Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95301 is 'n antwoord op boodskap #95293] |
Tue, 20 July 2004 15:26   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Steeds tjol, ou dier. Mnet is 'n betaalkanaal met 50 kanale. Jou
ANC-regering en hulle politieke aanstellings by die SABC TV het dit
aanvanklik goedgedink om Afrikaans op TV af te skaal 'om by die
bevolkingsamestelling te pas.' Hulle reg ook, behalwe vir een
berekeningsfoutjie: Die mense wat TV kyk en die goed koop wat daarop
adverteer word, is 'n groot persentasie blankes en meeste van hulle
Afrikaans magtig. Toe spring M-net ['n privaatmaatskappy] vir die gat wat
hulle gelos het en bring KykNET op die been.....heeldag en aldag net
Afrikaans, en raai wat gebeur? Advertensieinkomste swaai weg van die
staatskanale na M-net toe! En dit was nie al nie....ook alle
rugbyuitsendings word deur M-net gedoen en so ook het hulle Grand Prix
weggevat by die SABC. Ek wonder as 'n mens moet gaan bereken in
geldwaarde wat al hierdie kontrakte werd is wat uit die SABC-skoot weggeval
het, werd is.....en dit oor stupidgeid! Ek het mos al lank gelede vir jou
vertel dat terwyl jy en jou mense kwyl oor die politiek, maak ons maar
rustig geld daaruit! Wat de hel maak dit saak of jy nog drup-drup oor
apartheid? Regstellende aksie kos die land baie geld en uiteindelik wen
die besighede met al die foute en die mense wat in en uit beweeg [nie seks
nie, stadig nou!] in werke. En wie moet ons bedank? Julle vryheidsvarke!
Dankie Gloudina.
"@rogers.com" wrote in message
news:NX9Lc.1088260$Ar.733322@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> KykNet is 'n
>> eksklusiewe Afrikaanse kanaal op DStv en is een van die gewildstes enkele
>> kanale op TV. Kompetisies en programme daar ontwikkel word met die tyd
>> heruitgesaai op Mnet met Engelse byskrifte.
>
> Nou my liewe land. Soos ek nou vir Dan Roodt
> en Plato en Aristoteles moet verstaan, word daar
> grootskaals teen Afrikaanse kultuur gewerk deur
> die ANC. En nou vertel jy vir my dat daar 'n
> gewilde Afrikaanse kanaal is, en dat dit dan
> heruitgesaai word met Engelse byskrifte.( Ek
> wens ons kan dit hier in Kanada hê, want ek
> verstaan nie altyd die Frans op die Franse
> kanaal so mooi nie. ) Nou wat kla julle dan
> alles? f is hierdie gekla oor hoe julle
> Afrikaanse kultuur benadeel word, nou maar
> nog net een meer cliché wat die boerenasie-
> joggies sit en uitspoeg. ( Dit terwyl hulle
> gedurig op Engels op die Afrikaanse nuusgroep
> pos, en hulle Afrikaans sleg spel en radbraak.)
>
> Penkop die kanaalaap
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95351 is 'n antwoord op boodskap #95347] |
Wed, 21 July 2004 13:35   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Max" skryf
> Dit is waar wat jy sê, maar wat glo jý?
Dis nie my plek om te sê "hoe God" is nie. Selfs
as ek binne die Christelike paradigma praat, dan
w��t ek dat alle Christelike teoloë daarop staan
dat God onkenbaar is en nie "beskryf" kan word
deur ondermaanse mense nie. Wat ek wel seker
van is, in die Christelike raamwerk, is dat as jy
glo dat Christus "die seun van God" is ( en ons
almal "kinders van God" ) dan behoef dit ons
om die voorbeeld van Christus na te volg en
te glo dat, as ons doen wat Christus gesê het
ons moet doen, dat ons dan "die ewige lewe
sal be-erwe." In dié opsig kan mens dan sê
dat "Christus vir ons sondes gesterf het".
Ek vind egter dat baie baie Christene eintlik
ou-Testamentiese Christene is, en hulle beroep
op allerhande dinge wat alleen in die Joodse
konteks sin maak. Hulle sogenaamde Christelike
geloof word dan 'n "mish-mash" van ou-
testamentiese uitsprake wat eintlik geen sin
uitmaak in die nuwe-testamentiese konteks nie.
Soos jy weet stel ek baie belang in die tegnieke
van die Tibetaanse Buddhisme ( wat eintlik 'n
mengsel is van Buddhisme en ouer Hindoe-
praktyke.) Buddhiste praat nooit van 'n "God"
wat daar diékant bestaan nie. Hulle praat egter
van "buddha" - dus van goddelikheid, en hoe
ons almal buddhas is,dus "kinders van God" -
maar gevalle is en dit moet besef en die situasie
moet bestudeer en werk om van die gevalle
natuur ontslae te raak. Hoofsaak vir die Buddhis
is "bodhicitta" - om jou naaste meer lief te hê
as jouself. In die laaste analise, om te besef dat
jy en jou naaste één is. En in die finale analise,
om te besef dat "jy" en "jou naaste" maar net
breinkonsepte is.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95361 is 'n antwoord op boodskap #95352] |
Wed, 21 July 2004 14:42   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Max" skryf
> Nie wat dink jy is die regte antwoord nie. My vraag was simpel. Wat glo jy?
> Is God 'n God van vergelding of van liefde? Dit lyk my dis vir jou moeilik
> om te sê. Is jy bang jou antwoord is nie polities korrek nie, of iets? Maar
> moenie verder worrie nie. Maak nie eintlik saak nie. As jy maar glo...
Ek praat nie van 'n "God" nie. Dit wat meeste Christene
as "God" bestempel, is 'n ou-Testamentiese konsep, en
sogenaamde Christene verwaardig hulle om te weet hoe
hy is en wat hy is. Dus is die kwessie van jou vraag of
hy 'n God van vergelding of liefde is, ook nonsens. Vir
sover daar in dié rigting gepraat kan word, dink ek die
Hindoes en Buddhiste met hulle konsep van karma is
op die regte amper wetenskaplike spoor. Wat jy saai,
sal jy maai. Ook volkere. Wat hulle saai, sal hulle
maai. Dus is die boedhis gereeld besig om te probeer
om liewers goeie karma op te wek, of nog beter, om
te leer hoe om te lewe sonder om karma te verwek.
Terloops, lees weer die derde strofe van die gedig van
Opperman wat ek sopas geplaas het. Die derde
strofe is in aanhalingstekens. Opperman stel God
aan die woord. Lees wat Opperman sê oor hierdie
onderwerp in "Toorklip."
Gloudina
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95364 is 'n antwoord op boodskap #95361] |
Wed, 21 July 2004 14:54   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com"
> "Max" skryf
>
>> Nie wat dink jy is die regte antwoord nie. My vraag was simpel. Wat glo jy?
>> Is God 'n God van vergelding of van liefde? Dit lyk my dis vir jou moeilik
>> om te sê. Is jy bang jou antwoord is nie polities korrek nie, of iets? Maar
>> moenie verder worrie nie. Maak nie eintlik saak nie. As jy maar glo...
>
> Ek praat nie van 'n "God" nie. Dit wat meeste Christene
> as "God" bestempel, is 'n ou-Testamentiese konsep, en
> sogenaamde Christene verwaardig hulle om te weet hoe
> hy is en wat hy is. Dus is die kwessie van jou vraag of
> hy 'n God van vergelding of liefde is, ook nonsens. Vir
> sover daar in dié rigting gepraat kan word, dink ek die
> Hindoes en Buddhiste met hulle konsep van karma is
> op die regte amper wetenskaplike spoor. Wat jy saai,
> sal jy maai. Ook volkere. Wat hulle saai, sal hulle
> maai. Dus is die boedhis gereeld besig om te probeer
> om liewers goeie karma op te wek, of nog beter, om
> te leer hoe om te lewe sonder om karma te verwek.
>
> Terloops, lees weer die derde strofe van die gedig van
> Opperman wat ek sopas geplaas het. Die derde
> strofe is in aanhalingstekens. Opperman stel God
> aan die woord. Lees wat Opperman sê oor hierdie
> onderwerp in "Toorklip."
>
> Gloudina
>
Ja, ek moes seker god met 'n klein letter gebruik het.
Ek het nie eintlik lus om verder hieroor te praat nie. Wat ek net graag sou
wil sê is dat die god waaraan ek glo mens nie sal laat ly omdat jou
voorouers haatdraend was teenoor andere volkere nie... (Ek weet dit staan in
die bybel, so what.)
Max____________________________
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95372 is 'n antwoord op boodskap #95368] |
Wed, 21 July 2004 18:27   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Plato" skryf
Die werklike vraag
> was waar jou God staan in terme van die gestelde alternatiewe. So wat is
> jou antwoord?
Ongelukkig, Plato, kan jy my nie terroriseer met
jou "jou God" en "my God" praatjies nie. Ek val
eenvoudig nie vir hierdie soort blatante haarklowery
nie. Ek glo nie aan die soort "God" waaraan jy
blykbaar glo nie. Want ek dink 'n hele klomp
van julle sogenaamde Christelike joggies, gebruik
die woord "Christen" as 'n politieke wapen om
mense in kategorieë te verdeel en onmin en twee-
spalt te saai. Ons sien dit hier in Noord-Amerika
ook, veral in die VSA. Ek speel eenvoudig nie
saam nie.
Wat jy moet doen, Plato, is om met die straat
af te loop en elkeen van jou naastes se voete
te was en te droog en te salf. Onthou, ag uit
elke tien sal swart voete wees. Soen daardie
voete, Plato, veral dié wat nie kon bekostig
om skoene te dra nie. Dan kan ons weer
praat. Tot dan neem ek aan jy is ook maar
een van die sogenaamde Christen-joggies
wat politiek speel.
Tant Hessie van Genadendal.
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95373 is 'n antwoord op boodskap #95284] |
Wed, 21 July 2004 18:33   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, daar is nog Afrikaans oor die (staats-)radio en -TV. Maar as jy
gedink het die gehalte van Afrikaanse spelling en taalgebruik op hiérdie
nuusgroep is beroerd, dan moet jy bietjie die EsEiBieSie se weergawe
hoor. Dis werklik om van te kots, vra maar vir jou familie.
Soos gewoonlik, is daar uitsonderings. 'n Spesifieke voorbeeld is
Johan Botha met sy "Dis Opera"-program oor RSG. Hierdie selfde Johan
bied ook 'n ander program aan, "Botha Blues" en die verskil in sy
taalgebruik oor die 2 programme is opmerklik: In "Dis Opera" praat hy
regtig goeie Afrikaans sonder om nou oordrewe of hoogdrawend te wees, in
"Botha Blues" is dit "songs" en "gigs" ens - natuurlik op die jonger
brigade gemik.
Ek dink wat meeste Afrikaanssprekendes teen die staatsbeheerde media
het, is dat Afrikaans doelbewus en planmatig gemarginaliseer word, met
bitter min (ek wil amper sê geen) nuwe produksies in Afrikaans nie. Die
groot rede wat altyd aangegee word, is dat dit goedkoper is om geblikte
reekse en programme aan te koop as om plaaslike produksies te maak en
uit te saai.
Meeste swart - asseblief, ek gebruik swart nie in die pejoratiewe sin
hier nie! - tale word ook soos Afrikaans behandel, maar ek hoor nie baie
murmurende stemme hieroor nie - miskien verkies die swartes dit so?
Die ander sy is natuurlik dat ek nie so baie blootstelling aan swartes
het dat ek enigsins 'n neiging kan peil nie - miskien het iemand soos
Ferdi meer blootstelling. Dit sal egter 'n groot tragedie wees as
swartes willens en wetens hul taal weggooi, en die ryk verhalende
tradisies en kultuur wat daarmee saamgaan. 'n Mens se kultuur is só nou
verweef met taal dat dit m.i. onmoontlik is om die twee begrippe te
skei. Iets wat my al 'n paar keer opgeval het op straat, is dat swart
ouers dikwels met mekaar in hul eie taal praat maar dan in Engels met
hul kinders, en dan lyk dit of die kleintjies ook glad nie die ander
taal verstaan het nie.
Dit is vir my waar die grootste gevaar lê: dat Engels en (veral) die
Amerikaanse popkultuur so op ons afgeforseer word dat ons jongmense
naderhand dink dit Ãs hul kultuur. Voorbeeld: my kleinniggetjie van so
12 jaar wil my nou die dag iets oor 'n vlakvark vertel, en die enigste
woord wat sy vir 'n vlakvark ken is "Pumba" n.a.l.v "The Lion King" se
karakter. As Pumba nog een van ons inheemse tale se naam vir die dier
was, sou dit amper aanvaarbaar gewees het, maar sover ek weet is Pumba
'n Swahili-woord. Miskien moet ek getroos voel dat sy nie "warthog"
gebruik het nie.
Maar elke geslag sorteer seker maar self sy probleme uit, of hoe?
Die groot taalgod in die media en besigheidswêreld is natuurlik Engels.
Hier is dit partykeer lagwekkend om te sien hoe Afrikaanse
besigheidsmense oormekaar val om Tog Net Engels Te Klink En Te Lyk. Dit
herinner sterk aan die Afrikaner van die tussen-oorlogse jare, wat
opsluit wou grênd wees en Engels praat. Sies, ek join sommer die
penkopkommando!
@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Niemand is beslis 'n verkeerde term as daar wel
>
>> iemand is! KykNet is voorbeeld, maar dis jammer hy is so vreeslik duur
>> om te kyk!
>
>
> Wat! Wil jy vir my vertel daar is wel 'n Afrikaanse
> kanaal op die televisie in Suid-Afrika. Nou hoekom
> grens jy dan?
>
> Penkop die kanaalaap
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95375 is 'n antwoord op boodskap #95265] |
Wed, 21 July 2004 18:51   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Is Kanada 'n federasie van deelstate soos die VSA, of meer soos ons met
provinsies? Want natuurlik het deelstate baie meer outonomie binne die
federale opset as ons provinsies. Ek dink die "vingerwysing" na Kanada
is nie beskuldigend in hierdie geval nie, bloot omdat jy (en baie ander
SAners) dáár is - daar is dus 'n mate van oorbrugging en gedeelde
belange. Ek dink egter ook dat wat Kanada doen en hoe hulle die Eerste
Nasie- en Quebecois-probleem oplos, fyn dopgehou word deur ons almal.
Daar is egter ooglopende verskille in die Kanadese en SA opset, wat dit
moeilik maak om te te vergelyk en te be-oordeel: Kanada het n' baie lae
bevolking vir 'n baie groot gebied. Korrigeer my as ek verkeerd is,
maar is die situsaie van (om dit nou kru te stel) Eerste Nasies vs
Settelaars nie net mooi omgekeer in Kanada vergelek met SA nie? Ek is
ook nie altyd so seker dat die term "Eerste Nasies" hier by ons sonder
meer toegepas kan word nie - soos ek die ding lees het die swart stamme
maar ook van elders hier aangekom, weliswaar baie vroeër as die blankes.
Dus is ons "Eerste Nasies" sekerlik die Khoisan en verwante groepe?
Ek stem saam met Aristoteles oor die ministerie-kwessie. Ek sou
byvoorbeeld graag wou weet dat daar 'n spesifieke "departement" is wat
Afrikaans bevorder en uitbou, wat moeite doen om dinge uit ons
kultuurskat en ons verlede (puisies en al!) na te vors en in stand te
hou, ens, ens. Amper op die lees van die Academie Francais (spelling?)
Ek gun al die ander nasies in hierdie land ook so iets, maar dis iets
wat hulle self moet opeis as hulle dit wil hê - ek as Afrikaner kan dit
nie namens Sipho die Xhosa opeis nie, ek kan hoogstens vir hom strukture
en geleenthede help skep om dit self op te eis.
@rogers.com wrote:
> "Aristoteles" skryf
>
> In Kanada self begeer 'n baie groot minderheid in Quebec
>
>> onafhanklikheid, sodat hulle hul Franse kultuur kan handhaaf. Daar
>> bestaan reeds 'n groot mate van kulturele outonomie. Niks rassisties
>> nie, reg? Die Indiane ("Eerste bewoners") in Kanada geniet in groot
>> gebiede relatiewe outonomie.
>
>
> Julle wys altyd die vinger na Kanada. Maar alhoewel
> sommige Quebeckers net soos jy oor "onafhanklikheid"
> kekkel, het hulle nog elke keer as daar 'n referendum
> oor die saak is, nee gesê vir afskeiding. En die Eerste
> Nasies is die grootste voorsprekers vir die federale
> staat. Elke keer as iemand in Quebec van "afskei"
> praat, dreig Matthew Coon Come uit die noorde
> van Quebec dat hulle van Quebec sal afskei as die
> Franse minderheid Quebec uit Kanada wil neem.
>
> Gloudina
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95377 is 'n antwoord op boodskap #95294] |
Wed, 21 July 2004 19:04   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee man, Gloudina. Hoekom nou skielik die Engelse taalgebruik
tussenin. Ek sien byna al die ander mense hier op die nuusgroep gee nie
om vir hulle taalgebruik nie, so ek probeer nie eens om hulle na die
waters te lei nie, maar jý, dat jý nou ook hulle geledere geloop staan
join het! Joiner! Ek het net begin dink jy kan darem nog ordentlik
Afrikaans gebruik, nou stel jy my sommer teleur...
My ma het altyd gepraat van "Julle is 'n pot vol skille" as mens so in
die wydte in "julle" gebruik. Daar is tog baie Afrikaners wat sekerlik
nie onder daardie "julle" van jou gekookte ganse pas nie?
@rogers.com wrote:
> "Aristoteles" skryf
>
>
>> OK ek sien nou. Jy wil sien dat ons aanhou gestraf word, daarom mag ons
>> nooit weer op regte aanspraak maak nie. ons moet ewiglik in die hel
>> brand. Goed, ek verstaan jou vertrekpunt, en ek laat dit dan maar daar.
>
>
> Ja. Julle is 'n klomp spoilt brats. Julle het julle goose
> gecook. Julle het julle kans gehad om menslik en
> intelligent op te tree en pleks daarvan het julle vir
> veertig jaar ander geterroriseer. Gee nou die
> Afrikaners wat nie spoilt brats is nie, 'n kans
> om die beeld van Afrikaners in SA te omvorm.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95391 is 'n antwoord op boodskap #95372] |
Wed, 21 July 2004 20:12   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Weereens retoriek. Kan jy nie 'n eenvoudige vraag antwoord nie? Seker
nie. Jy glo heel duidelik in vergelding. Ek toevallig ook. :o) Ons het
iets in gemeen. Ek dink nie jy gaan jou wens in Suid Afrika kry nie...
Cheers
Plato
@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Die werklike vraag
>
>> was waar jou God staan in terme van die gestelde alternatiewe. So wat is
>> jou antwoord?
>
>
> Ongelukkig, Plato, kan jy my nie terroriseer met
> jou "jou God" en "my God" praatjies nie. Ek val
> eenvoudig nie vir hierdie soort blatante haarklowery
> nie. Ek glo nie aan die soort "God" waaraan jy
> blykbaar glo nie. Want ek dink 'n hele klomp
> van julle sogenaamde Christelike joggies, gebruik
> die woord "Christen" as 'n politieke wapen om
> mense in kategorieë te verdeel en onmin en twee-
> spalt te saai. Ons sien dit hier in Noord-Amerika
> ook, veral in die VSA. Ek speel eenvoudig nie
> saam nie.
> Wat jy moet doen, Plato, is om met die straat
> af te loop en elkeen van jou naastes se voete
> te was en te droog en te salf. Onthou, ag uit
> elke tien sal swart voete wees. Soen daardie
> voete, Plato, veral dié wat nie kon bekostig
> om skoene te dra nie. Dan kan ons weer
> praat. Tot dan neem ek aan jy is ook maar
> een van die sogenaamde Christen-joggies
> wat politiek speel.
>
> Tant Hessie van Genadendal.
>
|
|
|
|
Re: Afrikaner Children Fighting For Their Lives Against Blacks [boodskap #95395 is 'n antwoord op boodskap #95378] |
Wed, 21 July 2004 20:59   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink ek sien waarnatoe jy mik. Baie kom natuurlik uit die monde van
Afrikaansvreemdes, om dit nou so te stel. Die ergste is dat baie
Afrikaners uit gewoonte of uit wat hulle hoor, byv. ook verkeerde
sinsbou gebruik (dis opmerklik dat baie meer Engelse sinsbou in
Afrikaans gebruik word), ook oor die TV. Dan praat ek nog gladnie eens
van slengtaal nie.
My punt is natuurlik dat by 'n instelling soos die SAUK moet
taalsuiwerheid gehandhaaf word, dus stel mense aan (sê maar nou
nuuslesers) wat die taal ordentlik kan praat en verstaan wat hulle lees.
Dit geld natuurlik dubbel en dwars vir die redakteurs en
programopstellers. Daar is natuurlik plek vir sg. streekstale of
groepstale ook, maar nie as die alledaagse "standaard" Afrikaans nie.
@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
>
>> Ja, daar is nog Afrikaans oor die (staats-)radio en -TV. Maar as jy
>> gedink het die gehalte van Afrikaanse spelling en taalgebruik op hiérdie
>> nuusgroep is beroerd, dan moet jy bietjie die EsEiBieSie se weergawe
>> hoor. Dis werklik om van te kots, vra maar vir jou familie.
>
>
> Kom hierdie Afrikaans uitsluitlik uit die monde van
> swart en bruin Afrikaners, of uit Engelse sprekers
> se monde, of maak Afrikaners hulle ook skuldig aan
> dié soort ding?
>
> Gloudina
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
|
|
Re: Kulturele outonomie [boodskap #95400 is 'n antwoord op boodskap #95398] |
Wed, 21 July 2004 22:39   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Soos jy sekerlik gelees het, gun ek dit vir almal, maar die mense moet
dit self opeis, ek gaan dit nie in hulle kele afdruk nie. Dus, as Sipho
wil Engels wees, en nie Xhosa of Zulu of watookal nie, is dit sy saak.
Ek sal help strukture skep wat hy kan gebruik, maar daar stop dit.
Oor die akademie: ek dink jy verwys seker na die Akademie vir Wetenskap
en Kuns. Dis so half-en-half in die regte rigting, hoewel ek dink dis
nou rêrig meesal 'n klomp verpopte stofskoppers wat daar sit en niks
doen, meeste van tyd. Ek wil amper iemand soos Dan Roodt (maar nie Dan
Roodt nie, as jy my strekking verstaan) daar sien - iemand wat ten
minste geesdriftig is en bietjie met ander idees vorendag kan kom en nie
skaam is om sy sê te sê nie.
Kla ek verniet? Ek kla nie eintlik nie, dis maar meer waarnemings en
mymeringe in die algemeen. Ek weet nie, maar daar is 'n skaarste in die
tipe goed waarvan ek hou: ordentlike flieks (nie Schuster se vlak
toilethumor nie) of opvoerings wat nie "fok" of "kak" verbeeldingloos in
elke tweede woord gebruik nie, en waarna ek my kinders darem so nou en
dan kan laat kyk sonder oog- en oorklappe. Verder hou ek van klassieke
musiek (toegegee dis nie Afrikaans nie, maar universeel) en goed soos
Kerslig, vers en melodie. Ag, en so aan. Ek kan om die dood myself nie
sover kry om van Dozi te hou nie, ook nie van Karen Zoid nie of
Oppikoppi-tipe feeste nie. Ek het 'n pêl wat elke jaar afsaag
Oudtshoorn toe en absoluut mal is oor die KKNK, maar dis seker 'n
kwessie van elke ou hou van sy eie soort wyn, of hoe?
Magtie, ek en jy het darem 'n hond uit 'n bos gepraat vanaand/vanoggend!
@rogers.com wrote:
> "knersus"
>
>
>> Ek stem saam met Aristoteles oor die ministerie-kwessie. Ek sou
>> byvoorbeeld graag wou weet dat daar 'n spesifieke "departement" is wat
>> Afrikaans bevorder en uitbou, wat moeite doen om dinge uit ons
>> kultuurskat en ons verlede (puisies en al!) na te vors en in stand te
>> hou, ens, ens. Amper op die lees van die Academie Francais (spelling?)
>
>
> Ja, maar is daar nie so 'n Akademie al lankal in SA
> nie? Miskien was dit, tussen 1948 en 1994, teveel
> befonds van regeringskant, ten koste van al die
> ander groepe in SA. Ek sou wel saamstem dat
> daar soveel as moontlik regeringsfondse in SA
> bewil moet word vir kultuurdinge. Maar dan vir
> kultuurdinge van al die elf taalgroepe in SA, en
> nie die van Afrikaans in besonder nie.
> Maar kla jy nie onnodig nie. Ek kry die indruk
> dat daar 'n oplewing in Afrikaanse kunsfeeste
> is en 'n redelike bloeiende kultuurlewe in die
> algemeen.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
Bladsye (6): [ 4 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Apr 03 18:30:34 UTC 2025
|