snfolq5lkoq9jd09papv@4ax.com...
> On Thu, 24 Feb 2005 07:38:05 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> In ondersoeke het erge kriminele (in die tronk) in groot getalle al
> gese die doodstraf sou hulle nie afgeskrik het nie omdat toe hulle die
> misdaad gepleeg het, hulle nie aan enige gevolge gedink het nie. Hulle
> het in fact dit nie eers oorweeg dat hulle gevang sal word nie.
>
> Anyway, lewenslange tronkstraf is mos dieselfde as die doodstraf wat
> die samelewing betref?
>
|
|
|
|
| Re: Doodstraf [boodskap #101618 is 'n antwoord op boodskap #101602] |
Vr., 25 Februarie 2005 14:20  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Anasazi" skryf in boodskap news:xkrTd.215213$K7.49165@fe2.news.blueyonder.co.uk...
>
> Vuurwapens of nie is elke persoon se eie besluit. Die selfde ding werk
> nie
> vir almal nie.
> Die vraag wat ek probeer vra is wat doen mense....veral die wat so graag
> die
> wereld wil platskiet of hulleself in bunkers wil opsluit vir die res van
> hul
> lewens.... om die kwaal te genees?
------Soos ek die saak sien wat moet die gewone man op straat anders doen as
om daardie groot mure en hekke om hul huise te trek, of stel jy voor jy moet
bereid wees om drie verkragtings, twee moorde en 10 berofings in die
volgende 10 jaar te 'vat'.....ter wille van die samelewing?
>
> Die algemene ding in SA deesdae is om jouself in te grawe met jou 9 mil en
> alles wat oor die bult kom te skiet
---Wie doen dit? As 'n man in die donker van die nag in my huis inkom
sonder dat ek hom genooi het, dan waai sy knaters, die belowe ek hom. Ek
gaan nie na hom toe nie, hy kom na my toe!
> Presies wat dink hulle moet gebeur voor daardie dag ooit aanbreek. Wie
> gaan dinge "fix". Liewe Jesus? Die regering? Op en af in die straat
> stap met moerse groot plakate, terwyl jy die lot van die land beklae en
> vir
> mekaar vra, "Why can't we just get along?"?
----Hier stem ek met jou saam. Niemand kan dit regstel behalwe die
samelewing nie. Die kriminele móét besef 'crime doesn't pay'....maar dan
moet jy werk skep sodat die werkloses kan verdien eerder dan steel.
Wat het jy onlangs gedoen vir
> enigiemand in 'n minder gegoede toestand as jyself? En ek praat nie van
> vir die arme boemelaar buite Pick&Pay 'n 50c gee nie. En ook nie van vir
> die arme drommel iewers ander die laaste chips in jou McFries pakkie gee
> nie. Ek praat van betrokke raak in projekte ens. wat werklik probeer om
> 'n
> verskil te maak in die land wat nie oormore weer gaan oorwaai soos
> laasjaer
> se "fashion trend" nie.
-----Gee 'n voorbeeld?
> Wat van eenkeer eerder so iets doen as om nog 'n keer na die skietbaan te
> gaan om jou OU SANNA te try. Of daai Saterdag eerder te probeer om
> iemand
> iets te leer wat hulle kan gebruik.
----Soos om vir hulle te wys wat kan gebeur as 'n 9mm jou tref? Jammer, ek
kon die versoeking nie weerstaan nie!
Wat van iets klein soos om jou groente
> te koop by Sipho se groente stalletjie as by Pick&Pay. Want sien Sipho
> is
> besig om te probeer om sy geld eerlik te verdien en hy en sy broer en vrou
> en kinders en en en sal met daardie geld 'n veel groter verskil kan maak
> as
> enigiemand anders. En as dinge nie beter raak nie sal hy, soos enige een
> van julle, opgee en iets anders probeer. Tien teen om te kyk waar jy bly
> en waarmee jy ry.
----ek is jammer ou vriend, maar wat dink jy maak Sipho of enige ander
individu meer spesiaal as die mense van Pick&Pay? Besighede bestaan uit
individue wat almal werk en geld verdien en belasting betaal wat die
onderhoud van die land moontlik maak. Hoekom wil jy spesifiek hulle straf
ter wille van die man op die straat? Wat van jy skenk 'n R1000 elke maand
van jou salris vir opheffing? En so ook ons ander en jy het een moerse
bedrag wat jy wyd kan versprei. Weet jy wat gaan gebeur? Jy gaan een
moerse bedelaarbevolking hê wat elke maand oopmond lê en wag dat jy vir hom
kom kos gee!
|
|
|
|