Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Haglike toestand van SA hospitale
Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81451] |
Wed, 30 July 2003 21:40  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81509 is 'n antwoord op boodskap #81490] |
Thu, 31 July 2003 12:13   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis waar - maar ten minste in 'n privaathospitaal is die vloere en mure
skoon, die pasiënte hoef nie hul eie kussings en komberse en koppies saam te
neem nie.
My oom is in Panorama by die harteenheid in hoësorg. Hy vra vir 'n radio, en
ons kry toe vir hom 'n walkman, sodat hy nie die ander pasiënte pla nie. Ons
gee die aand 7-uur die geskenk vir hom sodat hy die volgende dag kan rugby
luister - die volgende oggend om 7vm, toe is daardie walkman in stukke - 'n
verpleegster wou die ding werk terwyl my oom slaap, en toe sy nie regkom
nie, toe word dit gebreek.
Moenie dink dat koekie die walkman moes vervang of afgedank is nie.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f28e8c9$0$230@hades.is.co.za...
> My suster het in Febr. haar eerste baba by 'n privaat hospitaal gehad. Sy
> het 2-uur die oggend in kraam ingegaan. Toe sy by die hospitaal kom
> ondersoek die kraamsuster haar en hulle vind uit my suster is al 2 vingers
> ontsluit. Sonder dat 'n dokter haar gesien het sê die kraamsuster vir haar
> sy moet huis toe gaan en eers weer so 10-uur se kant terugkom, wanneer sy
> dan omtrent so 5 vingers ontsluit sal wees. Hulle het net eers gekyk of die
> babatjie te groot sal wees of niks nie. My suster was net by die huis toe
> breek haar water. 5-uur is sy terug hospitaal toe. By die hospitaal gekom
> sê dieselfde kraamsuster vir my ousus sy verbeel haar daar's nog baie tyd -
> sy moet maar teruggaan huis toe. Gelukkig het my suster kop gehou en 'n
> ander suster gevra om haar te ondersoek en daar vind hulle uit my suster is
> al 8 vingers ontsluit en reg om die baba te kry. Die dokter is laat kom, en
> daar sit die kleinding vas, en omdat hulle my suster nie behoorlik ondersoek
> het nie - was daar nie meer tyd vir 'n keiser nie. Al's in al's is die
> kleinding toe met 'n gesukkel daar uit en die dokter was glo erg ongelukkig
> met die hospitaal susters gewees. My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>
> E
>
> "Chris" wrote in message
> news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
>> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>>
>> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
>> moet haar kinders daar kry nie.
>>
>> www.pah.org.za
>>
>>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81519 is 'n antwoord op boodskap #81451] |
Thu, 31 July 2003 12:49   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja, maar daardie is tydelike vullis:))
In jou ma se tyd was daar nie 'n vakbond nie...
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f2911fc$0$230@hades.is.co.za...
> Dis ook nie altyd so skoon nie. My Oupa het verlede week sy been gebreek en
> het in 'n privaat hospitaal hier gelê. Sy kateder het oorgeloop, en my Oupa
> moes maar besoekers ontvang so met die pie op die vloer. Die skoonmakers
> was klaar weg en die verpleegsters gaan nie hulle hande vuil maak deur net
> 'n mop te gryp en gou skoon te maak nie. Dit was absoluut walglik gewees.
> My ma sê toe sy verpleeg het moes hulle alles self skoonmaak. Die matrone
> sou dan met 'n wit handskoen loop en selfs bo-op die kosyne vryf om te kyk
> of dit daar skoongemaak is - deesdae doen hulle dit nie meer nie, en
> verpleegsters maak nie meer skoon nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bgb2gc$mfn7t$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Dis waar - maar ten minste in 'n privaathospitaal is die vloere en mure
>> skoon, die pasiënte hoef nie hul eie kussings en komberse en koppies saam te
>> neem nie.
>>
>> My oom is in Panorama by die harteenheid in hoësorg. Hy vra vir 'n radio, en
>> ons kry toe vir hom 'n walkman, sodat hy nie die ander pasiënte pla nie. Ons
>> gee die aand 7-uur die geskenk vir hom sodat hy die volgende dag kan rugby
>> luister - die volgende oggend om 7vm, toe is daardie walkman in stukke - 'n
>> verpleegster wou die ding werk terwyl my oom slaap, en toe sy nie regkom
>> nie, toe word dit gebreek.
>> Moenie dink dat koekie die walkman moes vervang of afgedank is nie.
>>
>> Annette
>
|
|
|
|
|
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81526 is 'n antwoord op boodskap #81490] |
Thu, 31 July 2003 13:10   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In Namibië gaan 'n mens net nog na die staatshospitale toe net as jy nie
anders kan nie. Jy moet in elk geval jou eie beddegoed saamvat en as jy
nie wil vrek van die hitte nie, sommer 'n fên ook. Daar is so ietwat van
'n fatalistiese houding.....take it or leave it. Die kwaliteit is maar
so-so. Is jy gelukkig, leef jy!
"Elaine" skryf in boodskap news:3f28e8c9$0$230@hades.is.co.za...
> My suster het in Febr. haar eerste baba by 'n privaat hospitaal gehad. Sy
> het 2-uur die oggend in kraam ingegaan. Toe sy by die hospitaal kom
> ondersoek die kraamsuster haar en hulle vind uit my suster is al 2 vingers
> ontsluit. Sonder dat 'n dokter haar gesien het sê die kraamsuster vir haar
> sy moet huis toe gaan en eers weer so 10-uur se kant terugkom, wanneer sy
> dan omtrent so 5 vingers ontsluit sal wees. Hulle het net eers gekyk of die
> babatjie te groot sal wees of niks nie. My suster was net by die huis toe
> breek haar water. 5-uur is sy terug hospitaal toe. By die hospitaal gekom
> sê dieselfde kraamsuster vir my ousus sy verbeel haar daar's nog baie tyd -
> sy moet maar teruggaan huis toe. Gelukkig het my suster kop gehou en 'n
> ander suster gevra om haar te ondersoek en daar vind hulle uit my suster is
> al 8 vingers ontsluit en reg om die baba te kry. Die dokter is laat kom, en
> daar sit die kleinding vas, en omdat hulle my suster nie behoorlik ondersoek
> het nie - was daar nie meer tyd vir 'n keiser nie. Al's in al's is die
> kleinding toe met 'n gesukkel daar uit en die dokter was glo erg ongelukkig
> met die hospitaal susters gewees. My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>
> E
>
> "Chris" wrote in message
> news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
>> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>>
>> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
>> moet haar kinders daar kry nie.
>>
>> www.pah.org.za
>>
>>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81538 is 'n antwoord op boodskap #81465] |
Thu, 31 July 2003 13:31   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" wrote
> Ek weet nie hoe lank jy al hier op die ng lees nie, maar as jy teruggaan sal
> jy agterkom dat niemand vir Gloudina sal kan oortuig dat die toestande in
> die provinsiale hospitale haglik is nie. Vir haar is 'n hospitaal 'n
> hospitaal, privaat of te not.
Gloudina het natuurlik, anders as 'n hele klomp van julle,
ondervinding gehad van hoe agterlik en onderbefonds
die nie-blanke hospitale in SA was. Ek neem aan dat
daardie skeiding tussen wit en swart hospitale nou nie
meer bestaan nie, en dat staatshospitale en provinsiale
hospitale nou maar daardie hospitale is wat eers net
nie-blankes bedien het, of 'n amalgamasie van beide.
Vir julle klomp wat so oor die staatshospitale sit en
tjank, julle is net spoilt brats wat nie geweet het wat
in die wereld aangaan nie, en nou nog na julle private
hospitale gaan, maar op hierdie nuusgroep sit en
kweel oor " hoe sleg dit gaan in SA se hospitale."
Die waarheid is heelwaarskynlik dat die deursnee
nie-blanke persoon baie beter daaraan af is as tien
jaar gelede. As hy kan betaal, kan hy na 'n privaat
hospitaal gaan. As hy nie kan betaal nie, word
daar nie meer geld gemors op aparte wit en swart
hospitale nie, en kan mens aanneem dat die hospitale
algaande beter en beter gaan word. En die staat
betaal al klaar vir die sorg van verwagtende vroue
en babas. Vir almal. Die twee wit vrouens en die
ag swart vrouens uit elke tien vrouens in die straat.
Ek is moeg vir julle spoilt brats se getjank.
Tant Hessie van Waterval Boven
|
|
|
|
|
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81550 is 'n antwoord op boodskap #81536] |
Thu, 31 July 2003 14:33   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek verstaan nie hoekom dit eienaardig is nie, behalwe dat dit nie vreeslik
gesonde kos is nie. As jy siek is het jy tog voedsame kos nodig? Miskien
verstaan die mense nie dat hoe sieker jy is, hoe gesonder moet jou kos wees
nie? Of miskien kan hulle nie kook nie - soos ek, ek sal seker ook maar
take aways aandra.
E
"Annette" skryf in boodskap news:bgb6l9$mga6h$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Elaine - wat vir my eienaardig is, is dat ons borde tuisgemaakte gekookte
> kos na familie daar neem - en dan kry al die ander pasiënte wat daar is -
> gewoonlik deur die bank bruines en swartes, van hul families winkelkos -
> Spur, KFC, Nando's, Ocean Basket, ens.
> Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 09:02:29 UTC 2025
|