Troue [boodskap #76623] |
Thu, 24 April 2003 19:03 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag, ek het al weer raad nodig. My suster trou vlge jaar Maart, maar sy wil
nie 'n kerk troue hê nie. Sy wil die hele trourok storie doen, maar sy wil
glad nie deur 'n predikant getrou word nie. Die voorstel om Woensdag in die
magistraat te trou en dan Sat. 'n paartie met trourok en al te doen, wil sy
ook nie. Alles moet op een dag gebeur. Hoe gaan ons die storietjie gereël
kry en wie gaat hulle trou? Doen die landdros "buite" troues of moet dit in
die hof wees? Enige idees sal welkom wees. In Sasolburg moet jy nog op 'n
vaste fondasie trou om dit wettig te doen, maw daar moet 'n dak en minstens
'n slab sement wees. Idees is welkom.
En nog 'n ding. Mag 'n mens kosmos sommer so langs die pad pluk (sy wil
kosmos hê) of sal ons toegesluit word as ons gevang word? Ek dink ons sal
maar die aand voor die troue, hier by middernag, afsit vaaldam se kant toe,
daar staan die kosmos altyd welig!
Groete
Elaine
|
|
|
Re: Troue [boodskap #76641 is 'n antwoord op boodskap #76623] |
Fri, 25 April 2003 04:52 |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 24 Apr 2003 21:03:49 +0200, "Elaine" wrote:
> Ag, ek het al weer raad nodig. My suster trou vlge jaar Maart, maar sy wil
> nie 'n kerk troue hê nie.
>
> Hoe gaan ons die storietjie gereël
> kry en wie gaat hulle trou?
> .m dit wettig te doen, maw daar moet 'n dak en minstens
> 'n slab sement wees. Idees is welkom.
>
> En nog 'n ding. Mag 'n mens kosmos sommer so langs die pad pluk (sy wil
> kosmos hê) of sal ons toegesluit word as ons gevang word? Ek dink ons sal
> maar die aand voor die troue, hier by middernag, afsit vaaldam se kant toe,
> daar staan die kosmos altyd welig!
>
> Groete
> Elaine
>
'n Persoonlike vriend is 'n predikant in Vereeniging Elaine,
en ek kon jou sy naam gee, as jy nie gesê het dat dit nie
'n kerktroue moet wees nie.
Kosmos is steeds as onkruid verklaar in die land.
(Ek het op ander plekke ook al lieflike onkruid
gesien, maar sò mooi?)
Jy kan dus onkruid helder oordag pluk want dit is
nie beskermd nie.
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Troue [boodskap #120188 is 'n antwoord op boodskap #76623] |
Fri, 25 July 2014 08:01 |
marietjie....
Boodskappe: 1 Geregistreer: July 2014
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Daar is persone wat geregistreer is om troues te doen en wat nie predikante is nie. Jy kan hulle kontak op die trou webwerwe
|
|
|