Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6580] |
Wed, 12 June 1996 00:00  |
Joan van Zyl
Boodskappe: 4 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die wonderlike van David Kramer is dat hy 'n snaar van Suid-Afrikaans wees -
en veral Afrikaans wees (al is hy nie Afrikaans nie) aanraak waarmee almal kan
vereenselwig, veral ons wat in die sestigs en sewentigs grootgeword het. Veral
in die Kaap!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6659 is 'n antwoord op boodskap #6580] |
Mon, 24 June 1996 00:00   |
Henry Flint
Boodskappe: 21 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Fri, 21 Jun 1996 22:31:09 GMT, fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> Fred Trüter wrote:
>
>> Wat van Steve Hofmeyr?>>
>
> Wel, ek stel hiermee voor dat 'n klub gestig word vir mense wat Steve
> Hofeier nie kan STAAN NIE.
>
> Dom musiek van 'n tweede klas plaaslike musikant wat namaak wat hy
> vermoed Amerikaanse sukses-rock is.
> (deel gewis, met swaarmoedigheid)
>
> Al wat 'n mens met Kreef Dofbeier kan doen, is om 'n foto van hom
> iewers uit 'n smeer-tydskrif vir tieners met probleme te skeur, dit
> met iemand anders se skandeerder in te scan en dit te stuur na
> alt.binaries.tasteless.
> Enigiets anders sal 'n misdaad teen die mensdom wees.
>
> Hiermee 'n oproep: Mede-Suid-Afrikaners! Staan op! Staan op teen Stief
> Popeier! Julle het niks om te verloor nie en goeie smaak en estetiese
> eer om te wen!!!
>
Ek moes onder protes 'n deel van Koos se opmerkings wis. Anders is
daar meer aanhalinga as nuwe teks.
Koos, ek is met jou.
Een van my kinders vertel nou die dag die een:
Steve is so dom, iemand het met hom 'n grap gemaak en vir hom gesê
hy kan sing. Hy het nog nie die grap gevang nie.
Henry Flint
Home page: http://www.oocities.org/SunsetStrip/1712/index.html
PGP public key available from keyservers, home page or send
email with "send key" as subject.
---------------------END-----------------------------------
|
|
|
|
Re: Die DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6679 is 'n antwoord op boodskap #6580] |
Sun, 30 June 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
Ons afrikaners is mos skaam vir boeremusiek.>>>[/color]
Kramer se lankal Afrikaners moet die labels wat boeremusiek 'n stigma
gee afhaal en dit sien vir wat dit is.
Een van sy plate is boeremusiek.
> En het iemand iets te seg oor Koos Kombuis ? (Le Toit).
> Ek dink hy het interessante sosiale kommentaar gelewer,
> (David Kramer is nie die enigste nie).
> Ek kan nog onthou hoe die Stellenbosche studenteraad
> hom van die kampus weggejaag het. Die bliksems.>>
Een van die great anagiste onder Afrikaners.
Hy en Ralf Rabe (Johannes Kerkorrel) se musiek het my ietwat
verbygegaan. Hulle het geblom net na my kinders gebore is, maar alles
wat ek van hulle weet is koel.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 08:33:42 UTC 2025
|