Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Inkosi Jesu " deur RAE TOMLIN
" Inkosi Jesu " deur RAE TOMLIN [boodskap #100738] |
Sun, 19 December 2004 22:55 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
INKOSI JESU
Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
(teks: Rae Tomlin. Musiek: Edith Hugo Bosman.)
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Feb 22 13:50:56 UTC 2025
|