Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ek het al elke koers gevat " deur KOOS DU PLESSIS
" Ek het al elke koers gevat " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #84350] |
Sun, 21 September 2003 14:33 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos du Plessis
Ek het al elke koers gevat
Ek het al elke koers gevat
die hoofweg en die kronkelpad,
gedrink en eet wat ek kon kry,
van duiwelsdrek tot wildevy,
hier gery en daar geloop,
soms getwyfel, soms gehoop;
veel bemin en veel gehaat,
van albei ewe min gebaat.
Toe sien ek oos word eindelik wes
en elke pad is soos die res
en alle water kom van bo;
dat duiwelsdrek en wildevy
in net dieselfde grond gedy
en waar die wildevye vrek
daar kwyn maar ook die duiwelsdrek
en of jy loop en of jy ry
die koers sal net dieselfde bly.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Thu Jan 02 11:49:55 UTC 2025
|