Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie onthou nog?
Wie onthou nog? [boodskap #101229] |
Thu, 03 February 2005 04:46  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dinsdagmiddae net ná ses was dit Haas Das. Dit onthou ek.
En Donderdae was dit World at War. En Saterdae Columbo. En
Sondagaande was die kerk leeg, want dan het ons saam met Jacques
Cousteau die wêreld onder die see verken.
Ek praat van die beginjare van TV in die land: die middel sewentigs.
Stevie Ferreira-hulle was die eerste mense op ons dorp wat 'n TV-stel
gekry het - 'n Barlowvision, met 'n 77 cm-skerm. Pal Colour. Al ons
laaities was die middag by toe Beares se bakkie hom by hul huis kom
aflaai het. En toe Stevie se pa hom aanskakel, het ons stil geraak en
na daardie veelkleurige toetspatroon op die skerm gestaar asof dit 'n
soort Kleed van Turyn is.
Ons het daardie middag maklik 'n uur lank toetspatroon gekyk. Stevie
se ma, 'n tannie met tamaai, goue oorbelle, het later in die deur kom
staan, en gesê: "Julle outjies moet kom koekies kry."
"Netnou, antie," het ons gemompel. "Netnou." En bly sit.
'n Maand of wat later het Beares se bakkie vir ons ook 'n TV gebring.
En van toe af was niks meer dieselfde nie: my ma het ons eetkamer
in 'n TV-kamer omgeskep en saans het ons op ons nuwe TV-trays voor
die TV geeet. Ons het nie meer Scrabble gespeel, of na die aandstorie
oor die radio geluister, of soms tot laat op die grasperk gelê en kyk
hoeveel satelliete ons kan sien nie.
Ons het ook nie juis meer by die bure gekom nie. Of hulle by ons nie.
En tussen alles deur het ek my pa se ou reënjas begin dra en uit die
hoek van my mond begin praat, nes my held, Columbo. Die vroue het hul
hare Purdey-styl laat sny en almal het hul nuwe honde Petrocelli of
Boomer gedoop. Taki het sy kafee se naam van die Acropolis na die
Dallas Hamburger Hut verander en Falconetti van Rich Man, Poor Man
was 'n gemerkte man in ons dorp.
En op 'n dag, in 1976, toe ons die TV aanskakel, toe marsjeer daar
kinders deur Soweto se strate en steek geboue en motors aan die
brand.
Nou die dag kom ek toevallig af op 'n koerant van 1976 - 15 Junie
1976: die dag voor die Soweto-opstande uitgebreek het. En raai wat is
op die voorblad? Nie 'n foto van padblokkades, doringdraad en
woedende townshipkinders nie. Op die voorblad pryk David Carradine,
held van Shane, die cowboyreeks op Woensdae. Onder 'n vet opskrif wat
lui: GAAN HY HAAR VANAAND SOEN?
Die stil, sterk Shane se gesloer om die heldin te soen, het daardie
jaar swaar op ons gemoed gelê.
Shane is later opgevolg deur Bonanza, met Lorne Green as Horse
Cartwright. Soweto is opgevolg deur Sebokeng en Boipatong. Bobby
Ewing is een Dinsdagaand doodgeskiet en ses maande later het hy
opgestaan uit die dode in 'n stort in Southfork. Trompie het 'n
sakeman geword. PW het in 1989 sy vinger 'n laaste keer in ons
rigting geswaai op Agenda, en 'n jaar of twee later, toe stap Madiba
een Sondagmiddag uit die tronk, terwyl ons saam met Clarens Keyter
warm kry. En toe verander Cliff Saunders in Snuki Zikalala, Sarel
Seemonster in Zet, en Kolie van Coller in Felicia Mabuza-Suttle.
Dana Snyman het dit op 21/04/03 In Beeld geskryf, mooi nê?
|
|
|
Re: Wie onthou nog? [boodskap #101237 is 'n antwoord op boodskap #101229] |
Thu, 03 February 2005 06:22   |
Zuben el-genubi
Boodskappe: 29 Geregistreer: August 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Oulik. En seker ook 'n bietjie sêd.
"Annette" skryf in boodskap news:ctsap2$ofp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dinsdagmiddae net ná ses was dit Haas Das. Dit onthou ek.
> En Donderdae was dit World at War. En Saterdae Columbo. En
> Sondagaande was die kerk leeg, want dan het ons saam met Jacques
> Cousteau die wêreld onder die see verken.
> Ek praat van die beginjare van TV in die land: die middel sewentigs.
> Stevie Ferreira-hulle was die eerste mense op ons dorp wat 'n TV-stel
> gekry het - 'n Barlowvision, met 'n 77 cm-skerm. Pal Colour. Al ons
> laaities was die middag by toe Beares se bakkie hom by hul huis kom
> aflaai het. En toe Stevie se pa hom aanskakel, het ons stil geraak en
> na daardie veelkleurige toetspatroon op die skerm gestaar asof dit 'n
> soort Kleed van Turyn is.
> Ons het daardie middag maklik 'n uur lank toetspatroon gekyk. Stevie
> se ma, 'n tannie met tamaai, goue oorbelle, het later in die deur kom
> staan, en gesê: "Julle outjies moet kom koekies kry."
> "Netnou, antie," het ons gemompel. "Netnou." En bly sit.
> 'n Maand of wat later het Beares se bakkie vir ons ook 'n TV gebring.
> En van toe af was niks meer dieselfde nie: my ma het ons eetkamer
> in 'n TV-kamer omgeskep en saans het ons op ons nuwe TV-trays voor
> die TV geeet. Ons het nie meer Scrabble gespeel, of na die aandstorie
> oor die radio geluister, of soms tot laat op die grasperk gelê en kyk
> hoeveel satelliete ons kan sien nie.
> Ons het ook nie juis meer by die bure gekom nie. Of hulle by ons nie.
> En tussen alles deur het ek my pa se ou reënjas begin dra en uit die
> hoek van my mond begin praat, nes my held, Columbo. Die vroue het hul
> hare Purdey-styl laat sny en almal het hul nuwe honde Petrocelli of
> Boomer gedoop. Taki het sy kafee se naam van die Acropolis na die
> Dallas Hamburger Hut verander en Falconetti van Rich Man, Poor Man
> was 'n gemerkte man in ons dorp.
> En op 'n dag, in 1976, toe ons die TV aanskakel, toe marsjeer daar
> kinders deur Soweto se strate en steek geboue en motors aan die
> brand.
> Nou die dag kom ek toevallig af op 'n koerant van 1976 - 15 Junie
> 1976: die dag voor die Soweto-opstande uitgebreek het. En raai wat is
> op die voorblad? Nie 'n foto van padblokkades, doringdraad en
> woedende townshipkinders nie. Op die voorblad pryk David Carradine,
> held van Shane, die cowboyreeks op Woensdae. Onder 'n vet opskrif wat
> lui: GAAN HY HAAR VANAAND SOEN?
> Die stil, sterk Shane se gesloer om die heldin te soen, het daardie
> jaar swaar op ons gemoed gelê.
> Shane is later opgevolg deur Bonanza, met Lorne Green as Horse
> Cartwright. Soweto is opgevolg deur Sebokeng en Boipatong. Bobby
> Ewing is een Dinsdagaand doodgeskiet en ses maande later het hy
> opgestaan uit die dode in 'n stort in Southfork. Trompie het 'n
> sakeman geword. PW het in 1989 sy vinger 'n laaste keer in ons
> rigting geswaai op Agenda, en 'n jaar of twee later, toe stap Madiba
> een Sondagmiddag uit die tronk, terwyl ons saam met Clarens Keyter
> warm kry. En toe verander Cliff Saunders in Snuki Zikalala, Sarel
> Seemonster in Zet, en Kolie van Coller in Felicia Mabuza-Suttle.
>
> Dana Snyman het dit op 21/04/03 In Beeld geskryf, mooi nê?
>
|
|
|
|
|
|
Re: Wie onthou nog? [boodskap #101273 is 'n antwoord op boodskap #101258] |
Sat, 05 February 2005 20:01  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 4 Feb 2005 09:12:10 +0200, "Koot" wrote:
> Ek onthou veral hoe ons Woensdagaande en Vrydagaande in die kombuis doodstil
> langs die koolstoof gesit en luister het na kleinteater en radioteater.
En Sondagaande die werklike treffersparade vanuit LM op kortgolf
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 12:40:44 UTC 2025
|