Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 5/5
Nuus 5/5 [boodskap #77292] |
Mon, 05 May 2003 08:06 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
1) Patricia Lewis, wulpse blonde sangeres is Saterdag getroud.
2) Louis van Dyk, musiekpromotor en bestuurder is deur 'n kinderoppaster van
mollestering aangekla. Daar is nou verskeie sangeresse wat erken dat hulle
nie sy ongevraagde attensies gaan verkla het nie, om hul loopbane te red.
Hy is tans verloof aan Sunette Bridges, en het op die oomblik slegs vir
Sunette, Patricia en Steve in sy stal ( al drie blondekoppe)
Hy het ook die Groot Vyf toer aangebied wat op 'n suur noot geëindig het.
3) Die weerburo kan weens te min fondse nie meer die nodige diens lewer om
akkurate weervoorspellings te lewer nie.
4) Op Stellenbosch is daar glo 'n ( Majuba)faksie wat gay, swart en Joodse
studente aanrand.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nuus 5/5 [boodskap #77363 is 'n antwoord op boodskap #77345] |
Tue, 06 May 2003 13:15 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
Hoor juis gisteraand dat Sutherland -7C gaan wees.
Is Sutherland, die geboorteplek
van NP van Wyk Louw en WEG Louw,
die hoogste dorp in SA?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Nuus 5/5 [boodskap #77371 is 'n antwoord op boodskap #77367] |
Tue, 06 May 2003 16:37 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Ek dreig om soheentoe te trek - lekker koel deur die ganse jaar.
Sutherland is in die Roggeveld en is sowat
1 456 meter bo seespieël, een van die hoog-
liggendste dorpe in SA en "die koudste plek
in die land," volgens die J.C. Steyn
biografie van NP van Wyk Louw. Die gemiddelde
wintertemperatuur is - 6.1 Celsius en dit ryp
nog dikwels met Kersfees, en 'n Roggeveldse
boer het eenkeer aan die historikus P.J. van
der Merwe vertel dat een Nuwejaar tagtig bokke
van hom doodgesneeu het. In een winter het 'n
wagter en 500 stuks vee van 'n boer doodgevries.
Ek weet nie of ek dit daar in die winter sal kan
kan uithou sonder sentrale verhitting nie. My
geliefkoosde temperatuur hier in Ottawa is omtrent
-10 C in die winter. Dan is daar geen gevaar van
ys op die paaie wanneer die sneeu op die paaie
smelt en dan in die nag weer vries nie - 'n toestand
wat "black ice" genoem word, en die oorsaak is van
die meeste winterongelukke hier in Noord-Amerika.
Ek neem aan hulle ken swart ys ook in Sutherland.
Gloudina
|
|
|
Re: Nuus 5/5 [boodskap #77372 is 'n antwoord op boodskap #77367] |
Tue, 06 May 2003 16:42 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> NP se mense moes boere gewees het - daar is seker niks anders om daar te
> doen nie
Nee, sy pa was 'n prokureur. Sy naam was
Bismarck von Moltke Louw. Hy het aan die
South African College (voorloper van die
Universiteit van Kaapstad) gestudeer.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Nuus 5/5 [boodskap #77417 is 'n antwoord op boodskap #77363] |
Tue, 06 May 2003 21:07 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja Gloudina - daardie plek waar mens die sterre so mooi kan sien. Dit mag
miskien die hoogste dorp in SA wees, maar dis nie die plek met die hoogste
spoorwegstasie nie.
Annette
skryf in boodskap news:3EB7B5A6.7030703@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
> Hoor juis gisteraand dat Sutherland -7C gaan wees.
>
> Is Sutherland, die geboorteplek
> van NP van Wyk Louw en WEG Louw,
> die hoogste dorp in SA?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Wed Jan 01 07:08:37 UTC 2025
|