Tuis » Lekker » Musiek & liriek » " Nokturne " deur KOOS DU PLESSIS
" Nokturne " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61658] |
Tue, 07 May 2002 13:44 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Nokturne
Koos du Plessis
Weet en hoop maak nie meer saak nie;
almal slaap reeds; niemand waak nie -
net die nagwind en die reën,
En die nagwind sê volkome:
elkeen droom sy volste drome -
en bly alleen.
En die vrese wieg soos bome
in die nagwind en die reën.
Niemand wil 'n tyd verwyl nie;
niemand lag nie; niemand huil nie -
net die nagwind en die reën.
En die nagwind bring dié wete :
môre is jy reeds vergete -
en dis verby.
Sonder oorsprong, sin of rede
is reën en nagwind al wat bly.
Almal slaap reeds; niemand waak nie.
Niks kan een nog roer of raak nie -
net die nagwind en die reën.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Feb 20 14:03:11 UTC 2025
|