Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Vuurwapens
Vuurwapens [boodskap #61297] |
Tue, 30 April 2002 09:14  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat is die gevoel hier aangaande vuurwapens en
-wapenlisensies?
Blykbaar het die kind wat in Duitsland daar in die skool losgebrand het, wel
lisensies gehad vir die vuurwapens wat hy gebruik het.
Annette
|
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #61304 is 'n antwoord op boodskap #61301] |
Tue, 30 April 2002 11:32   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek stem saam met jou Skippie - ek het 'n pistool geërf
toe pa dood is, maar wil die ding eintlik net hou vir sentimentele redes.
Geen idee waar die patrone is nie.
Nou sit ek met 'n vuurwapenlisensie omdat ek moet, en die ding is by my
broer in sy kluis- 20km van hier.
Ek hoop net nie iemand steel my goed en sien die lisensie en kom tik my dik
tot pulp om daardie pistool in die hande te kry nie.
Selfs toe ons nog in die ander huis was, sou die rower wat my pistool wou hê
dit vinniger in die hande kon kry as ek, want daardie kluis se sleutels was
kort-kort permanent weg.
Die hele vuurwapenlisensiebesigheid is vir my bietjie kokaaid. Watter
regdenkende mens sal in elk geval 'n vuurwapen wat in sy naam geregistreer
is iemand mee gaan beroof of vermoor?
Wanneer iemand se wapen gesteel word, word die persoon soos 'n boef behandel
as hulle die diefstal rapporteer .
Soms werk dit om 'n wapen op 'n aanvaller te rig om hom af te skrik - maar
omdat ons nie summier sal skiet nie, en die rower wel - gebeur dit meer
dikwels dat die persoon wat 'n wapen rig ter beskerming, met daardie wapen
vermoor word.
Miskien moet iets nuuts ontwerp word, sodat 'n vuurwapen net gebruik kan
word as die handpalm van die lisensiehouer op die kolf geïdentifiseer word ,
en dat geen persoon wat nog 'n skolier is , of iemand wat ongebalaseerde
gedrag openbaar , nooit 'n lisensie mag bekom nie.
Annette
Threeships Mcduck skryf in boodskap news:blsscug0aarp238fm4csfdq8nbd51pir1d@4ax.com...
> On Tue, 30 Apr 2002 11:14:18 +0200, "Annette"
> served the following to the group:
>
>> Wat is die gevoel hier aangaande vuurwapens en
>> -wapenlisensies?
>> Blykbaar het die kind wat in Duitsland daar in die skool losgebrand het, wel
>> lisensies gehad vir die vuurwapens wat hy gebruik het.
>> Annette
>>
>
> soos alles in die lewe is daar seker positiewe en negatiewe punte.
> alhoewel ek nie een het nie is dit amper al `n noodsaaklikheid maar
> omdat jy dit so ver moet wegsluit om te keer dat dit nie of gesteel
> word of in die kinders se hande beland nie dat dit in `n noodgeval
> heeltemal nutteloos is, of kan wees. wat is die mees gevaarlikste,
> gelisensieerde of ongelisensieerde wapens? in my opinie is albei
> dieselfde. die ongelisensieerde wapens wat eens op `n tyd `n ander ou
> se gelisensieerde wapen wat gesteel en op die swartmark beland. keer
> die feit dat jy `n wapen moet lisensieer misdaad? miskien tot `n
> sekere mate. gaan strenger standaarde vir lisensie aansoeke help om
> die probleem op te los. ek glo nie, daar gaan net meer en makliker
> wapens op die swartmark wees.
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
|
|
|
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #61327 is 'n antwoord op boodskap #61326] |
Tue, 30 April 2002 20:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Voetleuce wrote:
> Moet nooit 'n vuurwapen op iemand rig as jy nie ten volle van plan is om te
> skiet nie.
En hoe gaan dit deesdae met die baba? Skryf in
besonderhede hoe cute.
En kyk tog eendag, as jou kind so opgeskote is,
watter wapens daar in die hande van maters is.
Een van ons kinders is deur 'n bee-bee gun in
die mond geskiet, alhoewel dit onwettig in die
dorp was om een te besit. Die kind met die
geweertjie was nie eens 'n speelmaat nie, maar
net 'n groterige seuntjie wat naby ons ingetrek
het en wat die geweer vir Kersfees van sy pa
persent gekry het. Hy hardloop toe agter die ander
kinders aan, en uiteindelik los hy 'n skoot. Ongelukkig
kyk ons seun agtertoe, en maak sy mond oop terselfdertyd
en die koeëltjie gaan in. Toe hy in die huis inkom, toe
stroom die bloed uit sy mond. Ek bel die hospitaal en
sê ons bring hom in. So vinnig het ek nog nie 'n hospitaal
sien reageer nie. Die dokter staan reg by die deur en hulle
neem hom dadelik in. Gelukkig het die koeël blykbaar net
sagte vlees in sy mond beskadig, vandaar die bloed.
Toe ek die pa vra hoekom hy sy kind 'n onwettige
geweer gegee het, toe sê hy die kind wou tog so graag een
hê en hy het nie die hart om nee te sê nie. (Die ouers
was geskei en die kind was tydelik onder sy pa se sorg.)
Ek dink nie mens behoort enige speelding wat iets
met fors uitskiet , in 'n kind se hand te plaas nie. Nie
waterguns nie. Niks. Gee hom dinge wat sy aandag en sy
verbeelding op die spel bring. Van die begin af.
Gloudina
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #61329 is 'n antwoord op boodskap #61301] |
Tue, 30 April 2002 21:20   |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:blsscug0aarp238fm4csfdq8nbd51pir1d@4ax.com...
> die ongelisensieerde wapens wat eens op `n tyd `n ander ou
> se gelisensieerde wapen wat gesteel en op die swartmark beland.
Ou Skippie, ongelukkig is dit nie heeltemal waar nie. Feit is dat 'n
konstante stroom van die onwettige metale vanuit Mosambiek en Zimbabwe
(ge)kom (het) in die vorm van AK's en ander ex-Oosblok hardeware. In 1992
kon jy 'n AK naby Komatiepoort gekry het vir 'n 25kg sak mieliemeel. In die
selfde tydperk het die praktyk in die PWV ontstaan waar jy 'n AK vir 'n dag
kon huur - ek kan nie onthou wat die 'day rate' was nie maar dit was minder
as R100.00 per dag. En ek kan ook nie meer die statistiek onthou nie, (en is
ook nie seker hoe dit met die tyd sou aanpas nie), maar ex-gelisensieerde
wapens was toe by verre die Aspoestertjie van die onwettige wapenmark.
Die SAW het ook heelwat wapens verloor as gevolg van diefstal en soms
nalatigheid.
Ek dink dat die gebeure in Duitsland, (soos al die ander voorvalle van
hierdie aard), 'n geweldige tragedie is.
Ek dink ook dat dit nog 'n groter tragedie sal wees as die Duitse regering
sekere tekortkominge in hulle sosiale program vinnig sal wil toesmeer met
ondeurdagte wetgewing (soos dit hier in Engeland gebeur het na die Dunblaine
insident). Hoewel Engeland nog nie weer 'n soortgelyke vuurwapen insident
gehad het nie, wend diegene wat tot hierdie tipe gedrag neig, hul nou tot
Samurai swaarde. Die resultate is net so bloedig soos Dunblaine. So dan
plaas ons nou maar 'n verbod op swaarde - en die kranksinniges (en
'zeleots') vind iets anders. Dink maar aan 11 September 2001 -
'box-cutters' - waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. Niks verander nie,
behalwe dat nog 'n klomp goed onwettig is. Op die ou einde eet ons nog met
ons hande en die malles kou ons dood met hulle kaal tande. En dit alles
omdat dit te veel moeite vir die betrokke amptenarye is om dit te doen
waarvoor hulle betaal word.
Q
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #61330 is 'n antwoord op boodskap #61327] |
Tue, 30 April 2002 22:44   |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3CCEFB0B.1020904@rogers.com...
> Ongelukkig
> kyk ons seun agtertoe, en maak sy mond oop terselfdertyd
> en die koeëltjie gaan in. Toe hy in die huis inkom, toe
> stroom die bloed uit sy mond.
> Toe ek die pa vra hoekom hy sy kind 'n onwettige
> geweer gegee het, toe sê hy die kind wou tog so graag een
> hê en hy het nie die hart om nee te sê nie. (Die ouers
> was geskei en die kind was tydelik onder sy pa se sorg.)
> Ek dink nie mens behoort enige speelding wat iets
> met fors uitskiet , in 'n kind se hand te plaas nie. Nie
> waterguns nie. Niks. Gee hom dinge wat sy aandag en sy
> verbeelding op die spel bring. Van die begin af.
>
> Gloudina
>
Gloudina,
Ek is werklik bly dat die insident, tragies soos wat dit reeds is, ten
minste sonder lewensverlies afgesluit is. Ek dink dat so 'n insident enige
persoon se grootste nagmerrie verpersoonlik. Ek het dit soveel keer in my
lewe al deurgemaak... die troepe kom uit die veld uit, maak wapens buite die
basis veilig en die volgende oomblik klap 'n skoot - ons het dit 'AD' genoem
(accidental discharge). En deur die jare het ek selfs geleer onderskei
tussen die klank wat 'n 'AD' maak wat skadeloos die lug in is, en die wat
nie. Dis hierdie tweede klank wat jou daai siek hol kol op jou maag gee
terwyl jy na die insident toe hardloop.
Die pa se regverdiging sluit aan by wat ek elders gestel het... wetgewing is
nie die antwoord nie. Die juridiese proses sal bes moontlik nou intree en
'after the fact' poog om normaliteit te herstel, maar dit verander nie die
feit dat die oomblik wat die pa vir sy seun 'n wapen gekoop het as gevolg
van sy skuldgevoelens, was daai wet nie die papier waarop hy geskryf is werd
nie. Die pa is nie alleenlik skuldig omdat hy die wet gebreek het nie, maar
ook omdat hy sosiaal onverantwoordelik opgetree het. 'n Lekker 'quick fix'
sodat sy seun moet dink hy is 'n goeie pa - en kom ons ignoreer maar vir 'n
oomblik al die moontlike gevolge, want wat kan dan nou verkeerd gaan.
Verdermeer wens ek dat jou voorgestelde oplossing uitvoerbaar was - dit sou
dinge veel makliker gemaak het - maar ongelukkig kan ek en jy nou maar
eenmaal nie met Hollywood en ander geweldsverheerlikingsprosesse kompeteer
nie. Geweld verkoop - dit is die mensdom se natuur om homself te vernietig.
'n Alternatief is moontlik om Hollywood se geweldsverheerliking te
ontmasker. So kan ek byvoorbeeld, sodra my dogtertjie oud genoeg is (en ek
sal weet wanneer die tyd ryp is - dis wanneer sy gaan begin voorkeur gee aan
geweld), haar leer skiet. Behoorlik... soos ek geleer is. Dit sal beteken
dat, lank voordat sy die eerste keer 'n sneller gaan druk, sy gedril sal
word op verantwoordelikheid, veiligheid, wapenonderhoud, verskillende
vuurhoudings, ens. Ek kan haar daai vuurwapen laat dra oor veld en stroom
totdat dit vir haar voel asof haar skouers afval, ek kan haar dril totdat sy
die wapen met haar oe toe kan hanteer. En dan, wanneer sy die die vuurwapen
bemeester het op alle vlakke - spesifiek veiligheid wat 'n absolute tweede
natuur moet raak, kan ek haar na 'n misdaadmuseum toe neem - een van daai
met al die 'gory' fotos van skietwonde. En daarna kan ek haar die eerste
keer laat skiet.
Wanneer jy die bogenoemde lees, sal jy vergewe word as jy my nie vir die
'Vader van die Jaar' kompetisie wil inskryf nie (en dan ook sal al die
opleiding haar niks help as die klein donnertjie waarmee sy speel nie die
wapenopleiding ook gekry het nie - soos die geval wat jy beskryf het), maar
tog ek het my klein dogterjie ontsettend lief. Bes moontlik te lief om na 'n
hospitaal te jaag terwyl sy met haar bebloede kop op my vrou se skoot le...
ek kan na jou pos nie daardie beeld uit my geestesoog kry nie.
Hoop jou seun herstel gou.
Q
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #61331 is 'n antwoord op boodskap #61330] |
Wed, 01 May 2002 00:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Q wrote:
> Hoop jou seun herstel gou.
My seun was vier of vyf jaar oud toe dit
gebeur het. Nou is hy al pa van twee
kindertjies.
Ek dink die insident was meer traumaties
vir die agjarige seun wat die geweer geskiet
het. Hy het die hele dag weggekruip. Sy pa
kon hom nêrens vind nie. Die pa was seker
ook maar deeglik getraumatiseer, nadat ek
my woede op hom laat uitspeel het. Die pa
en 'n man met die naam John Metcalfe was
tydelik in ons bure se huis terwyl hulle
op verlof was. Die pa het tydelik by die
Universiteit in die Departement Engels
klasgegee. John Metcalfe was vir 'n jaar
writer-in-residence by die Universiteit,
bekend as skrywer van goeie kortverhale.
Vir jare daarna het ek gereeld John Metcalfe
se kortverhale probeer lees, hopende dat ek
die skietstorie in sy kortverhale terug sal
vind, maar ek het nooit enige spoor daarvan
gesien nie. Miskien moet ek die kortverhaal
daaroor skryf.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vuurwapens [boodskap #61381 is 'n antwoord op boodskap #61329] |
Thu, 02 May 2002 08:22  |
Threeships 'did you s
Boodskappe: 200 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 30 Apr 2002 22:20:36 +0100, "Q"
served the following to the group:
> "Threeships Mcduck" wrote in message
> news:blsscug0aarp238fm4csfdq8nbd51pir1d@4ax.com...
>
>> die ongelisensieerde wapens wat eens op `n tyd `n ander ou
>> se gelisensieerde wapen wat gesteel en op die swartmark beland.
>
>
> Ou Skippie, ongelukkig is dit nie heeltemal waar nie. Feit is dat 'n
> konstante stroom van die onwettige metale vanuit Mosambiek en Zimbabwe
> (ge)kom (het) in die vorm van AK's en ander ex-Oosblok hardeware.
yes ek stem saam met jou dalk het ek `n bietjie te erg veralgemeen
maar ek dink tog nog dat die diefstal van gelisensieerde wapens al hoe
meer `n probleem word. so die uiteinde hiervan is ongelukkig dat jy
jou vuurwapen so ver moet weg bere dan niemand hom in die hande kan
kry nie, dit sluit jouself in.
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 02:17:38 UTC 2025
|