Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tuisblad
|
|
|
|
|
|
|
Re: Tuisblad [boodskap #15859 is 'n antwoord op boodskap #6131] |
Fri, 19 June 1998 00:00   |
Hannes Cilliers
Boodskappe: 16 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Op 17 Jun 1998 21:35:36 GMT skryf :
> "Arthur Hagen" writes:
>
>> Henri Burger heeft geschreven...
>>> Arthur Hagen heeft geschreven in bericht ...
>
>>>> Wat is naellope?
>>>
>>> "Sprints" op Engels. Wat sal dit in Nederlands wees?
>>
>> Wij kennen sprinten als heel snel een klein stukje heel hardlopen
>
>> Naellope, heeft dat woord iets met (teen-)nagels van doen? Omdat je bij
>> sprinten hoofdzakelijk op je tenen loopt?
>>
>> Ik dacht eerst namelijk dat het iets met spijkers (ook nagels) te maken had,
>> maar ik kon me er zo slecht iets bij voorstellen
>> Groeten,
>> Arthur
>
>
> Ek is so verbaas dat daar nie 'n Nederlandse
> ekwivalent vir "naelloper" is nie. Dit klink
> so Diets. En die woord "nael" vir "baie vinnig
> hardloop" (kan selfs met kaalvoete wees) is
> baie bekend in Afrikaans. Ek wonder waar dit
> vandaan kom.
> Daar is twee "naels" in Afrikaans. Die een
> kom van die Nederlandse "nagel" (Eng, nail.)
> Die ander "nael" kom van Ndl. "nawel" (navel.)
> Dus vingernaels en naelstring.
> Ek neem aan die een waarvan "naelloper" kom,
> is van "nagel." Maar ek dink nie dit is as gevolg
> van die feit dat moderne mense met spykerskoene
> hardloop wat spykers (cleats) onderaan het nie.
> Ek kan ook nie dink dat Arthur se suspisie (dat
> 'n naelloper op sy tone en dus sy naels hardloop)
> die regte verklaring is nie. Ek het nie 'n
> etimologiese woordeboek nie. Kan iemand dit vir
> ons naslaan?
Wel, wel, wel, daar skort niks met Hollanders se intuïsie nie, so
naastenby.
Uit Afrikaanse Etimologieë van Boshoff en Nienaber:
nael II: ww., "hardloop"; Ndl ken nagelen blb. alleen in bet.
"vaspen"(uit nagel II by WNT), terwyl Afr. ww. wsk. verb. hou m. die
nels aan dierekloue wat by d. hardloop i.d. grond geslaan word (uit
nagel I by WNT).
Groete
Hannes
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Tuisblad [boodskap #15902 is 'n antwoord op boodskap #6131] |
Wed, 24 June 1998 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 20 Jun 1998 23:45:17 -0600, "Henri Burger"
wrote:
> Daar was 'n versoek dat ek Hardekoolvuurstories op die blad moet plaas. Ek
> het een geplaas wat reeds hier verskyn het, maar my vraag is of ek moet
> voortgaan om nuwes hier te plaas?
>
> Wees maar geduldig met die aflaai van die foto's - miskien is dit die moeite
> werd!
>
> Groete
>
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (Nou op die Net by: http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html !)
>
>
> --
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
>
Henri,
Jy moet werklik geluk gewens word met daardie pragtige fotos! Ek is
baie jaloers - dalk moet jy ook 'n blad publiseer met wenke op oor hoe
om sulke mooi fotos op die net te kry!
Doe so voort!
Johan
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:30 UTC 2025
|