Profete en Profyte [boodskap #86960] |
So., 09 November 2003 18:02  |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Frikkie sê:
> Siener van Rensburg was weer in die nuus sedert 1992. Hy was 'n
> moderne profeet wat aan die begin van die vorige eeu geleef het Spencer reageer êrens langs die pad sò:
> Toemaar, ek dink ook dis 'n bogstorie. Maar mense glo dit regtig en rig
> hulle lewens daarvolgens in.
en heelwat meer dinge is gesê waaronder die loutere kaf is.
Vir my bly dit ironies dat mense kan sê dat die tannie onder
in die laaste huis in hulle straat het in die teeblare gesien dat...
en Siener van Rensburg het 'n eeu gelede gesê...
ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al gesê...!
Selfs Kahlil Gibran word dit nie gespaar nie.
Maar hoe gereeld hoor jy dat Josua, Samuel, Jeremia, Esegiël of enig
ander van die groot profete van twee en selfs drie duisend jaar gelede
gesê het dat... ?
Wat sou die rede hiervoor wees? Indien dit slegs Siener van Rensburg
was wat die kollig gesteel het, sou ons kon redeneer dat hy spesifiek
van ons land se toekoms gepraat het. Maar waarom wil mense graag
dat die res in die gehoor weet dat jy David Hume se ' An Enquiry
Concerning Human Understanding' gelees het en dat John Stuart Mill se
lewensverhaal in jou boekrak is. Dat die Duitse Jood, Spinoza die
volgende op die lys is en dat jy weet wie Immanuel Kant is.
Tog hoor jy nie so gereeld aanhaling uit die monde van profete wat
eeue voor die (blykblaar meer populêre) 'profete' geprofeteer het nie.
Waarom sou dit wees?
I Think...
Therefore I Am
Rene Descartus
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87104 is 'n antwoord op boodskap #87086] |
Do., 13 November 2003 22:20  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:g5h5rv8lov91dfg6n57jlrsv2q254b6qs8@4ax.com...
>
> Ja, maar hy's iewers besig om Russies te leer.
>
Sit seker ook in parke rond. In 'n dik jas met 'n opgeslaande kraag en lees
die "Times".
Lorinda
|
|
|