Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Aptekersmedisyne
Aptekersmedisyne [boodskap #91441] |
Wed, 17 March 2004 06:14  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gister lees ek 'n storie in ons plaaslike pers [Die Blou Bollie] van
aptekersmedisyne wat se pryse deur die SA regering afgedwing gaan word met
tot soveel as 50% van vandag se pryse. Wat ek nie kon vasstel nie, is dit
die medisynevervaardigingsbedryf of die handel van medisyne wat onregverdige
hoë winste maak? Waar lê die rede tot so 'n stap?
|
|
|
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91449 is 'n antwoord op boodskap #91443] |
Wed, 17 March 2004 18:01   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 17 Mar 2004 10:28:09 +0200, "Elaine" wrote:
> Ek dink dis die aptekers. Ek koop medisyne online by Springbokapteek, hulle
> vra bv. R17 vir dieselfde asmapompie wat by ander apteke enigiets van R24 -
> R35 kos afhangende van waar jy koop. Ek het bietjie gaan loer en
> Springbokapteek se pryse vergelyk met die ander apteke hier rond. Hulle is
> maklik enigiets van 25% tot 60% goedkoper met hulle medisyne as ander
> apteke. Dit beteken net een ding - die ander apteke buit ons uit.
>
>
> Elaine
Dit sat interessant wees om oom Soois se mening hieroor te hoor,
Elaine. Ek het hom eendag geskakel en uitgevra oor 'n
bloeddrukmonitor. (Bloeddrukmeter?)
Die prys wat hy vir my genoem het, (want hy werk by een van die
redelikste apteke in die omgewing) was sòveel laer as dié van die
lokale apteke, dat ek reeds my kar aangeskakel het. En toe, skakel
ek Sprinbokapteek, wat steeds 'n ongeveer 20% goedkoper was as
die reeds goeie, vergeleke met ander apteke, prys wat Francois my
gegee het.
Maar nou moet ek ook noem dat ek toe in Sprinbok rondgeloop en
pryse kyk het, en waar die prysverskil so kwaai in hul guns was, is
hoegenaamd nie by alles nie.
Miskien is die aptekers beroep by die mediesekoste probleem, soos
die eiendomsagente by huispryse is. Ek het vir 'n eiendomsagent
gesê dat hy my R100 000 meer sal laat betaal sodat hy R7000
meer kommissie kan maak.
DD
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91450 is 'n antwoord op boodskap #91441] |
Wed, 17 March 2004 18:52   |
MoerFie
Boodskappe: 94 Geregistreer: March 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Baie eenvoudig: dis verkiesingsjaar, nou lyk dit goed vir die gepeupel
(Gloudina as daar spelfoute is f**k jou)
Vandat ek as apteker intern begin werk het in 1987, het almal al hieroor
gepraat. Hier sit ons nou 17 jaar later (bliksem ek word oud!) en ons praat
nog steeds daaroor.
Aptekers (en medisynesmous dokters, wat nie genoeg geld kan maak uit hulle
doktersbedrywe nie en dan met medisyne smous) het altyd in die verlede, (en
tans, net tot 'n mindere mate) redelike groot 'deals' van mediese
vervaardigers gekry, bv. koop tien bottels en ons gee jou nog vyf gratis.
Dit kom dan neer op 'n effektiewe korting van 33.3% vir die apteker. Die
aptekers met integriteit het dan hulle verkoopsprys met daardie 33% verlaag
aan die publiek, en die res het die korting gebruik om hulle wins te
verhoog. Dr. Mantu het dit agtergekom en gaan nou die hele ding stopsit,
geen bonusse of afslag meer aan die kleinhandel nie. Winspersentasies op
medikasie word ook nou verlaag tot 24% tot op R100, en daarna R24 vir alles
wat oor R100 kos. Vir die smousdokters is hierdie persentasie 17% en R17 as
die kosprys >R100 is.
So Piet die simpel apteker wat 10 pakkie pille koop en die wins van die
ander 5 in sy sak steek, betaal nou dieselfde pryse per pakkie as Koos die
slim apteker wat 'n honderd pakkies aankoop en die verkoopsprys verlaag.
Dus gaan Piet nie meer kan bestaan nie, want die wins % is nou te laag.
Veral as daai pille bv. R300 kos, het Piet voorheen R100 bygesit en dit teen
R400 verkoop. (33.3% wins) Nou maak hy net 8% wins daarop, want hy verkoop
dit teen R300+24 = R324.
Koos se prys raak nou hoër, want hy het altyd vir elke 100 pakkies wat hy
gekoop het, 50 verniet gekry en sy prys met 33% verlaag, dus kon hy dit teen
R200+66 = R266 verkoop. Hy kon dus meer verkoop en nog steeds ongeveer 33%
wins maak. Nou mag hy net 8% (R24)wins maak per pakkie aangesien hy geen
gratis pakkies bykry nie, en moet hy dus dit ook teen R324 verkoop.
Dokter Hans kan dit vir R317 verkoop, dus sal hy maar sy blink Mercedes
verkoop want hy het nog in die verlede die Rep se arm gedraai en twee ekstra
pakkies uit die kar se kattebak, drie fliekkaartjies, twee seisonskaartjies
op Elllispark (shame) en 'n vakansie by Sun city gekry as hy die goed by
haar koop. Dan het hy waarskynlik nog na Piet toe gegaan en die twee ekstra
pakkies aan hom verkoop vir R250 elk, wat vir Piet 'n bargain was en Dr.
Hans kon weer nappies vir klein Hansie en Tampax vir Tannie Hans by die
apteek teen afslag koop.
Wie gaan wen? Die verbruiker? Ek dink nie so nie, want Piet gaan toemaak
enKoos se pille word duurder. Die 'vooraf benadeeldes? Ek dink ook nie so
nie, want hulle het gewoonlik by 'eenstop' pillesmous-dokters R120 betaal
vir konsultasie en pille. en die Dr. sal dit nie meer kan bekostig nie. Die
dokters? Nee, want hulle kan nie meer Tampax en Red Door parfuum vir pille
samples verruil by die apteek nie. Die ANC? waarskynlik, want die swart
kiesers in die land is nog nie gereed vir 'n sterk opposisie nie.
Al wat dit gaan veroorsaak, is dat die ANC se plan vir 'n 'national health'
stelsel gaan meriete hê, aangesien daar nie genoeg dinsverskaffers van
medisyne gaan wees nie.
Yaslaaik, maar ek het nou baie geskryf......
Soois die pillesmous
"Suidwester" skryf in boodskap news:4057ece7.0@news1.mweb.co.za...
> Gister lees ek 'n storie in ons plaaslike pers [Die Blou Bollie] van
> aptekersmedisyne wat se pryse deur die SA regering afgedwing gaan word met
> tot soveel as 50% van vandag se pryse. Wat ek nie kon vasstel nie, is dit
> die medisynevervaardigingsbedryf of die handel van medisyne wat onregverdige
> hoë winste maak? Waar lê die rede tot so 'n stap?
>
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91451 is 'n antwoord op boodskap #91449] |
Wed, 17 March 2004 18:54   |
MoerFie
Boodskappe: 94 Geregistreer: March 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ik heb gezecht
"DD" skryf in boodskap news:pp3h50htaqa9043jvofmgfrigc4dt817vs@4ax.com...
> On Wed, 17 Mar 2004 10:28:09 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Ek dink dis die aptekers. Ek koop medisyne online by Springbokapteek, hulle
>> vra bv. R17 vir dieselfde asmapompie wat by ander apteke enigiets van R24 -
>> R35 kos afhangende van waar jy koop. Ek het bietjie gaan loer en
>> Springbokapteek se pryse vergelyk met die ander apteke hier rond. Hulle is
>> maklik enigiets van 25% tot 60% goedkoper met hulle medisyne as ander
>> apteke. Dit beteken net een ding - die ander apteke buit ons uit.
>>
>
>>
>> Elaine
>
>
> Dit sat interessant wees om oom Soois se mening hieroor te hoor,
> Elaine. Ek het hom eendag geskakel en uitgevra oor 'n
> bloeddrukmonitor. (Bloeddrukmeter?)
> Die prys wat hy vir my genoem het, (want hy werk by een van die
> redelikste apteke in die omgewing) was sêveel laer as dié van die
> lokale apteke, dat ek reeds my kar aangeskakel het. En toe, skakel
> ek Sprinbokapteek, wat steeds 'n ongeveer 20% goedkoper was as
> die reeds goeie, vergeleke met ander apteke, prys wat Francois my
> gegee het.
> Maar nou moet ek ook noem dat ek toe in Sprinbok rondgeloop en
> pryse kyk het, en waar die prysverskil so kwaai in hul guns was, is
> hoegenaamd nie by alles nie.
> Miskien is die aptekers beroep by die mediesekoste probleem, soos
> die eiendomsagente by huispryse is. Ek het vir 'n eiendomsagent
> gesê dat hy my R100 000 meer sal laat betaal sodat hy R7000
> meer kommissie kan maak.
>
> DD
>
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91452 is 'n antwoord op boodskap #91449] |
Wed, 17 March 2004 18:55   |
MoerFie
Boodskappe: 94 Geregistreer: March 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Mag ek darem nou ook net noem dat die bogenoemde apteek se direkteure al 'n
paar keer gearresteer is vir die besit van onwettige, vervalde en gesteelde
medisyne.
Soois
"DD" skryf in boodskap news:pp3h50htaqa9043jvofmgfrigc4dt817vs@4ax.com...
> On Wed, 17 Mar 2004 10:28:09 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Ek dink dis die aptekers. Ek koop medisyne online by Springbokapteek, hulle
>> vra bv. R17 vir dieselfde asmapompie wat by ander apteke enigiets van R24 -
>> R35 kos afhangende van waar jy koop. Ek het bietjie gaan loer en
>> Springbokapteek se pryse vergelyk met die ander apteke hier rond. Hulle is
>> maklik enigiets van 25% tot 60% goedkoper met hulle medisyne as ander
>> apteke. Dit beteken net een ding - die ander apteke buit ons uit.
>>
>
>>
>> Elaine
>
>
> Dit sat interessant wees om oom Soois se mening hieroor te hoor,
> Elaine. Ek het hom eendag geskakel en uitgevra oor 'n
> bloeddrukmonitor. (Bloeddrukmeter?)
> Die prys wat hy vir my genoem het, (want hy werk by een van die
> redelikste apteke in die omgewing) was sêveel laer as dié van die
> lokale apteke, dat ek reeds my kar aangeskakel het. En toe, skakel
> ek Sprinbokapteek, wat steeds 'n ongeveer 20% goedkoper was as
> die reeds goeie, vergeleke met ander apteke, prys wat Francois my
> gegee het.
> Maar nou moet ek ook noem dat ek toe in Sprinbok rondgeloop en
> pryse kyk het, en waar die prysverskil so kwaai in hul guns was, is
> hoegenaamd nie by alles nie.
> Miskien is die aptekers beroep by die mediesekoste probleem, soos
> die eiendomsagente by huispryse is. Ek het vir 'n eiendomsagent
> gesê dat hy my R100 000 meer sal laat betaal sodat hy R7000
> meer kommissie kan maak.
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91459 is 'n antwoord op boodskap #91452] |
Wed, 17 March 2004 20:53   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: October 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Seker onthou jy noug die insident by ons, Francois, wat die bekendste
apteekgroep by ons, op hul knieë gedwing het. Die spesiale drukker
wat hulle gebruik het om vervalde medisyne se datums mee te verander.
Die hope en hoope en hooope medisyne wat op woonhuise se plafonne
gevind is en waarvan die huiseienaars 'nie geweet het nie'. Die
eienares (een van die gesiene dames op die dorp) wat toegesluit is op
aanklag van poging tot moord op die polisiemanne wat die saak
ondersoek het, die buurstadseun (met 'n rekord) wat nou van die
aptekersrol geskrap is, die vervalsde etikette... en die vraag wat die
dorp vol gelê het, van hoe iemand 'n blink BMW en silwer Merc kan ry
deur minderwaardige medisyne as orraait medisyne en vervalde medisyne
as vars medisyne te verkoop. Deur met mense se gesondheid te dobbel.
Van die apteke het toegemaak. Van hulle se deure is steeds oop. Met
aptekers agter die toonbank en leë winkels. En speelgoed en lekkergoed
uitgestal op die rakke. En wanneer sy verbystap, groet sy met haar kop
steeds hoog soos die van iemand wat die dorp se gesondheid
op die hande dra.
On Wed, 17 Mar 2004 20:55:31 +0200, "MoerFie" wrote:
> Mag ek darem nou ook net noem dat die bogenoemde apteek se direkteure al 'n
> paar keer gearresteer is vir die besit van onwettige, vervalde en gesteelde
> medisyne.
>
> Soois
>
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91461 is 'n antwoord op boodskap #91459] |
Wed, 17 March 2004 21:28   |
MoerFie
Boodskappe: 94 Geregistreer: March 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Oom duif
Ek moet tot my skande erken dat ek vir daai oom en antie gewerk het daar op
die myndorpie. Vinnig spore gemaak toe ek agterkom wat aangaan. Deesdae op
my CV word daardie 11 maande as "various locum positions" aangegee.
Soois die blosende
"DD" skryf in boodskap news:3mdh509prjf3uv7tpqmdpve9gp3srab1r2@4ax.com...
>
>
>
> Seker onthou jy noug die insident by ons, Francois, wat die bekendste
> apteekgroep by ons, op hul knieë gedwing het. Die spesiale drukker
> wat hulle gebruik het om vervalde medisyne se datums mee te verander.
> Die hope en hoope en hooope medisyne wat op woonhuise se plafonne
> gevind is en waarvan die huiseienaars 'nie geweet het nie'. Die
> eienares (een van die gesiene dames op die dorp) wat toegesluit is op
> aanklag van poging tot moord op die polisiemanne wat die saak
> ondersoek het, die buurstadseun (met 'n rekord) wat nou van die
> aptekersrol geskrap is, die vervalsde etikette... en die vraag wat die
> dorp vol gelê het, van hoe iemand 'n blink BMW en silwer Merc kan ry
> deur minderwaardige medisyne as orraait medisyne en vervalde medisyne
> as vars medisyne te verkoop. Deur met mense se gesondheid te dobbel.
>
> Van die apteke het toegemaak. Van hulle se deure is steeds oop. Met
> aptekers agter die toonbank en leë winkels. En speelgoed en lekkergoed
> uitgestal op die rakke. En wanneer sy verbystap, groet sy met haar kop
> steeds hoog soos die van iemand wat die dorp se gesondheid
> op die hande dra.
>
> On Wed, 17 Mar 2004 20:55:31 +0200, "MoerFie" wrote:
>
>> Mag ek darem nou ook net noem dat die bogenoemde apteek se direkteure al 'n
>> paar keer gearresteer is vir die besit van onwettige, vervalde en gesteelde
>> medisyne.
>>
>> Soois
>>
>
|
|
|
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91470 is 'n antwoord op boodskap #91450] |
Thu, 18 March 2004 05:53   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Baie dankie! Ek dink ek verstaan.....ten minste, ek probeer! Hier by
ons aan die kus is mos baie afgetredenes en hoe ouer, hoe meer loop die
medisyne. Ek het nog altyd die idee gekry dat daar nie regtig beheer oor
pryse is nie want vele mense wat 'n spesifieke siekte het waarvoor hulle
gereelde medikasie voor nodig het, het dit 'n bv Pretoria gaan koop en
betaal dan die helfte minder as wat hulle dit plaaslik kan aanskaf. Mens
sou dink dat medisyne, wat juis teer op die rug van die swakheid van die
mens, meer en beter regulasie oor sou hê. Hel, dit klink of drank en
sigaretpryse beter beheer word!
"MoerFie" skryf in boodskap news:c3a6pl$75c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Baie eenvoudig: dis verkiesingsjaar, nou lyk dit goed vir die gepeupel
> (Gloudina as daar spelfoute is f**k jou)
>
> Vandat ek as apteker intern begin werk het in 1987, het almal al hieroor
> gepraat. Hier sit ons nou 17 jaar later (bliksem ek word oud!) en ons praat
> nog steeds daaroor.
>
> Aptekers (en medisynesmous dokters, wat nie genoeg geld kan maak uit hulle
> doktersbedrywe nie en dan met medisyne smous) het altyd in die verlede, (en
> tans, net tot 'n mindere mate) redelike groot 'deals' van mediese
> vervaardigers gekry, bv. koop tien bottels en ons gee jou nog vyf gratis.
> Dit kom dan neer op 'n effektiewe korting van 33.3% vir die apteker. Die
> aptekers met integriteit het dan hulle verkoopsprys met daardie 33% verlaag
> aan die publiek, en die res het die korting gebruik om hulle wins te
> verhoog. Dr. Mantu het dit agtergekom en gaan nou die hele ding stopsit,
> geen bonusse of afslag meer aan die kleinhandel nie. Winspersentasies op
> medikasie word ook nou verlaag tot 24% tot op R100, en daarna R24 vir alles
> wat oor R100 kos. Vir die smousdokters is hierdie persentasie 17% en R17 as
> die kosprys >R100 is.
>
> So Piet die simpel apteker wat 10 pakkie pille koop en die wins van die
> ander 5 in sy sak steek, betaal nou dieselfde pryse per pakkie as Koos die
> slim apteker wat 'n honderd pakkies aankoop en die verkoopsprys verlaag.
> Dus gaan Piet nie meer kan bestaan nie, want die wins % is nou te laag.
>
> Veral as daai pille bv. R300 kos, het Piet voorheen R100 bygesit en dit teen
> R400 verkoop. (33.3% wins) Nou maak hy net 8% wins daarop, want hy verkoop
> dit teen R300+24 = R324.
>
> Koos se prys raak nou hoër, want hy het altyd vir elke 100 pakkies wat hy
> gekoop het, 50 verniet gekry en sy prys met 33% verlaag, dus kon hy dit teen
> R200+66 = R266 verkoop. Hy kon dus meer verkoop en nog steeds ongeveer 33%
> wins maak. Nou mag hy net 8% (R24)wins maak per pakkie aangesien hy geen
> gratis pakkies bykry nie, en moet hy dus dit ook teen R324 verkoop.
>
> Dokter Hans kan dit vir R317 verkoop, dus sal hy maar sy blink Mercedes
> verkoop want hy het nog in die verlede die Rep se arm gedraai en twee ekstra
> pakkies uit die kar se kattebak, drie fliekkaartjies, twee seisonskaartjies
> op Elllispark (shame) en 'n vakansie by Sun city gekry as hy die goed by
> haar koop. Dan het hy waarskynlik nog na Piet toe gegaan en die twee ekstra
> pakkies aan hom verkoop vir R250 elk, wat vir Piet 'n bargain was en Dr.
> Hans kon weer nappies vir klein Hansie en Tampax vir Tannie Hans by die
> apteek teen afslag koop.
>
> Wie gaan wen? Die verbruiker? Ek dink nie so nie, want Piet gaan toemaak
> enKoos se pille word duurder. Die 'vooraf benadeeldes? Ek dink ook nie so
> nie, want hulle het gewoonlik by 'eenstop' pillesmous-dokters R120 betaal
> vir konsultasie en pille. en die Dr. sal dit nie meer kan bekostig nie. Die
> dokters? Nee, want hulle kan nie meer Tampax en Red Door parfuum vir pille
> samples verruil by die apteek nie. Die ANC? waarskynlik, want die swart
> kiesers in die land is nog nie gereed vir 'n sterk opposisie nie.
>
> Al wat dit gaan veroorsaak, is dat die ANC se plan vir 'n 'national health'
> stelsel gaan meriete hê, aangesien daar nie genoeg dinsversswartes van
> medisyne gaan wees nie.
>
> Yaslaaik, maar ek het nou baie geskryf......
>
> Soois die pillesmous
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:4057ece7.0@news1.mweb.co.za...
>> Gister lees ek 'n storie in ons plaaslike pers [Die Blou Bollie] van
>> aptekersmedisyne wat se pryse deur die SA regering afgedwing gaan word met
>> tot soveel as 50% van vandag se pryse. Wat ek nie kon vasstel nie, is dit
>> die medisynevervaardigingsbedryf of die handel van medisyne wat onregverdige
>> hoë winste maak? Waar lê die rede tot so 'n stap?
>>
>
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91474 is 'n antwoord op boodskap #91450] |
Thu, 18 March 2004 08:08   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
MoerfieSoois, baie dankie dat jy dit so mooi duidelik vir ons uitgesit het -
die antwoord is dus om pille in groot maat aan te koop, want dan is die
koste per pil minder? So die chroniese ouens moet nou nie meer vra vir
herhaalbare voorskrifte nie, maar sommer met een voorskrif 'n hele jaar se
voorraad kry?
Sal die apteke bêrekoop inbring?
Wat sê die wet van as 'n ouetehuis byv 'n groot voorraad pynpille aankoop en
dit dan teen 'n opmerk van 24% per pil verkoop aan die inwoners?
--
Annette
"MoerFie" skryf in boodskap news:c3a6pl$75c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Baie eenvoudig: dis verkiesingsjaar, nou lyk dit goed vir die gepeupel
> (Gloudina as daar spelfoute is f**k jou)
>
> Vandat ek as apteker intern begin werk het in 1987, het almal al hieroor
> gepraat. Hier sit ons nou 17 jaar later (bliksem ek word oud!) en ons praat
> nog steeds daaroor.
>
> Aptekers (en medisynesmous dokters, wat nie genoeg geld kan maak uit hulle
> doktersbedrywe nie en dan met medisyne smous) het altyd in die verlede, (en
> tans, net tot 'n mindere mate) redelike groot 'deals' van mediese
> vervaardigers gekry, bv. koop tien bottels en ons gee jou nog vyf gratis.
> Dit kom dan neer op 'n effektiewe korting van 33.3% vir die apteker. Die
> aptekers met integriteit het dan hulle verkoopsprys met daardie 33% verlaag
> aan die publiek, en die res het die korting gebruik om hulle wins te
> verhoog. Dr. Mantu het dit agtergekom en gaan nou die hele ding stopsit,
> geen bonusse of afslag meer aan die kleinhandel nie. Winspersentasies op
> medikasie word ook nou verlaag tot 24% tot op R100, en daarna R24 vir alles
> wat oor R100 kos. Vir die smousdokters is hierdie persentasie 17% en R17 as
> die kosprys >R100 is.
>
> So Piet die simpel apteker wat 10 pakkie pille koop en die wins van die
> ander 5 in sy sak steek, betaal nou dieselfde pryse per pakkie as Koos die
> slim apteker wat 'n honderd pakkies aankoop en die verkoopsprys verlaag.
> Dus gaan Piet nie meer kan bestaan nie, want die wins % is nou te laag.
>
> Veral as daai pille bv. R300 kos, het Piet voorheen R100 bygesit en dit teen
> R400 verkoop. (33.3% wins) Nou maak hy net 8% wins daarop, want hy verkoop
> dit teen R300+24 = R324.
>
> Koos se prys raak nou hoër, want hy het altyd vir elke 100 pakkies wat hy
> gekoop het, 50 verniet gekry en sy prys met 33% verlaag, dus kon hy dit teen
> R200+66 = R266 verkoop. Hy kon dus meer verkoop en nog steeds ongeveer 33%
> wins maak. Nou mag hy net 8% (R24)wins maak per pakkie aangesien hy geen
> gratis pakkies bykry nie, en moet hy dus dit ook teen R324 verkoop.
>
> Dokter Hans kan dit vir R317 verkoop, dus sal hy maar sy blink Mercedes
> verkoop want hy het nog in die verlede die Rep se arm gedraai en twee ekstra
> pakkies uit die kar se kattebak, drie fliekkaartjies, twee seisonskaartjies
> op Elllispark (shame) en 'n vakansie by Sun city gekry as hy die goed by
> haar koop. Dan het hy waarskynlik nog na Piet toe gegaan en die twee ekstra
> pakkies aan hom verkoop vir R250 elk, wat vir Piet 'n bargain was en Dr.
> Hans kon weer nappies vir klein Hansie en Tampax vir Tannie Hans by die
> apteek teen afslag koop.
>
> Wie gaan wen? Die verbruiker? Ek dink nie so nie, want Piet gaan toemaak
> enKoos se pille word duurder. Die 'vooraf benadeeldes? Ek dink ook nie so
> nie, want hulle het gewoonlik by 'eenstop' pillesmous-dokters R120 betaal
> vir konsultasie en pille. en die Dr. sal dit nie meer kan bekostig nie. Die
> dokters? Nee, want hulle kan nie meer Tampax en Red Door parfuum vir pille
> samples verruil by die apteek nie. Die ANC? waarskynlik, want die swart
> kiesers in die land is nog nie gereed vir 'n sterk opposisie nie.
>
> Al wat dit gaan veroorsaak, is dat die ANC se plan vir 'n 'national health'
> stelsel gaan meriete hê, aangesien daar nie genoeg dinsversswartes van
> medisyne gaan wees nie.
>
> Yaslaaik, maar ek het nou baie geskryf......
>
> Soois die pillesmous
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:4057ece7.0@news1.mweb.co.za...
>> Gister lees ek 'n storie in ons plaaslike pers [Die Blou Bollie] van
>> aptekersmedisyne wat se pryse deur die SA regering afgedwing gaan word met
>> tot soveel as 50% van vandag se pryse. Wat ek nie kon vasstel nie, is dit
>> die medisynevervaardigingsbedryf of die handel van medisyne wat onregverdige
>> hoë winste maak? Waar lê die rede tot so 'n stap?
>>
>
|
|
|
|
|
|
Re: Aptekersmedisyne [boodskap #91494 is 'n antwoord op boodskap #91474] |
Thu, 18 March 2004 20:10  |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nope
Kannie meds in grootmaat by apteek koop nie. Die wet verbied die
verskaffing van geskeduleerde medikase vir meer as 30 dae se voorraad. Glo
om misbruik te voorkom.
Soois die Wetsgehoorsame burger.
NS. Ouetehuis mag nie medikasie aan oumense verkoop nie, tensy daar 'n
geregistreerde apteker op die perseel is. Anders kon jy mos maar jou pille
by die vlooimark ook gaan koop het.
"Annette" skryf in boodskap news:c3blv6$fs1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> MoerfieSoois, baie dankie dat jy dit so mooi duidelik vir ons uitgesit het -
> die antwoord is dus om pille in groot maat aan te koop, want dan is die
> koste per pil minder? So die chroniese ouens moet nou nie meer vra vir
> herhaalbare voorskrifte nie, maar sommer met een voorskrif 'n hele jaar se
> voorraad kry?
> Sal die apteke bêrekoop inbring?
>
> Wat sê die wet van as 'n ouetehuis byv 'n groot voorraad pynpille aankoop en
> dit dan teen 'n opmerk van 24% per pil verkoop aan die inwoners?
> --
> Annette
> "MoerFie" wrote in message
> news:c3a6pl$75c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Baie eenvoudig: dis verkiesingsjaar, nou lyk dit goed vir die gepeupel
>> (Gloudina as daar spelfoute is f**k jou)
>>
>> Vandat ek as apteker intern begin werk het in 1987, het almal al hieroor
>> gepraat. Hier sit ons nou 17 jaar later (bliksem ek word oud!) en ons praat
>> nog steeds daaroor.
>>
>> Aptekers (en medisynesmous dokters, wat nie genoeg geld kan maak uit hulle
>> doktersbedrywe nie en dan met medisyne smous) het altyd in die verlede, (en
>> tans, net tot 'n mindere mate) redelike groot 'deals' van mediese
>> vervaardigers gekry, bv. koop tien bottels en ons gee jou nog vyf gratis.
>> Dit kom dan neer op 'n effektiewe korting van 33.3% vir die apteker. Die
>> aptekers met integriteit het dan hulle verkoopsprys met daardie 33% verlaag
>> aan die publiek, en die res het die korting gebruik om hulle wins te
>> verhoog. Dr. Mantu het dit agtergekom en gaan nou die hele ding stopsit,
>> geen bonusse of afslag meer aan die kleinhandel nie. Winspersentasies op
>> medikasie word ook nou verlaag tot 24% tot op R100, en daarna R24 vir alles
>> wat oor R100 kos. Vir die smousdokters is hierdie persentasie 17% en R17 as
>> die kosprys >R100 is.
>>
>> So Piet die simpel apteker wat 10 pakkie pille koop en die wins van die
>> ander 5 in sy sak steek, betaal nou dieselfde pryse per pakkie as Koos die
>> slim apteker wat 'n honderd pakkies aankoop en die verkoopsprys verlaag.
>> Dus gaan Piet nie meer kan bestaan nie, want die wins % is nou te laag.
>>
>> Veral as daai pille bv. R300 kos, het Piet voorheen R100 bygesit en dit teen
>> R400 verkoop. (33.3% wins) Nou maak hy net 8% wins daarop, want hy verkoop
>> dit teen R300+24 = R324.
>>
>> Koos se prys raak nou hoër, want hy het altyd vir elke 100 pakkies wat hy
>> gekoop het, 50 verniet gekry en sy prys met 33% verlaag, dus kon hy dit teen
>> R200+66 = R266 verkoop. Hy kon dus meer verkoop en nog steeds ongeveer 33%
>> wins maak. Nou mag hy net 8% (R24)wins maak per pakkie aangesien hy geen
>> gratis pakkies bykry nie, en moet hy dus dit ook teen R324 verkoop.
>>
>> Dokter Hans kan dit vir R317 verkoop, dus sal hy maar sy blink Mercedes
>> verkoop want hy het nog in die verlede die Rep se arm gedraai en twee ekstra
>> pakkies uit die kar se kattebak, drie fliekkaartjies, twee seisonskaartjies
>> op Elllispark (shame) en 'n vakansie by Sun city gekry as hy die goed by
>> haar koop. Dan het hy waarskynlik nog na Piet toe gegaan en die twee ekstra
>> pakkies aan hom verkoop vir R250 elk, wat vir Piet 'n bargain was en Dr.
>> Hans kon weer nappies vir klein Hansie en Tampax vir Tannie Hans by die
>> apteek teen afslag koop.
>>
>> Wie gaan wen? Die verbruiker? Ek dink nie so nie, want Piet gaan toemaak
>> enKoos se pille word duurder. Die 'vooraf benadeeldes? Ek dink ook nie so
>> nie, want hulle het gewoonlik by 'eenstop' pillesmous-dokters R120 betaal
>> vir konsultasie en pille. en die Dr. sal dit nie meer kan bekostig nie. Die
>> dokters? Nee, want hulle kan nie meer Tampax en Red Door parfuum vir pille
>> samples verruil by die apteek nie. Die ANC? waarskynlik, want die swart
>> kiesers in die land is nog nie gereed vir 'n sterk opposisie nie.
>>
>> Al wat dit gaan veroorsaak, is dat die ANC se plan vir 'n 'national health'
>> stelsel gaan meriete hê, aangesien daar nie genoeg dinsversswartes van
>> medisyne gaan wees nie.
>>
>> Yaslaaik, maar ek het nou baie geskryf......
>>
>> Soois die pillesmous
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:4057ece7.0@news1.mweb.co.za...
>>> Gister lees ek 'n storie in ons plaaslike pers [Die Blou Bollie] van
>>> aptekersmedisyne wat se pryse deur die SA regering afgedwing gaan word met
>>> tot soveel as 50% van vandag se pryse. Wat ek nie kon vasstel nie, is dit
>>> die medisynevervaardigingsbedryf of die handel van medisyne wat onregverdige
>>> hoë winste maak? Waar lê die rede tot so 'n stap?
>>>
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:47:12 UTC 2025
|