Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Pa's en Ma's
Re: Pa's en Ma's [boodskap #69169] Thu, 21 November 2002 22:13 na volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Nov 2002 02:56:35 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek het nie vroeër tyd gehad om jou beter te antwoord nie.
>
> Ek het nie gesê dat 'n ma minder sterk is nie! Ek het ook nie gesê by
> "kinders" nie. Ek het spesifiek van seuns gepraat. Moenie my woorde
> verdraai nie.

Ek het nie jou woorde verdraai nie, ek het vrae gevra.
Dit lyk asof jy sekere aannames maak - onder meer dat verkragters uit
huise kom waar die pa geweld teen die ma beoefen het. Dis dalk waar,
maar ek sal nie verbaas wees as dit nie waar is nie.
Jy fokus ook baie sterk op die verhouding tussen pa en seun in terme
van die ontwikkeling van die seun en spesifiek in terme van geweld.
Sekerlik is daar ook die kwessie van hoe die seun vrouens/die ma sien!
'n Ma het tog sekerlik 'n inset in hoe haar seun haar respekteer - en
van daar af vrouens.
Jy praat van opgeneukte huise waar seuns geweld leer. Leer die meisies
nie ook daar van hulle ma's om sulke dinge toe te laat nie?
In die man en die vrou in sulke huise nie ewe "skuldig" nie? En
beteken dit - as dit waar is - dan nie dat die man en die vrou ewe
veel "skuld" het aan die kinders wat hulle grootmaak nie?

Oor seuns wat sonder pa's grootword - dis nie so erg nie, hoor. Ek ken
'n paar.
Re: Pa's en Ma's [boodskap #69178 is 'n antwoord op boodskap #69169] Fri, 22 November 2002 01:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Nov 2002 11:12:55 +0200, "Elaine" wrote:

Ek het al gelees dis beter om
> sonder 'n pa groot te word, as met 'n pa wat onbetrokke en mishandelend is.
> Of dit waar is sal ek nie weet nie.

Klink vir my waar.
Re: Pa's en Ma's [boodskap #69197 is 'n antwoord op boodskap #69169] Fri, 22 November 2002 09:12 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote in:
>
> Ek het nie jou woorde verdraai nie, ek het vrae gevra.
> Dit lyk asof jy sekere aannames maak - onder meer dat verkragters uit
> huise kom waar die pa geweld teen die ma beoefen het. Dis dalk waar,
> maar ek sal nie verbaas wees as dit nie waar is nie.
Nee jy kry geweldadenaars wat dit nie by 'n pa leer nie. Ongelukkig word
kinders ook beinvloed deur vriende en ander omstandighede. Ek het maar net
genoem dat dit alreeds bewys is, en ek het nie spesifiek na verkragters
verwys nie, maar alle geweld teenoor vrouens.

> Jy fokus ook baie sterk op die verhouding tussen pa en seun in terme
> van die ontwikkeling van die seun en spesifiek in terme van geweld.
> Sekerlik is daar ook die kwessie van hoe die seun vrouens/die ma sien!
> 'n Ma het tog sekerlik 'n inset in hoe haar seun haar respekteer - en
> van daar af vrouens.
Ja - in 'n normale huis. In 'n huis waar die ma uitgemaak word as 'n
swakkeling, en as iemand wat nie gerespekteer hoef te word nie, sal 'n seun
aanvaar dis hoe 'n man met 'n vrou werk. Ek het mos gesien hoe my pa my ma
hanteer, en het geleer 'n man lig nie sy hande vir 'n vrou nie. My man kom
weer uit 'n huis waar die vrou by die huis sit, en die pa sorg vir die
familie. Sy pa se idee van 'n goeie werk vir 'n vrou is 'n ontvangsdame.
Hy't grootgeword met die idee in sy kop dat 'n vrou nie werk nie. Dit het
jare se oortuiging van my kant af gevat om my man te wys dat dit nie
noodwendig so werk nie. Nou geniet hy dit dat ek ook werk.

> Jy praat van opgeneukte huise waar seuns geweld leer. Leer die meisies
> nie ook daar van hulle ma's om sulke dinge toe te laat nie?
Ek het mos gesê dat meisies wat groot word in so huis, geneig is om met
dieselfde soort man te trou, juis omdat hulle dit by hulle ma's leer.

> In die man en die vrou in sulke huise nie ewe "skuldig" nie? En
> beteken dit - as dit waar is - dan nie dat die man en die vrou ewe
> veel "skuld" het aan die kinders wat hulle grootmaak nie?
Hang af. Ek sien deesdae gereeld hoe ma's en pa's hulle kinders eweveel
mishandel. Maar 'n vrou wat mishandel word deur haar man het 'n slegte
selfbeeld en begin na 'n ruk glo dat sy niks werd is nie, nie sonder die man
klaar kom wat haar aanrand nie ens. Sy kan na 'n ruk inderdaad nie wegkom
nie. Party vrouens glo na 'n ruk hulle verdien om geslaan te word, bv. as
hulle hul man se kos verbrand het.
My suster se eks se pa het sy eie ma gereeld aangerand. Elke keer as sy na
haar pa toe gegaan het en gevra het hy moet help, het haar pa vir haar gesê
sy moet teruggaan na haar man toe. Sy het nie gewerk nie, en kon nie ander
werk kry nie. Haar ouers was haar enigste uitkoms, maar haar pa het geweier
om haar in te vat en haar bly vertel sy moet harder werk aan die verhouding.
Haar pa kon haar dood beteken het. Die tannie is uiteindelik "gered" deur
haar pa toe haar pa sien hoe haar man haar slaan terwyl sy in 'n koma is.
My suster se eks is totaal deurmekaar, en het een of twee keer sy hande vir
my suster gelig toe hy nie sy sin gekry het nie. Gelukkig laat my pa nie
toe dat 'n man sy dogter sielkundig of fisies mishandel nie.

> Oor seuns wat sonder pa's grootword - dis nie so erg nie, hoor. Ek ken
> 'n paar.
Is dalk so, ek ken ook 'n paar. Maar dan hang dit weer af van hoe groot rol
die ma speel in die seun se lewe. As sy soos my vriendin is, en vir hom 'n
vaderfiguur soek, raak die kind verward. Ek het al gelees dis beter om
sonder 'n pa groot te word, as met 'n pa wat onbetrokke en mishandelend is.
Of dit waar is sal ek nie weet nie.

Groete
Elaine
Vorige onderwerp: Wat kan die regering doen om armoede te verlig?
Volgende onderwerp: Canyoubelieveït...!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 18 08:00:07 UTC 2025