Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ryp
Ryp [boodskap #72033] Do, 16 Januarie 2003 08:23 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet nie hoeveel mense hier lees Marie Claire nie.
In die Februarie 2003 uitgawe is daar 'n artikel ivm die
Teddiebeerkliniekprojek.
In die artikel word beweer dat kinders wat verkrag en mishandel word van
oral kom - nie net van die arm gebiede nie.
Die meeste van die kinders wat by die kliniek gehelp word is meisies- vanaf
kleuter tot 18 - en 80% van hulle mishandeling het gekom van iemand wat
hulle ken - vader, manlike familielid of onderwyser.
Verlede jaar was 33% van die oortreders jeugdiges - sommige so jonk as 5
jaar.
Die volgende feite word gestel:
1) Daar is geen statistiek beskikbaar ivm kindermishandeling en verkragting
nie, aangesien baie gevalle nooit aangemeld word nie ( dit is nou bo en
behalwe die amper 19281 gevalle van onsedelike aanranding op kinders 17 jaar
en jonger wat wel aangemeld is in die tydperk Januarie - September 2001)
2) Van hierdie aangemelde gevalle , was 15680 verkragtings.
3) Studies toon dat 1 uit 4 meisies en 1 uit 5 seuns onsedelik aangerand
word voordat hulle 18 is.
4) Die kinderverkragters word al jonger.
Televisie, groepsdruk en 'n geweldadige seksuele omgewing laat hierdie
kinders dink dat om sterk te wees en "gerespekteer" te word, is dit nodig om
so op te tree
Die kliniek het nou 'n projek in werking gestel om die jong kinders te help
en in te lig voordat hulle ernstige misdadigers word op 'n jeugdige
ouderdom.

Die kliniek word nie deur die staat befonds nie, en bo en behalwe finansiële
donasies, het hulle ook die volgende nodig:
rekenaars, skakelbord, selfone, kopieerder en fotokopiepapier,
skryfbehoeftes, verwarmers, matte, verf, koppies en bekers, kinderklere,
teddiebere, inkleurboeke, kryt en lekkers.
Hulp met elektriese herstelwerk word ook gevra.
Skakel die Teddiebeerkliniek by 011- 481 5118 as jy kan help.

Annette
Re: Ryp [boodskap #72037 is 'n antwoord op boodskap #72033] Do, 16 Januarie 2003 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
So ek kan iets soos 'n rekenaar aan hulle gee? Dit HOEF nie kontant te wees
nie?
Verlede jaar wou ons die kinderbeskermingsdiens uithelp met donasies, maar
hulle mag geen donasies aanvaar nie, net skenkings soos fisiese rekenaars
poppe en dies meer. Die vroutjie daar het vir ons gesê dat die poppe wat
gebruik word om kinders te help om te "wys" wat met hulle gebeur het R1000
per stel kos - antomies korrek jy sien. Sy't ook vir ons gesê dat hulle
gereeld sake verloor omdat hulle nie swart poppies het nie, en die
verkragter se prokureur sal dit dan gebruik as verweer. Die advokate sal
glo beweer dat 'n swart kind nie kan verstaan met wit poppies nie, en dan
nie mooi kan wys wat gebeur het nie. Volgens haar werk dit soos 'n bom om
verkragters los te kry. Ongelukkig het ons kontak met hulle doodgeloop,
juis omdat daar sooooo baie red tape was om jou pad deur te breek.

Elaine

"Annette" wrote:
>
> Die kliniek word nie deur die staat befonds nie, en bo en behalwe finansiële
> donasies, het hulle ook die volgende nodig:
> rekenaars, skakelbord, selfone, kopieerder en fotokopiepapier,
> skryfbehoeftes, verwarmers, matte, verf, koppies en bekers, kinderklere,
> teddiebere, inkleurboeke, kryt en lekkers.
> Hulp met elektriese herstelwerk word ook gevra.
> Skakel die Teddiebeerkliniek by 011- 481 5118 as jy kan help.
>
> Annette
>
Re: Ryp [boodskap #72048 is 'n antwoord op boodskap #72033] Do, 16 Januarie 2003 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 16 Jan 2003 10:23:23 +0200, "Annette"
served the following to the group:

ryp? ek het gedink dis `n bietjie vroeg in die jaar daarvoor.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Ryp [boodskap #72052 is 'n antwoord op boodskap #72048] Do, 16 Januarie 2003 11:30 Na vorige boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ryp gedruk, vroeg vrot.

TJ
Vorige onderwerp: ID bestuurslisensie
Volgende onderwerp: Sutherland - akkommodasie gesoek...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:31:25 MGT 2024