Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek is baie jammer/I'm sorry!!!!!!
Ek is baie jammer/I'm sorry!!!!!! [boodskap #6475] |
Sat, 18 May 1996 00:00  |
M.Davies
Boodskappe: 23 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Luister my, landgenote!
Ek is baie jammer dat ek so grof teen hierdie Amerikaner geword het, in
antwoord op joune flames verklaar ek hier 'n paar puntjies:-
Ek is Suid-Afrikaner met Engels, Iers, Fries en Schotse afkoms.
Ek het nie vir 'n baie lange tyd in Suid-Afrika gewoon nie.
Ek woon en studeer in Nederland en praat tamlik goed Nederlands daarom
kan my Afrikaans ('tuurlik) 'n bietjie verhollansd en verengelsd blyk,
maar ek denk dat my taalgebruik so sleg is nie met die ondersteuning dat
ek nooit die taal op skool geleer het en aleen afrikaans met 'n paar
familielede en my pa, af-en-toe, praat!
Nou, in Engels vir die Amerikaner.
I am sorry for reacting for your message in such an acidic manner, but I
was in a "slegte bui" after having got in an argument the selfsame day
with an American. This American lectured me on the wrongs of South-Africa
in view of the African population and said I quote: "I WON'T PERSONALLY
BE HAPPY WITH SOUTH AFRICA UNTIL SHE MENDS HER WAYS IN A MANNER THAT'S
CONVINCING TO THE REST OF THE WORLD." with regard to Afrikaans he was
most scathing and said that he would be quite happy to see "THE LANGUAGE
OF APARTHEID",the language of "THE OPPRESSORS"diminish. As you can
understand I was quite annoyed at what wrongly or rightly is seen by the
rest of the world as a "typical" American attitude.
If you are genuinely interested in MY country I would be most happy to
provide any insight, opinions, views or information that you wish. But I
would just like to ask you, How prevalent are these opinions towards
South Africa in the United States?
Vir die res van die groep laat ek verskoning vra en kan julle nie 'n
bietjie geduldig wees nie ten aansien van iemand wat lank uit die land
gewees is maar wat probeer sy beste om die taal te hou, die kultuur nie
te verlies nie en die mense te help.
Ek is nie 'n volkstater nie want ek weet dat eindlik dit nie 'n werklike
iee is nie maar ek wou weet wat die opinies met betrekking tot die
Volkstaat in Suid Afrika was. Ook stel ek voor dat selfs as iets uit die
mode is beteken dit dat dit altyd onwerklik is?
.Davies
|
|
|
|
Re: Ek is baie jammer/I'm sorry!!!!!! [boodskap #6484 is 'n antwoord op boodskap #6475] |
Tue, 21 May 1996 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , spe...@math.tamu.edu says...
>
> Izak Bouwer wrote:
>>
>>
>> Ek wil ook om verskoning vra vir my aanval op
>> M. Davies 'n ruk gelede. Ek het simpatie met sy/
>> haar irritasie met die Noord-Amerikaners wat so
>> baie klink asof hulle dink alles is maanskyn en
>> rose in hulle land en alles is verkeerd met Suid-
>> Afrika.
>
>
>
>> Ek bly amper dertig jaar lank al in Kanada.
>> Ek het ook moeg geword van al die aanvalle van
>> wit Noord-Amerikaners as ek net aankondig dat ek
>> van Suid-Afrika kom.
>
> Ek kan dit amper nie glo nie. Jy praat seker van vyf, tien jaar gelede?
>
> My ervaring is iets heel anders. My vrou is 'n Afrikaner wat in 1991
> Amerika toe gekom het, en sy sê geen Amerikaner het haar ooit aangeval
> omdat sy 'n Afrikaner is nie. As iemand hoor sy kom van Suid-Afrika,
> wil hy hoor of dit mooi is daar, of daar 'n plek is waar iemand die
> "groot vyf" kan sien, ens. 'n Klein minderheid wil politiek gesels,
> maar hulle is almal ordentlik.
>
>
> Darrin
Hoekom se jy: "Jy praat seker van vyf, tien jaar gelede?"
Ek het in Kanada die eerste keer aangekom in 1962, 'n
ruk na Sharpeville en kort na Suid-Afrika uit die
Commonwealth uitgesit is. Ons het teruggegaan S.A.
toe en vir 'n tweede keer Kanada toe getrek in 1968
net toe die hofsake teen ARM (African Resistance
ovement) aan die gang was, en Cecil Higgs, wat uit
Suid-Afrika gevlug het, begin werk het by dieselfde
Universiteit as my man. Daarna het dinge net slegter
en slegter gegaan. In 1976, toe ons die soldate bevele
in Afrikaans hoor blaf terwyl hulle kinders skiet,
toe het dinge net teveel geword en ons het besluit om
nie meer Afrikaans in die huis te praat nie.
Ek het egter moeg geword vir sogenaamde "wit" mense
wat vir my aanval oor wat in Suid-Afrika gebeur, sonder
om te probeer uitvind wat my standpunt is oor wat in
Suid-Afrika aangaan. Witmense se hande is nie skoon
hier in Noord-Amerika nie. In die V.S.A. kon mense seker
nie teveel omgee wat in SA aangaan nie, maar Kanadese
het hulself gesien as van die voorvegters teen apartheid.
Iemand wat eers in 1991 na die V.S.A. gekom het, kon
nie weet watter haat die res van die wêreld teen Suid-
Afrika gehad het nie. Ek het dieselfde haat gehad teen
die mense wat my vaderland so opgemors het. Maar ek
was nie bereid om aanvalle te verduur van witmense wat
my kritiseer en dan omdraai en die inheemse bevolkings
hier kritiseer oor alles en nog wat nie. Enige mense wat
met my wou gesels oor Suid-Afrika en nie wit was nie,
het ek met die grootste respek behandel.
Dit hang ook af van watter Amerikaners jy praat. Die man
in die straat, of in 'n hoogs gepolitiseerde intellektuele om-
gewing soos 'n universiteit, veral in die laat sestiger- en vroeg
sewentigerjare toe die Vietnam-kwessie en die Suid-Afrika
kwessie langs mekaar in die hippies se bewussyn verskyn het.
.
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Ek is baie jammer/I'm sorry!!!!!! [boodskap #6485 is 'n antwoord op boodskap #6475] |
Tue, 21 May 1996 00:00  |
Darrin Speegle
Boodskappe: 14 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Izak Bouwer wrote:
>
>
> Ek wil ook om verskoning vra vir my aanval op
> M. Davies 'n ruk gelede. Ek het simpatie met sy/
> haar irritasie met die Noord-Amerikaners wat so
> baie klink asof hulle dink alles is maanskyn en
> rose in hulle land en alles is verkeerd met Suid-
> Afrika.
> Ek bly amper dertig jaar lank al in Kanada.
> Ek het ook moeg geword van al die aanvalle van
> wit Noord-Amerikaners as ek net aankondig dat ek
> van Suid-Afrika kom.
Ek kan dit amper nie glo nie. Jy praat seker van vyf, tien jaar gelede?
My ervaring is iets heel anders. My vrou is 'n Afrikaner wat in 1991
Amerika toe gekom het, en sy sê geen Amerikaner het haar ooit aangeval
omdat sy 'n Afrikaner is nie. As iemand hoor sy kom van Suid-Afrika,
wil hy hoor of dit mooi is daar, of daar 'n plek is waar iemand die
"groot vyf" kan sien, ens. 'n Klein minderheid wil politiek gesels,
maar hulle is almal ordentlik.
Darrin
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:46:45 UTC 2025
|