Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Eiervrug vir beginners
Eiervrug vir beginners [boodskap #100929] Mon, 10 January 2005 18:32 na volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: July 2002
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand hier vir my 'n resep of twee gee om eiervrug
gaar te maak en voor te sit?

Swart Simon
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100930 is 'n antwoord op boodskap #100929] Mon, 10 January 2005 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat dwing jou om jouself so te martel?:)
--
Groetnis
Annette

"Swart Simon" skryf in boodskap news:W8KdneN2O_LiVH_cRVn-uw@is.co.za...
> Kan iemand hier vir my 'n resep of twee gee om eiervrug
> gaar te maak en voor te sit?
>
> Swart Simon
>
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100933 is 'n antwoord op boodskap #100929] Mon, 10 January 2005 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf

> Kan iemand hier vir my 'n resep of twee gee om eiervrug
> gaar te maak en voor te sit?

Simon, ek is die laaste een wat vir jou reseppe moet
gee. Maar aangesien niemand anders dit nou wil doen
nie, hier is my stuiwer in die armbeurs. Eiervrug is baie
gesond en baie laag in kalorieë en mens word aangemoedig
om dit te eet.
Baie mense maak dit as chips deur dit in klein skyfies te
sny, en dit dan met sout te vryf om die bitterheid bietjie
uit te kry, en dit dan in olie te braai. Maar die olie maak
dit natuurlik ongesond. Beter is om dit in relatiewe klein
stukkies te sny, taamlik welig te bestrooi met sout, en dit
dan in die oond te bak ( met skil en al.)
Die vorm waarin ons dit taamlik gereeld eet, is egter
as gekerriede eiervrug, wat ek moet bieg ek in klein
maat by ons lokale health food store koop. Maar hier
is die resep uit "Moosewood Cookbook" waarby
baie Kanadese sweer:

Eggplant Curry

Preparation time 45 minutes

2 to 3 tbs butter and/or peanut oil
1 tbs mustard seeds
2 tbs sesame seeds
2 tsp cumin seeds
one and a half cups chopped onion
one and a half to two tsp salt
2 tsp turmeric
one quarter tsp cayenne
2 medium eggplants cut into 1-inch slices
water as needed
2 cups frozen or fresh green peas
optional : 1 small bunch fresh cilantro, minced.

( 1) Heat butter or oil over medium heat in a very large,
deep skillet or Dutch oven. Add seeds, and saute until they
begin to pop.
(2) Add onion, salt, turmeric and cayenne. Cook, stirring
occasionally, for 8 to 10 minutes, or until the onion is translucent.
(3) Add eggplant and salt. Cook, stirring from the bottom
regularly, for 15 to 20 minutes - until the eggplant is soft.
You might need to add a little water if the mixture is too dry.
Cover the pan between stirrings.
(4) Steam the peas until they are just tender and bright green.
Serve the curry over rice, topped with peas and freshly minced
cilantro.

As jy lui soos ek is, koop dan vir jou een van hierdie kerrie-
mengsels in 'n winkel, waar al die kerrie-bestandele alreeds
in is. Dan sal die proses baie korter wees.

Mens kan eiervrug ook byvoeg by enige soort mengsel. Die
effense bitter smaak wat dit gewoonlik het, kan jy verhoed deur
die ente taamlik diep af te sny, en die stukke eiervrug in 'n bietjie
sout te vryf.

Die Middeloosterse " Baba Ganouj" is 'n dip wat van eiervrug
gemaak word.

a little oil, for the baking sheet
1 medium (7 inch) eggplant
2 medium cloves garlic, minced
quarter cup fresh lemon juice
quarter cup sesame tahini
half a tsp of salt
black pepper or cayenne to taste
olive oil for the top
freshly minced parsley for the top

(1) Preheat oven to 350 F. Lightly oil a baking sheet
(2) Slice the eggplant in half lengthwise, and place face-
down on the baking sheet. Bake for 30 minutes or until
very tender. Cool until comfortable to handle.
(3) Scoop out the eggplant pulp, and discard the skin.
Place the pulp in a foor processor or blender, and add the
garlic, lemon juice, tahini and salt. Purée until smooth.
(Another alternative is to mash by hand, leaving the eggplant
a little chunky.)
(4) Transfer to an attractive serving dish, cover tightly,
and chill. Drizzle the top with a little olive oil adn sprinkle
with minced parsley just before serving. Serve with
crackers.

Gloudina
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100934 is 'n antwoord op boodskap #100929] Tue, 11 January 2005 00:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: January 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:W8KdneN2O_LiVH_cRVn-uw@is.co.za...
Kan iemand hier vir my 'n resep of twee gee om eiervrug
gaar te maak en voor te sit?

Swart Simon

Jy kan dit ook met olyfolie en knoffel bedrup, met swartpeper en sout, en
dan grill jy dit net onder die oond se boonste element (skil kan bo). Dan,
as dit swart gebraai is, haal jy dit uit, sit dit in n papier sakkie en laat
dit rus vir n rukkie, haal dit dan uit, en trek die swart gedeeltes af, en
meng dit in met n salsa, of uie en sampioene - baie lekker. Of jy kan
Griekse mousaka maak, gaan kyk by Google vir n Mousaka resep.
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100943 is 'n antwoord op boodskap #100933] Tue, 11 January 2005 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: February 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek sien jy het nuwe voornemens in 2005. Klaarblyklik om hierdie
nuusgroep in Engels om te skakel.
'n Mens moet maar jou eie predikasies eerbiedig - en nie die nuusgroep laat
verval in die taal van die onderdrukker nie.
Onthou ook - jy kan slegs kredietwaardigheid geniet indien jy jou kamtige
waardes konsekwent handhaaf ...
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100947 is 'n antwoord op boodskap #100933] Tue, 11 January 2005 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: October 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Die Middeloosterse " Baba Ganouj" is 'n dip wat van eiervrug
> gemaak word.

Dit is iets wat ek nogal gereeld maak, en Simon, as jy nie tahini in
die hande kan kry nie - ek gebruik sommer so handvol walnuts (?) wat
ek fynmaal in 'n voedselverwerker. Dit smaak heerlik!
So tikkie neutmuskaat en dan gebruik ek ook olyfolie in die mengsel
self, i.pv. om dit net oor te drup aan die einde. (Ek moet bieg dat ek
sommer baie olyfolie gebruik)
Probeer dit gerus. Dit is werklik een van my gunsteling dips
(doopsous?).

Die ander dis wat ek baie maak is Ratatouille. Laat weet as jy 'n
resep daarvoor wil h^e. Ek sien jy het alreeds 'n hele spul idees
gekry, so ek plaas dit eerder nie nou nie.
Geniet dit.

Daar is vreeslik baie verskillende tipes eiervrugte, maar onthou dat
die manlike vrug is "soeter" as die vroulikes, want hulle het minder
pitte. So soek vir jou manlike vrugte uit as jy mark toe gaan.
Wil jy weet hoe mens weet wanneer dit manlik of vroulik is, of weet jy
alreeds?
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100949 is 'n antwoord op boodskap #100947] Tue, 11 January 2005 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Wil jy weet hoe mens weet wanneer dit manlik of vroulik is, of weet jy
> alreeds?

Ek weet ook nie, so vertel gerus.

Gloudina
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100950 is 'n antwoord op boodskap #100930] Tue, 11 January 2005 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: July 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:crunlh$kls$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat dwing jou om jouself so te martel?:)

So, wat stel jy voor - boerpampoen met volop suiker?

Swart Simon
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100951 is 'n antwoord op boodskap #100933] Tue, 11 January 2005 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: July 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:zOCdnQ9j4K4FiH7cRVn-1Q@rogers.com...

> Simon, ek is die laaste een wat vir jou reseppe moet
> gee. Maar aangesien niemand anders dit nou wil doen
> nie, hier is my stuiwer in die armbeurs.

Dankie Gloudina, en 'news' ook.

Swart Simon
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100952 is 'n antwoord op boodskap #100947] Tue, 11 January 2005 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: July 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:4gu7u09bpmunphd3ia9t9qmorieh90ia6n@4ax.com...

> Die ander dis wat ek baie maak is Ratatouille. Laat weet as jy 'n
> resep daarvoor wil h^e.

Asseblief.

Swart Simon
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100953 is 'n antwoord op boodskap #100947] Tue, 11 January 2005 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: July 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:4gu7u09bpmunphd3ia9t9qmorieh90ia6n@4ax.com...

> Wil jy weet hoe mens weet wanneer dit manlik of vroulik is, of weet jy
> alreeds?

Vertel! Vertel!

Swart Simon
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100965 is 'n antwoord op boodskap #100953] Wed, 12 January 2005 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: October 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf:

> "Katryn" wrote in message

>> Wil jy weet hoe mens weet wanneer dit manlik of
> vroulik is, of weet jy
>> alreeds?
>
>
> Vertel! Vertel!

LOL, ek is seker jy het vir jouself gesê di'e ene gaan interessant
wees, want hoe de duiwel kan 'n vrug, manlik wees?
Nee, ek weet ook nie rerig nie, maar my ma het vir my gewys dat mens
na die onderkant van die eiervrug moet kyk (die bloeisel kant). Die
sogenaamde "manlike" aubergine is gewoonlik glad met geen indentasie
nie. Die "vroulike" ene het 'n dimpel en is ronder. Soms is dit
nogal moeilik om agter te kom, dan kyk jy vir ene wat 'n langer
"letsel" het. Hoop dit maak sin. Jy sal verstaan as jy die ding
bekyk.
Vir een of ander rede werk die sortering nogal. Probeer gerus en kyk
of jy die verskil kan proe. Ek glo nie dit is net my verbeelding nie,
en ook nie dat dit net verskillende tipes aubergines is nie.
Maar dit is natuurlik heel moontlik. Mens glo mos altyd jou ma (wel
as mens ouer is) En buitendien het Jacques Pepin dit ook vir ons
gewys, en hy sal nie jok nie. ;-)

Waar is Drom? Hy sal seker vir ons beter kan verduidelik van manlike
en vroulike vrugte.
Botanie was nie juis een van my sterk vakke nie. Maar ek kan darem
eiervrugte sex.
;-)
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100966 is 'n antwoord op boodskap #100952] Wed, 12 January 2005 23:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: October 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf:

> "Katryn" wrote in message

>> Die ander dis wat ek baie maak is Ratatouille. Laat
> weet as jy 'n
>> resep daarvoor wil h^e.
>
>
> Asseblief.

Ek maak dit so baie, dat ek nie eens meer weet waar die oorspronlike
resep is nie, maar ek is seker daar sal vele op die Internet wees.

Omdat ek altyd haastig is, doen ek min of meer die volgende:

Skil "manlike" eiervrug en kap in blokkies. (Ek weet mens is
veronderstel om dit eers in skywe te sny, en dan sout oor te strooi,
en dan op 'n bord met 'n gewig daarop (met handoekpapier tussen die
bord en aubergine en gewig) te los vir 'n klomp minute en dan af te
droog en dan eers te gebruik. Maar dit neem tyd, en ek dink dit is
onnodig. Maar doen dit maar gerus as jy dalk gaste kry wat bietjie
fiemieserig is wat smaak betref)

Ek gebruik sowat 2 of 3 zucchini afhangende van die grootte. Kap dit
ook in blokkies.
1 soet groenrissie en 1 ui, en as jy wil, want dit lyk mooi, kan jy
ook 'n geel en oranje soetrissie opkap.
Sowat 3 tamaties (ook opgekap) En weereens, vir fiemieserige gaste
moet jy die skil van die tamatie verwyder, en ook die pitte. Ek doen
dit geensins.

Dit is die basiese bestanddele, maar jy kan byvoeg of weglaat soos dit
jou smaak pas.

Om die storie aanmekaar te sit - gebruik 'n eetlepel of effens meer
olyfolie in in groterige pan. Verhit die olie, en gooi dan al jou
groente daarin. Voeg daarby sowat 1 t sout, peper na smaak, en dan
die kruie wat jy van hou. Ek verkies vars basil en oregano, maar jy
kan ook marjoram gebruik. Of watookal jou smaak pas.
O ja, moenie die knoffel vergeet nie. 1 huisie vars knoffel sal die
meeste mense geukkig hou, maar meer is altyd goed. Roerbraai dan tot
die groente na jou smaak gaar is. Ek hou daarvan nie oorgaar nie,
maar ander mense verkies dit weer sagter en sal dit dus langer braai.

Terloops, dit is heerlik warm of koud.
En ek is seker ek het iets belangriks uitgelaat, so dit sal dalk beter
wees om 'n ordentelike resep iewers te kry op die Internet of in 'n
resepte boek.

Hoop dit help.
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100967 is 'n antwoord op boodskap #100966] Wed, 12 January 2005 23:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: October 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf:

> En ek is seker ek het iets belangriks uitgelaat, so dit sal dalk beter
> wees om 'n ordentelike resep iewers te kry op die Internet of in 'n
> resepte boek.

O ja, ek het iets vergeet. Braai eers die uie, en daarna die ander.
Dit sal sowat 20 tot 30 minute max neem on gaar te word. So 5 minute
voor dit heeltemal gaar is kan jy 'n glasie witwyn bygooi.
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100983 is 'n antwoord op boodskap #100965] Thu, 13 January 2005 20:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Waar is Drom? Hy sal seker vir ons beter kan verduidelik van manlike
> en vroulike vrugte.

Katryn

'Skuus tog, maar hy was bietjie weg en weet in elk geval niks van bul
en koei eiervrugte nie. Al eet hy nogal graag die goed is daar geen
gender diskriminasie te bespeur nie nie :-)

Ek weet ook nou nie of hierdie storie oor manlike en vroulike
eiervrugte reg is nie. Daar is wel plante wat eenslagtig is maar net
die wyfiebome dra vrugte. Net soos by mense moet die arme manlike boom
maar net die harde werk doen :-) Een voorbeeld is papajas: Net die
vroulike boom produseer klein papajatjies maar daar moet 'n manlike
boom êrens naby weer anders het sy nie 'n kans nie. Manlike plante kan
nie vrugte dra nie.

Wat resepte betref het ek hier iewers 'n goeie een vir eiervrugpatties.
Sal dit soek en hier pos. Eiervrugte is baie veelsydig en mens kan baie
daarmee doen.

Terloops, ek het eenkeer gelees dat die Sjinese naam vir eirvrugte
teen-wind of anti-wind groente beteken. Ek het toe gewonder of hulle
sal keer dat mens poep of burp. Nogal 'n punt wat oop is vir
debatvoering.

Groete, Drom
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100986 is 'n antwoord op boodskap #100983] Fri, 14 January 2005 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: October 2001
Karma: 0
Senior Lid
ddu...@ufh.ac.za skryf:

> 'Skuus tog, maar hy was bietjie weg en weet in elk geval niks van bul
> en koei eiervrugte nie. Al eet hy nogal graag die goed is daar geen
> gender diskriminasie te bespeur nie nie :-)

LOL! Dankie vir jou antwoord, Drom. Eintlik stem ek heeltemal saam
met jou. Ek het ook juis daaroor gewonder vir die redes wat jy ook
aanvoer.
Maar mens stry nie met Jacques Pepin of my ma nie, hoor. Mens stry
nie.
;-)))

Ek gesels ook volgende week weer. Ons is oppad San Diego toe vir 'n
paar dae.
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100989 is 'n antwoord op boodskap #100933] Fri, 14 January 2005 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: May 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Jan 2005 18:59:47 -0500, "@rogers.com" wrote:

>> Kan iemand hier vir my 'n resep of twee gee om eiervrug
>> gaar te maak en voor te sit?

Moenie. Dit smaak sleg.
Bak eerder iets anders. Kook selfs brood. Selfs dit sal lekkerder
smaak.
Re: Eiervrug vir beginners [boodskap #100992 is 'n antwoord op boodskap #100933] Fri, 14 January 2005 10:46 Na vorige boodskap
Koos Bomskok  is tans af-lyn  Koos Bomskok
Boodskappe: 9
Geregistreer: January 2005
Karma: 0
Junior Lid
Eiervrug se ander lekkerder Afrikaanse naam is mos BLOU BAL
Vorige onderwerp: Resepte
Volgende onderwerp: Kaas en wyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 03:31:32 UTC 2025