Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Klip in die Bos
Klip in die Bos [boodskap #6262] |
Mon, 15 April 1996 00:00  |
Jan Lange
Boodskappe: 4 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Modertaal Onderwys.
'n Klompie jare gelede het ons 'n jong dame ontmoet wat hierdie Afrikaner
se hele siening oor moedertaal onderwys verander het. Haar ma was 'n
Franse Kanadees, haar pa 'n Engelsprekende Amerikaanse Jood, en die gesin
het vir die meeste van haar skooljare in Switserland gewoon, waar sy
Duitse en Hebreuse skole bygewoon het. Ons het haar op 'n funksie ontmoet
waar dit duidelik geword het dat sy Engels, Duits, Frans en Hebreus ewe
maklik hanteer. Sy het aan my verduidelik dat sy nooit in 'n skool was
waarin sy onderrig ontvang het in die tale wat sy met haar ouers praat
nie.
In die afgelope week was daar 'n berig in die Wall Street Journal waarin
vertel word van die ondervinding van 'n skooldistrik in Bethlehem,
Pennsylvania. Hulle plan was dat die groot persentasie Spaansprekende
kinders vir hulle eerste 7 skooljare in Spa ans onderrig sal word. Daarna
sal hulle saam met die Amerikaanse kinders in klasse opgeneem word. Na
die eerste sewe jaar was 90% van die Spaanssprekende kinders nie
skolasties gereed om die oorskakeling te maak nie. Twee jaar gelede het
die skooldistr ik besluit op "total emersion"; Spaanse kinders onvang saam
met die res van die eerste dag af onderrig slegs in Engels. Die kinders
wat wil, kan in hulle agste skooljaar begin met Spaanse klasse. Toe die
nuwe bedeling begin het, het net Spaanse ouers me t professionele
kwalifikasies hulle vir die nuwe benadering uitgespreek. 'n Onlangse
opname dui aan dat 66% Spaanse ouers nou meen dat die nuwe beleid die
regte stap was!
Die Pennsylvania Dutch kinders se skoolopleiding is nou reeds vir 100 jaar
in Engels en raai wat? Hulle praat en skryf nog steeds Pennsylvania Dutch
in Lancaster county; "tuisland" van florerende Pennsylvania Dutch.
'n Onlangse koerantverslag lys Kanada se sosiale probleme wat almal
ontstaan het as gevolg van die "multi cultural" beleid wat die Tredaux
regering in die 1970's begin het. Talle berigte dui ook daarop dat
skoolonderrig na die honde gaan in Suid Kaliforn ia en Florida, waar die
owerhede probeer om moedertaalonderrig te gee aan immigrantekinders
afkomstig uit talle verskillende lande.
My mening? Ek meen dat moedertaal onderrig 'n vermorsing van skaars
hulpbronne is. Geld uit algemene belastingbronne behoort nie daarop
gespandeer te word nie. 'n Moedertaal is nie iets wat jou ontneem word
bloot omdat dit nie in die skool of op TV aan gebied word nie. Wat
belangrik is , is dat jy nie die geleentheid ontneem word om dit as 'n
keusevak op hoerskool te neem nie.
In 'n tradisionele gesin kan 'n mens wel jou moedertaal verloor. Die
volgende waarneming is waarskynlik universeel geldig. Ek sien in die VSA
baie patetiese gevalle waar Afrikaner ouers dink hulle help hulle kinders
deur by die huis Engels met hulle te praat. Dit neem nie lank voordat
sulke kinders in Amerika hulle vermoe om Afrikaans te praat en verstaan
verloor nie. Praat Afrikaans met jou kinders en hulle word tweetalig
groot in Amerika. Praat Engels met jou kinders en hulle word eentalig
groot. Geen hulp uit die Skatkis is nodig om die uitslag te bepaal nie;
net die optrede van die ouers.
Pres. Mugabe van Zimbabwe, se regering het na my mening die intelegente
stap geneem. Engels is die offisiele taal en dit is wat in die skole
aangebied word. Regeringsdokumente word nie ten duurste in 'n
magdermenigde tale vertaal nie. Oor die langer te rmyn sal die
wisselkoerse van die geldeenhede van SA. en Zim aandui watter land se
regering benut natuurlike hulpbronne en die energie van landsburgers die
beste. Op die oomblik beindruk Suid Afrika glad nie.
--
|
|
|
|
Re: Klip in die Bos [boodskap #6280 is 'n antwoord op boodskap #6262] |
Tue, 16 April 1996 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article jla...@sas.upenn.edu (Jan Lange) writes:
> From: jla...@sas.upenn.edu (Jan Lange)
> Subject: Klip in die Bos
> Date: 15 Apr 1996 14:46:41 +0200
> Modertaal Onderwys.
......
> My mening? Ek meen dat moedertaal onderrig 'n vermorsing van skaars
> hulpbronne is. Geld uit algemene belastingbronne behoort nie daarop
> gespandeer te word nie. 'n Moedertaal is nie iets wat jou ontneem word
> bloot omdat dit nie in die skool of op TV aan gebied word nie. Wat
> belangrik is , is dat jy nie die geleentheid ontneem word om dit as 'n
> keusevak op hoerskool te neem nie.
Beste Jan
Jou klip het my in die bos getref.
Jy meen dat moedertaal onderrig 'n vermorsing van skaars hulpbronne is. In
jou betoog doen jy veral twee dinge:
* Jy haal gevalle aan om te wys dat moedertaal onderrig in iets anders as
Engels (in plekke waar Engels die lingua franca is) meestal gedoem is.
* Jy haal ook gevalle aan om te wys dat onderrig in die taal Engels, selfs
al is dit nie die moedertaal nie, hoogs suksesvol is.
Ek verwys nie graag na mense as 'n hulpbron nie, maar wanneer die belange
van mense geweeg word teen materi"ele hulpbronne, moet ek dit doen. Die
belangrikste hulbron van mense is mense, nie as slawe nie, maar as vrye
mense wat elkeen denkend sy eie toekoms skep. Hierdie voorafgaande sin
definieer vir my die onderwyssisteem se taak.
Uit alle vorme van lewe is die mens die enigste wat 'gedoem' is om eers te
dink voordat hy skep. Ek skryf 'gedoem' want want dit is eintlik 'n unieke
voorreg wat selde begryp word. Net so selde word begryp wat leer is. Om te
leer is om denkend te skep. Met ander woorde, as 'n mens waan dat hy leer
terwyl hy nie skep nie of nie sy verstand inspan nie, leer hy eenvoudig nie.
Dit is waansin om anders te probeer leer as om denkend te skep.
Wat is die rol van enige taal (menslik en natuurlik)? Om omgang te verkry
tussen jou eie denke en die van ander mense. Gesien in die lig van die
vorige paragraaf is taal die belangrikste manier hoe mense kan deel in
mekaar se skeppings.
Die mens se moedertaal is die taal waarin die deelname aan menslike denke
die eerste keer ervaar word. Dit is deur sy moedertaal wat homo sapiens mens
word en nie dier bly nie. Die mens word tot die verste grense van sy
mensheid getref wanneer dit in sy moedertaal gedoen word. Die mens se denke
is die minste gebonde wanneer dit in sy moedertaal geskied. Meeste van die
meeste mense se skeppings ontluik vanuit die moedertaal denke. Om al hierdie
redes ervaar mense 'n diepe onrustigheid en teleurstelling wanneer hulle
moedertaal in onguns raak.
Enige onderrig wat nie rekening hou met die mensheid van homo sapiens nie,
is 'n vermorsing van skaars hulpbronne. Dit maak glad nie saak in watter
taal hierdie waansin geskied nie. Net so is dit waansinnig om te dink dat
die mens soos 'n spons is: slurp informasie op in watter taal ookal en
wanneer dit in die verstand kom, is dit kennis. Alhoewel kennis op
informasie teer wat van buite af kom, kom kennis self kom nie van buite
af nie, maar ontluik dit skeppend van binne. Die moedertaal, hoe gebrekkig
ookal, speel die hoofrol in die ontsluting van hierdie ontluikende kennis.
In teenstelling daarmee kan informasie in enige taal uitgedruk word, sommige
tale veel beter as andere. Hierin steek Afrikaans nie af nie.
Natuurlik kan 'n mens waansin in enige taal verkondig, self in 'n moedertaal.
'n Mens kan ook waansin oor enige onderwerp versprei, selfs moedertaal en
onderwys. Wat is waansin dan? Die mens beleef wel die verlede en hede, maar
leef vir die toekoms. Die mens moet sy toekoms skep. Dit is waansin om 'n
toekoms te skep waarin al hoe minder geskep kan word. Dit is waansin om 'n
mens se hulpbronne nie te benut nie of verlore te laar gaan. Dit is waansin
om nie jou moedertaal as jou vernaamste hulpbron te herken nie. Dit is
waansin om nie ook ander tale as vername hulpbronne te verken nie. 'n Mens
se mensheid begin wel by jou moedertaal, maar strek nie net tot daar waar
jou moedertaal eindig nie.
Ek stem dus nie met jou saam nie. As onderrig goed gedoen moet word, moet
dit opvoedend gedoen word. Opvoedende onderrig beskou die toekomstige welsyn
van sy leerders, klein en groot, as die belangrikste saak. Die belangrikste
hulpbron om hierdie welsyn mee te ontsluit, is die moedertaal. Word hierdie
waarhede belieg deur waansin, word alle ander hulpbronne skromeloos vermors.
Ons sien dit orals gebeur.
Alles van die beste
At
A M de Lange
Universiteit van Pretoria
|
|
|
|
Re: Klip in die Bos [boodskap #6291 is 'n antwoord op boodskap #6262] |
Thu, 18 April 1996 00:00   |
Leon Retief
Boodskappe: 28 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article jla...@sas.upenn.edu (Jan Lange) writes:
> From: jla...@sas.upenn.edu (Jan Lange)
> Subject: Klip in die Bos
> Date: 15 Apr 1996 14:46:41 +0200
> Modertaal Onderwys.
>
> n Klompie jare gelede het ons 'n jong dame ontmoet wat hierdie Afrikaner
> se hele siening oor moedertaal onderwys verander het. Haar ma was 'n
> Franse Kanadees, haar pa 'n Engelsprekende Amerikaanse Jood, en die gesin
> het vir die meeste van haar skooljare in Switserland gewoon, waar sy
> Duitse en Hebreuse skole bygewoon het. Ons het haar op 'n funksie ontmoet
> waar dit duidelik geword het dat sy Engels, Duits, Frans en Hebreus ewe
> maklik hanteer. Sy het aan my verduidelik dat sy nooit in 'n skool was
> waari n sy onderrig ontvang het in die tale wat sy met haar ouers praat
> nie.
> In die afgelope week was daar 'n berig in die Wall Street Journal waarin
> vertel word van die ondervinding van 'n skooldistrik in Bethlehem,
> Pennsylvania. Hulle plan was dat die groot persentasie Spaansprekende
> kinders vir hulle eerste 7 skooljare in Spa ans onderrig sal word. Daarna
> sal hulle saam met die Amerikaanse kinders in klasse opgeneem word. Na
> die eerste sewe jaar was 90% van die Spaanssprekende kinders nie
> skolasties gereed om die oorskakeling te maak nie. Twee jaar gelede het
> die skooldistr ik besluit op "total emersion"; Spaanse kinders onvang saam
> met die res van die eerste dag af onderrig slegs in Engels. Die kinders
> wat wil, kan in hulle agste skooljaar begin met Spaanse klasse. Toe die
> nuwe bedeling begin het, het net Spaanse ouers me t professionele
> kwalifikasies hulle vir die nuwe benadering uitgespreek. 'n Onlangse
> opname dui aan dat 66% Spaanse ouers nou meen dat die nuwe beleid die
> regte stap was!
> Die Pennsylvania Dutch kinders se skoolopleiding is nou reeds vir 100 jaar
> in Engels en raai wat? Hulle praat en skryf nog steeds Pennsylvania Dutch
> in Lancaster county; "tuisland" van florerende Pennsylvania Dutch.
> 'n Onlangse koerantverslag lys Kanada se sosiale probleme wat almal
> ontstaan het as gevolg van die "multi cultural" beleid wat die Tredaux
> regering in die 1970's begin het. Talle berigte dui ook daarop dat
> skoolonderrig na die honde gaan in Suid Kaliforn ia en Florida, waar die
> owerhede probeer om moedertaalonderrig te gee aan immigrantekinders
> afkomstig uit talle verskillende lande.
> My mening? Ek meen dat moedertaal onderrig 'n vermorsing van skaars
> hulpbronne is. Geld uit algemene belastingbronne behoort nie daarop
> gespandeer te word nie. 'n Moedertaal is nie iets wat jou ontneem word
> bloot omdat dit nie in die skool of op TV aan gebied word nie. Wat
> belangrik is , is dat jy nie die geleentheid ontneem word om dit as 'n
> keusevak op hoerskool te neem nie.
> In 'n tradisionele gesin kan 'n mens wel jou moedertaal verloor. Die
> volgende waarneming is waarskynlik universeel geldig. Ek sien in die VSA
> baie patetiese gevalle waar Afrikaner ouers dink hulle help hulle kinders
> deur by die huis Engels met hulle te praat. Dit neem nie lank voordat
> sulke kinders in Amerika hulle vermoe om Afrikaans te praat en verstaan
> verloor nie. Praat Afrikaans met jou kinders en hulle word tweetalig
> groot in Amerika. Praat Engels met jou kinders en hulle word eentalig
> groot. Geen hulp uit die Skatkis is nodig om die uitslag te bepaal nie;
> net die optrede van die ouers.
> Pres. Mugabe van Zimbabwe, se regering het na my mening die intelegente
> stap geneem. Engels is die offisiele taal en dit is wat in die skole
> aangebied word. Regeringsdokumente word nie ten duurste in 'n
> magdermenigde tale vertaal nie. Oor die langer te rmyn sal die
> wisselkoerse van die geldeenhede van SA. en Zim aandui watter land se
> regering benut natuurlike hulpbronne en die energie van landsburgers die
> beste. Op die oomblik beindruk Suid Afrika glad nie.
Ek sou graag wou weet of Jan slegs tydelik in die buiteland is - in
daardie geval dink ek behoort ons kennis te neem van sy standpunt, al stem ons
dalk nie daarmee saam nie. As hy egter 'n permanente uitgewekene is verdien
sy opinies oor Afrikaans nie eers 'n antwoord nie.
Leon Retief, Bellville
|
|
|
|
|
Re: Klip in die Bos [boodskap #6350 is 'n antwoord op boodskap #6262] |
Sun, 28 April 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Slaine <ds7...@humus.ucc.hull.ac.uk> wrote:
<<<>Op die andere kant se ek hier dat om iemand te negeer vanwee hulle
> geografiese positie, d.w.s. oorsees oor binne die republiek is totaal
> kak, wat het jy vir 'n brein of het iemand vanoggend in jou koffie
> gepoep! >>>
huh?????
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 08:33:45 UTC 2025
|