Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Savanna Jane
Savanna Jane [boodskap #93866] |
Do., 10 Junie 2004 06:28  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Vriendin van my is een van 'n groep dames wat Afrika gaan aandurf met
twee voertuie en stewige stapskoene.
Die naweek van 25/26 Junie gaan hulle leer van ekonomies bestuur, noodhulp
en ander goed wat nodig is om te weet. Hulle vertrek 1 Julie.
Hulle webwerf is: www.savannajane.co.za
Die doel van hulle avontuur is om te bewys dat dames dit alleen en veilig in
Afrika kan waag.
Ek is vreeslik opgewonde vir hulle, maar ek het ook 'n beklemming om die
hart.
--
Annette
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93876 is 'n antwoord op boodskap #93872] |
Do., 10 Junie 2004 10:00   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
So half uit ervaring wonder ek hoe gaan dit werk? Ry hulle al die pad, of
waarvoor is die stapskoene? Ek hoop maar net die mense wat hulle gaan
leer, ken werklik van Afrika en sy probleme. Die belangrikste vir hulle
gaan wees om kontak te kan maak as daar probleme kom. Ek weet nie met
watter voertuie hulle ry nie, maar hopelik sal dit iets wees wat reggemaak
kan word in die veld as iets gebeur.....as hulle kan, bygesê! Tog sal jy
op moerlandspan bv 'n Toyota Hilux[die oues] of die harde Cruiser se
noodsaaklike onderdele kry, terwyl meeste van die moderne 4x4'e nie eers
gewerk kan word in meeste groot dorpe nie! Hierdie fênsie Jeeps, Land
Rovers, Pajero's, BMW's, Benze......as hy kalf in die boendoes, kry maar vir
jou 'n low-bed lorrie en vervoer hom terug beskawing en rekenaars toe!
Wat ek eintlik probeer sê, is dat hulle miskien 'n ervare Afrika-ryer
moet saamvat wat vir hulle rigting kan gee?
"Annette" skryf in boodskap news:ca95ke$32b$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee Suidwester, hulle is vuur en vlam, en dink hulle kan bewys dit kan
> gedoen word. Ek bewonder hul moed, maar self sou ek nie in so iets gewaag
> het nie - nie met mense waarvan elke een op haar gebied van oorlewing nog
> nie 'n kenner is nie.
> Dan is daar nog die nuwe gemors in Kongo ook...
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40c811ba.0@news1.mweb.co.za...
>> Laat ons nou maar hoop die dames leer ook om maar eerder op die gewone paaie
>> te bly want daar gaan nie mans wees om hulle te help as dinge rêrig begin
>> rof raak nie....of is dit net 'n foefie?
>> "Annette" wrote in message
>> news:ca8vu3$nai$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> 'n Vriendin van my is een van 'n groep dames wat Afrika gaan aandurf met
>>> twee voertuie en stewige stapskoene.
>>> Die naweek van 25/26 Junie gaan hulle leer van ekonomies bestuur, noodhulp
>>> en ander goed wat nodig is om te weet. Hulle vertrek 1 Julie.
>>> Hulle webwerf is: www.savannajane.co.za
>>> Die doel van hulle avontuur is om te bewys dat dames dit alleen en veilig in
>>> Afrika kan waag.
>>> Ek is vreeslik opgewonde vir hulle, maar ek het ook 'n beklemming om die
>>> hart.
>>> --
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93877 is 'n antwoord op boodskap #93876] |
Do., 10 Junie 2004 10:07   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester, miskien moet jy op hul webblad ingaan en seker maak met wat
hulle gaan ry? Ek is ook nie so seker of daar 'n meester-bestuurder by hulle
is nie, maar blykbaar is deel van die kort kursus ook van kar regmaak.
Iemand het aan hulle 'n GPS geskenk wat op een van die voertuie sal wees, so
hulle sal darem kontak hê met die wêreld.
Hulle praat iets van vuurspuwende berge besoek, so ek glo nie ons praat van
teerpad heelpad nie.
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:40c8316c.0@news1.mweb.co.za...
> So half uit ervaring wonder ek hoe gaan dit werk? Ry hulle al die pad, of
> waarvoor is die stapskoene? Ek hoop maar net die mense wat hulle gaan
> leer, ken werklik van Afrika en sy probleme. Die belangrikste vir hulle
> gaan wees om kontak te kan maak as daar probleme kom. Ek weet nie met
> watter voertuie hulle ry nie, maar hopelik sal dit iets wees wat reggemaak
> kan word in die veld as iets gebeur.....as hulle kan, bygesê! Tog sal jy
> op moerlandspan bv 'n Toyota Hilux[die oues] of die harde Cruiser se
> noodsaaklike onderdele kry, terwyl meeste van die moderne 4x4'e nie eers
> gewerk kan word in meeste groot dorpe nie! Hierdie fênsie Jeeps, Land
> Rovers, Pajero's, BMW's, Benze......as hy kalf in die boendoes, kry maar vir
> jou 'n low-bed lorrie en vervoer hom terug beskawing en rekenaars toe!
> Wat ek eintlik probeer sê, is dat hulle miskien 'n ervare Afrika-ryer
> moet saamvat wat vir hulle rigting kan gee?
> "Annette" wrote in message
> news:ca95ke$32b$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nee Suidwester, hulle is vuur en vlam, en dink hulle kan bewys dit kan
>> gedoen word. Ek bewonder hul moed, maar self sou ek nie in so iets gewaag
>> het nie - nie met mense waarvan elke een op haar gebied van oorlewing nog
>> nie 'n kenner is nie.
>> Dan is daar nog die nuwe gemors in Kongo ook...
>> --
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40c811ba.0@news1.mweb.co.za...
>>> Laat ons nou maar hoop die dames leer ook om maar eerder op die gewone paaie
>>> te bly want daar gaan nie mans wees om hulle te help as dinge rêrig begin
>>> rof raak nie....of is dit net 'n foefie?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:ca8vu3$nai$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> 'n Vriendin van my is een van 'n groep dames wat Afrika gaan aandurf met
>>>> twee voertuie en stewige stapskoene.
>>>> Die naweek van 25/26 Junie gaan hulle leer van ekonomies bestuur, noodhulp
>>>> en ander goed wat nodig is om te weet. Hulle vertrek 1 Julie.
>>>> Hulle webwerf is: www.savannajane.co.za
>>>> Die doel van hulle avontuur is om te bewys dat dames dit alleen en veilig in
>>>> Afrika kan waag.
>>>> Ek is vreeslik opgewonde vir hulle, maar ek het ook 'n beklemming om die
>>>> hart.
>>>> --
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93888 is 'n antwoord op boodskap #93877] |
Do., 10 Junie 2004 14:09   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag, ek's seker maar 'n 'control freak'. Daar is soveel dinge in die veld
wat kan gebeur wat jy nie in 'n boek of 'n kursus kan leer nie. Soos bv.
iets eenvoudig soos 'n pap wiel. Daai voertuie van hulle se wiele...neem
ek aan is 4x4 en dus swaar. Weet jy dat seker maklik 70% van 4x4'e se
wielmoere nie maklik loskom nie en in baie gevalle effe vasgeroes is? 'n
Gewone wielsleutel agter jou sitplek in sy slopie kan maak, as jy die nodige
krag het, dat jy of die moer nie loskry nie of jy breek die 'stud'. GPS?
Hulle beter goed leer want daai ding kan vir jou deurmekaar maak as jy nie
baie seker van jou saak is nie......maar noodsaaklik.
"Annette" skryf in boodskap news:ca9c1b$c4p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester, miskien moet jy op hul webblad ingaan en seker maak met wat
> hulle gaan ry? Ek is ook nie so seker of daar 'n meester-bestuurder by hulle
> is nie, maar blykbaar is deel van die kort kursus ook van kar regmaak.
> Iemand het aan hulle 'n GPS geskenk wat op een van die voertuie sal wees, so
> hulle sal darem kontak hê met die wêreld.
> Hulle praat iets van vuurspuwende berge besoek, so ek glo nie ons praat van
> teerpad heelpad nie.
> --
> Annette
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40c8316c.0@news1.mweb.co.za...
>> So half uit ervaring wonder ek hoe gaan dit werk? Ry hulle al die pad, of
>> waarvoor is die stapskoene? Ek hoop maar net die mense wat hulle gaan
>> leer, ken werklik van Afrika en sy probleme. Die belangrikste vir hulle
>> gaan wees om kontak te kan maak as daar probleme kom. Ek weet nie met
>> watter voertuie hulle ry nie, maar hopelik sal dit iets wees wat reggemaak
>> kan word in die veld as iets gebeur.....as hulle kan, bygesê! Tog sal jy
>> op moerlandspan bv 'n Toyota Hilux[die oues] of die harde Cruiser se
>> noodsaaklike onderdele kry, terwyl meeste van die moderne 4x4'e nie eers
>> gewerk kan word in meeste groot dorpe nie! Hierdie fênsie Jeeps, Land
>> Rovers, Pajero's, BMW's, Benze......as hy kalf in die boendoes, kry maar vir
>> jou 'n low-bed lorrie en vervoer hom terug beskawing en rekenaars toe!
>> Wat ek eintlik probeer sê, is dat hulle miskien 'n ervare Afrika-ryer
>> moet saamvat wat vir hulle rigting kan gee?
>> "Annette" wrote in message
>> news:ca95ke$32b$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Nee Suidwester, hulle is vuur en vlam, en dink hulle kan bewys dit kan
>>> gedoen word. Ek bewonder hul moed, maar self sou ek nie in so iets gewaag
>>> het nie - nie met mense waarvan elke een op haar gebied van oorlewing nog
>>> nie 'n kenner is nie.
>>> Dan is daar nog die nuwe gemors in Kongo ook...
>>> --
>>> Annette
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40c811ba.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Laat ons nou maar hoop die dames leer ook om maar eerder op die gewone paaie
>>>> te bly want daar gaan nie mans wees om hulle te help as dinge rêrig begin
>>>> rof raak nie....of is dit net 'n foefie?
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:ca8vu3$nai$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > 'n Vriendin van my is een van 'n groep dames wat Afrika gaan aandurf met
>>>> > twee voertuie en stewige stapskoene.
>>>> > Die naweek van 25/26 Junie gaan hulle leer van ekonomies bestuur, noodhulp
>>>> > en ander goed wat nodig is om te weet. Hulle vertrek 1 Julie.
>>>> > Hulle webwerf is: www.savannajane.co.za
>>>> > Die doel van hulle avontuur is om te bewys dat dames dit alleen en veilig in
>>>> > Afrika kan waag.
>>>> > Ek is vreeslik opgewonde vir hulle, maar ek het ook 'n beklemming om die
>>>> > hart.
>>>> > --
>>>> > Annette
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93911 is 'n antwoord op boodskap #93876] |
Do., 10 Junie 2004 18:09   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die webwerf sê hulle gaan met 'n Freelander ry! Gonnapatats! Ek
vermoed/hoop daar is seker reëlings vir as die ding breek.
Volgens wat ek daar sien sal hulle ook geredelik kontak kan maak met hul
tuismense of ondersteuningspan. Ek stem saam met jou oor die nuwe
geslag 4x4. Ek dink Afrika het geleer dat daar net 2 soorte 4x4s is wat
hou en waarvoor jy onderdele kan kry: Land Rover (ou soort Serie II en
III en Defender) en Toyota LandCruiser (ook net die ouer soorte,ek dink
nie goed soos die Prado sal dit maak nie)
--
Knersus
Suidwester wrote:
> ... Ek weet nie met
> watter voertuie hulle ry nie, maar hopelik sal dit iets wees wat reggemaak
> kan word in die veld as iets gebeur.....as hulle kan, bygesê! Tog sal jy
> op moerlandspan bv 'n Toyota Hilux[die oues] of die harde Cruiser se
> noodsaaklike onderdele kry, terwyl meeste van die moderne 4x4'e nie eers
> gewerk kan word in meeste groot dorpe nie! Hierdie fênsie Jeeps, Land
> Rovers, Pajero's, BMW's, Benze......as hy kalf in die boendoes, kry maar vir
> jou 'n low-bed lorrie en vervoer hom terug beskawing en rekenaars toe!
> Wat ek eintlik probeer sê, is dat hulle miskien 'n ervare Afrika-ryer
> moet saamvat wat vir hulle rigting kan gee?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93931 is 'n antwoord op boodskap #93911] |
Vr., 11 Junie 2004 07:01   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die ouer Hilux'es met die vaste vooras loop ook waar bobbejaan kierie soek.
As jy met die ouer tipe Land Rover ry, dan moet jy net sorg vir baie spaar
onderdele, soos petrolpompe, lemoene om die bestaande petrolpomp af te koel
as hy oorverhit en b.a.i.e. OLIE. 'n Lnad Rover wat nie olie lek nie, het
nie meer olie in nie! Die Freelander het juis die swakste reputasie van al
die nuwe geslag 'sagte' 4x4's wat betroubaarheid aanbetref!
Die ryery in Afrika beteken dat jou brandstof gaan swak wees, maw nie
altyd so skoon nie. Die mees algemene brandstof is diesel en daarom is 'n
diesel 4x4 seker die verstandigste oor die algemeen, MAAR as 'n dieselpomp
oppak in die bundus, is jy in kakstraat sonder 'n nommer. Ry jy met 'n
petrolvoertuig wat NIE 'fuel injection' is nie [brandstofinspuiting se pomp
gee vir jou dieslefde probleme as die diesel as sy pomp oppak] en 'n
vergasser ophet [soos die Cruiser en die Hilux], en sy petrolpomp kalf dan
kan jy 'n kan petrol op sy dak sit en so met direkte voer na die vergasser
toe deurkarring na die naaste plek waar jy kan hulp kry. Interessant ook
dat 'n voertuig soos die petrol Hilux se verdeler, vonkproppe, coil,
brandstofpomp, brandstoffilter, aansitter en oliefilter sit almal bymekaar
aan die een kant van die enjin en maklik bereikbaar. Daar is van die
minder deurdagte voertuie waar die petrolpomp binne die tenk ingebou is
[logika hiervoor is dat 'n stootpomp sterker werk as 'n suigpomp], maar jy
moet die bakkie se bak afbou as daai pomp kalf. Hierdie is alles redes
hoekom Toyota Hilux en Cruiser die werklike konings van Afrika is vir die
ouens wat ken van......in die populêre pers is dit mos daai Beste 4x4xver!
Die laaste voertuig wat ek veld toe sal vat.
"knersus" skryf in boodskap news:caa8dt$f2i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die webwerf sê hulle gaan met 'n Freelander ry! Gonnapatats! Ek
> vermoed/hoop daar is seker reëlings vir as die ding breek.
>
> Volgens wat ek daar sien sal hulle ook geredelik kontak kan maak met hul
> tuismense of ondersteuningspan. Ek stem saam met jou oor die nuwe
> geslag 4x4. Ek dink Afrika het geleer dat daar net 2 soorte 4x4s is wat
> hou en waarvoor jy onderdele kan kry: Land Rover (ou soort Serie II en
> III en Defender) en Toyota LandCruiser (ook net die ouer soorte,ek dink
> nie goed soos die Prado sal dit maak nie)
>
> --
> Knersus
>
> Suidwester wrote:
>> ... Ek weet nie met
>> watter voertuie hulle ry nie, maar hopelik sal dit iets wees wat reggemaak
>> kan word in die veld as iets gebeur.....as hulle kan, bygesê! Tog sal jy
>> op moerlandspan bv 'n Toyota Hilux[die oues] of die harde Cruiser se
>> noodsaaklike onderdele kry, terwyl meeste van die moderne 4x4'e nie eers
>> gewerk kan word in meeste groot dorpe nie! Hierdie fênsie Jeeps, Land
>> Rovers, Pajero's, BMW's, Benze......as hy kalf in die boendoes, kry maar vir
>> jou 'n low-bed lorrie en vervoer hom terug beskawing en rekenaars toe!
>> Wat ek eintlik probeer sê, is dat hulle miskien 'n ervare Afrika-ryer
>> moet saamvat wat vir hulle rigting kan gee?
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93932 is 'n antwoord op boodskap #93931] |
Vr., 11 Junie 2004 07:07   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Moet ek vir haar laat weet hulle beter gou ander voertuie kry as hulle nie
al die pad teerpad gaan ry nie?
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:40c958c9.0@news1.mweb.co.za...
> Die ouer Hilux'es met die vaste vooras loop ook waar bobbejaan kierie soek.
> As jy met die ouer tipe Land Rover ry, dan moet jy net sorg vir baie spaar
> onderdele, soos petrolpompe, lemoene om die bestaande petrolpomp af te koel
> as hy oorverhit en b.a.i.e. OLIE. 'n Lnad Rover wat nie olie lek nie, het
> nie meer olie in nie! Die Freelander het juis die swakste reputasie van al
> die nuwe geslag 'sagte' 4x4's wat betroubaarheid aanbetref!
> Die ryery in Afrika beteken dat jou brandstof gaan swak wees, maw nie
> altyd so skoon nie. Die mees algemene brandstof is diesel en daarom is 'n
> diesel 4x4 seker die verstandigste oor die algemeen, MAAR as 'n dieselpomp
> oppak in die bundus, is jy in kakstraat sonder 'n nommer. Ry jy met 'n
> petrolvoertuig wat NIE 'fuel injection' is nie [brandstofinspuiting se pomp
> gee vir jou dieslefde probleme as die diesel as sy pomp oppak] en 'n
> vergasser ophet [soos die Cruiser en die Hilux], en sy petrolpomp kalf dan
> kan jy 'n kan petrol op sy dak sit en so met direkte voer na die vergasser
> toe deurkarring na die naaste plek waar jy kan hulp kry. Interessant ook
> dat 'n voertuig soos die petrol Hilux se verdeler, vonkproppe, coil,
> brandstofpomp, brandstoffilter, aansitter en oliefilter sit almal bymekaar
> aan die een kant van die enjin en maklik bereikbaar. Daar is van die
> minder deurdagte voertuie waar die petrolpomp binne die tenk ingebou is
> [logika hiervoor is dat 'n stootpomp sterker werk as 'n suigpomp], maar jy
> moet die bakkie se bak afbou as daai pomp kalf. Hierdie is alles redes
> hoekom Toyota Hilux en Cruiser die werklike konings van Afrika is vir die
> ouens wat ken van......in die populêre pers is dit mos daai Beste 4x4xver!
> Die laaste voertuig wat ek veld toe sal vat.
> "knersus" wrote in message
> news:caa8dt$f2i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die webwerf sê hulle gaan met 'n Freelander ry! Gonnapatats! Ek
>> vermoed/hoop daar is seker reëlings vir as die ding breek.
>>
>> Volgens wat ek daar sien sal hulle ook geredelik kontak kan maak met hul
>> tuismense of ondersteuningspan. Ek stem saam met jou oor die nuwe
>> geslag 4x4. Ek dink Afrika het geleer dat daar net 2 soorte 4x4s is wat
>> hou en waarvoor jy onderdele kan kry: Land Rover (ou soort Serie II en
>> III en Defender) en Toyota LandCruiser (ook net die ouer soorte,ek dink
>> nie goed soos die Prado sal dit maak nie)
>>
>> --
>> Knersus
>>
>> Suidwester wrote:
>>> ... Ek weet nie met
>>> watter voertuie hulle ry nie, maar hopelik sal dit iets wees wat reggemaak
>>> kan word in die veld as iets gebeur.....as hulle kan, bygesê! Tog sal jy
>>> op moerlandspan bv 'n Toyota Hilux[die oues] of die harde Cruiser se
>>> noodsaaklike onderdele kry, terwyl meeste van die moderne 4x4'e nie eers
>>> gewerk kan word in meeste groot dorpe nie! Hierdie fênsie Jeeps, Land
>>> Rovers, Pajero's, BMW's, Benze......as hy kalf in die boendoes, kry maar vir
>>> jou 'n low-bed lorrie en vervoer hom terug beskawing en rekenaars toe!
>>> Wat ek eintlik probeer sê, is dat hulle miskien 'n ervare Afrika-ryer
>>> moet saamvat wat vir hulle rigting kan gee?
>
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93944 is 'n antwoord op boodskap #93932] |
Vr., 11 Junie 2004 09:37   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee wat, laat hulle self leer........of dalk 'n helikopter op 'stand by
kry?'
"Annette" skryf in boodskap news:cabn9f$77l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Moet ek vir haar laat weet hulle beter gou ander voertuie kry as hulle nie
> al die pad teerpad gaan ry nie?
>
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40c958c9.0@news1.mweb.co.za...
>> Die ouer Hilux'es met die vaste vooras loop ook waar bobbejaan kierie soek.
>> As jy met die ouer tipe Land Rover ry, dan moet jy net sorg vir baie spaar
>> onderdele, soos petrolpompe, lemoene om die bestaande petrolpomp af te koel
>> as hy oorverhit en b.a.i.e. OLIE. 'n Lnad Rover wat nie olie lek nie, het
>> nie meer olie in nie! Die Freelander het juis die swakste reputasie van al
>> die nuwe geslag 'sagte' 4x4's wat betroubaarheid aanbetref!
>> Die ryery in Afrika beteken dat jou brandstof gaan swak wees, maw nie
>> altyd so skoon nie. Die mees algemene brandstof is diesel en daarom is 'n
>> diesel 4x4 seker die verstandigste oor die algemeen, MAAR as 'n dieselpomp
>> oppak in die bundus, is jy in kakstraat sonder 'n nommer. Ry jy met 'n
>> petrolvoertuig wat NIE 'fuel injection' is nie [brandstofinspuiting se pomp
>> gee vir jou dieslefde probleme as die diesel as sy pomp oppak] en 'n
>> vergasser ophet [soos die Cruiser en die Hilux], en sy petrolpomp kalf dan
>> kan jy 'n kan petrol op sy dak sit en so met direkte voer na die vergasser
>> toe deurkarring na die naaste plek waar jy kan hulp kry. Interessant ook
>> dat 'n voertuig soos die petrol Hilux se verdeler, vonkproppe, coil,
>> brandstofpomp, brandstoffilter, aansitter en oliefilter sit almal bymekaar
>> aan die een kant van die enjin en maklik bereikbaar. Daar is van die
>> minder deurdagte voertuie waar die petrolpomp binne die tenk ingebou is
>> [logika hiervoor is dat 'n stootpomp sterker werk as 'n suigpomp], maar jy
>> moet die bakkie se bak afbou as daai pomp kalf. Hierdie is alles redes
>> hoekom Toyota Hilux en Cruiser die werklike konings van Afrika is vir die
>> ouens wat ken van......in die populêre pers is dit mos daai Beste 4x4xver!
>> Die laaste voertuig wat ek veld toe sal vat.
>> "knersus" wrote in message
>> news:caa8dt$f2i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Die webwerf sê hulle gaan met 'n Freelander ry! Gonnapatats! Ek
>>> vermoed/hoop daar is seker reëlings vir as die ding breek.
>>>
>>> Volgens wat ek daar sien sal hulle ook geredelik kontak kan maak met hul
>>> tuismense of ondersteuningspan. Ek stem saam met jou oor die nuwe
>>> geslag 4x4. Ek dink Afrika het geleer dat daar net 2 soorte 4x4s is wat
>>> hou en waarvoor jy onderdele kan kry: Land Rover (ou soort Serie II en
>>> III en Defender) en Toyota LandCruiser (ook net die ouer soorte,ek dink
>>> nie goed soos die Prado sal dit maak nie)
>>>
>>> --
>>> Knersus
>>>
>>> Suidwester wrote:
>>>> ... Ek weet nie met
>>>> watter voertuie hulle ry nie, maar hopelik sal dit iets wees wat reggemaak
>>>> kan word in die veld as iets gebeur.....as hulle kan, bygesê! Tog sal jy
>>>> op moerlandspan bv 'n Toyota Hilux[die oues] of die harde Cruiser se
>>>> noodsaaklike onderdele kry, terwyl meeste van die moderne 4x4'e nie eers
>>>> gewerk kan word in meeste groot dorpe nie! Hierdie fênsie Jeeps, Land
>>>> Rovers, Pajero's, BMW's, Benze......as hy kalf in die boendoes, kry maar vir
>>>> jou 'n low-bed lorrie en vervoer hom terug beskawing en rekenaars toe!
>>>> Wat ek eintlik probeer sê, is dat hulle miskien 'n ervare Afrika-ryer
>>>> moet saamvat wat vir hulle rigting kan gee?
>>
>
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93945 is 'n antwoord op boodskap #93938] |
Vr., 11 Junie 2004 09:39   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Presies soos dit met die Hollanders en Italiane in ons land gaan. Hulle is
sê entoesiasties! Dat nie meer van hulle sneuwel in die woestyn nie, is
ook 'n wonderwerk op sy eie!
"Annette" skryf in boodskap news:cabnip$7p3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My "vrees" is dat alles voorspoedig gaan en hulle kom terug en sê raait -
> dames - loop toer, dis veilig !! En dan gaan jy 'n klomp kry wat nie so
> gelukkig is nie.
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40c95a3d.0@news1.mweb.co.za...
>> Maa 'n man is nie nodig nie! Hulle moet net vir hulle 'n kundige
>> toerleier kry [kan vrou wees, maar is baie skaars]. Hierdie tipe van
>> domastrantheid is presies waarvan daai artikel gepraat het wat jy op die ng
>> geplaas het hierbo: Die tegnologie plaas die vermoë in die hande van 'n
>> spul onkundiges om deur Afrika te toer, maar so 'n trip vra veel meer as net
>> 'n paar kursusse en boeke om te lees. Loop alles goed, gaan hulle terugkom
>> en vertel alles was maklik en jollies en verkoop hulle die storie aan 'n
>> tydskrif wat die trip vir hulle betaal. Verdwaal hulle egter, of hul
>> voertuig breek en hulle kom oor wat die Hollanders in die Namib oorgekom het
>> en hulle dooi, gaan dit net so mooi wees dan?
>> "Annette" wrote in message
>> news:cabbqf$cqb$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Hulle wil bewys dat 'n man nie nodig is om deur Afrika te kan toer nie....
>>>
>>> --
>>> Annette
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:cab8h1$6e6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Annette - die groepie dames is m.i. domastrant. Waarom het hulle geen mans
>>>> wat saamgaan nie ? (Ek vra maar net....)
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:ca8vu3$nai$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > 'n Vriendin van my is een van 'n groep dames wat Afrika gaan aandurf met
>>>> > twee voertuie en stewige stapskoene.
>>>> > Die naweek van 25/26 Junie gaan hulle leer van ekonomies bestuur, noodhulp
>>>> > en ander goed wat nodig is om te weet. Hulle vertrek 1 Julie.
>>>> > Hulle webwerf is: www.savannajane.co.za
>>>> > Die doel van hulle avontuur is om te bewys dat dames dit alleen en veilig in
>>>> > Afrika kan waag.
>>>> > Ek is vreeslik opgewonde vir hulle, maar ek het ook 'n beklemming om die
>>>> > hart.
>>>> > --
>>>> > Annette
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93949 is 'n antwoord op boodskap #93925] |
Vr., 11 Junie 2004 10:45   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf
> Anti - dis duidelik dat jy nog nooit verder noordf was as halfpad deur die
> Oranjerivie nie.
> Die padtjie noorde toe is bepaald nie besaai met internetkafees nie. Ook,
> Nairobi is 'n stad en nie 'n streek nie.
En wat laat jou dink dat ek dink Nairobi is 'n
streek? Iemand behoort jou kop te lees.
Ek wonder ook van waar ons die internet
boodskappe gekry het as dit nie van internet-
kafees af was nie.
Vir jou informasie, ek was al in Beira, Dar-es-
Salaam, Zanzibar, Mombasa, Port Suez, Port
Said, Kairo, ( ek is te lui om hulle moderne
name te gaan opsoek.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93965 is 'n antwoord op boodskap #93949] |
Vr., 11 Junie 2004 12:22   |
DanielJan
Boodskappe: 84 Geregistreer: April 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
shit, I am impressed!
(en daar maak die anti my weer vloek!)
DanielJan
>
> En wat laat jou dink dat ek dink Nairobi is 'n
> streek? Iemand behoort jou kop te lees.
> Ek wonder ook van waar ons die internet
> boodskappe gekry het as dit nie van internet-
> kafees af was nie.
> Vir jou informasie, ek was al in Beira, Dar-es-
> Salaam, Zanzibar, Mombasa, Port Suez, Port
> Said, Kairo, ( ek is te lui om hulle moderne
> name te gaan opsoek.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Savanna Jane [boodskap #93974 is 'n antwoord op boodskap #93953] |
Vr., 11 Junie 2004 13:27   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Soos gewoonlik my antie, praat jy tjol. Daar is een groot verskil om deur
'n land te ry van kant tot kant op geproklammeerde paaie en 'n ander om al
die besienswaardighede van 'n land te besoek, weg van die algemene paaie.
Jy beskuldig ander mense van nie weet waarvan hulle praat nie, maar kom ons
vat JOU sogenaamde gebied wat jy mos storie oor waar jyself losgeboor
was......Upington en sy omgewing.
Van Olifantshoek na Upington is 'n goeie 120km waar daar absloluut niks
tussenin is nie....nie petrol nie, nie onderdele nie.....niks met 'n f.
Van Upington na die grens is 160km en as jy gedink het daar's niks voorheen
nie, dan is hier nou minder as die 'f'! Oor die grens en die eerste
werklike dorp is Karasburg en is nog 'n verdere 120 van niks. So kan ons
aangaan.....dit word erger. Hier is nie selfoonnetwerke om gou hulp te kan
skakel as jou karretjie konk nie. As jy by die dorpe kom, sal jy vind dat
die garages wat daar is, wel aan gewone karre kan werk en onderdele aanhou,
maar die moderne goete? Nie 'n kans nie. Maar soos gewoonlik mis jy die
punt. Dit gaan nie oor teer of grondpaaie nie. Ook nie of dit op die
vlak of in die berge is nie. Dit gaan dat daar wel 'n moontlikheid bestaan
dat jy probleme kan optel en die kans dat jy iemand gaan nodig hê wat kan
kophou en weet wat om te doen.
Enige blêddie fool kan in 'n kar klim en die boendoes invaar...selfs jy
ook!
"@rogers.com" skryf in boodskap news:lggyc.21$knQ.0@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
> Dit is vir my duidelik dat julle ouens wat hier
> so sit en knetter, baie min ondervinding het
> van wat eintlik in Afrika noord van julle aangaan.
> My suster was, voor sy en haar vriende tot oor
> die ewenaar noord gery het ( hoofsaaklik om
> die Serengeti te besoek), vantevore tot in
> Malawi met haar vriend en haar dogter en
> dié se familie wat toe in Zambia gebly het.
> (Sy het 'n hele paar keer deur Zimbabwe
> na Zambia gery om haar dogter te besoek.)
> Sover ek kan onthou, was sy en haar vriend
> in 'n "bakkie."
> Ek wonder hoeveel kere hulle op grondpaaie
> moes ry - behalwe in wildreserwes.
> Hulle het hewig gekla oor sommige van die
> fasiliteite waarmee hulle moes klaarkom,
> maar dit was maar ook net nou en dan.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 05 16:43:25 UTC 2025
|