Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Nuwe Afrikaanse CD's
Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60212] |
Sat, 13 April 2002 10:56  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat ons binnekort behoort te kan sien.
Steve: Bop saam met die Engeltjies en ander vredeliewende songs.
Patricia: Meer as net my hare, my lyfie en ek.
Dozi: Dozi sing op die Duzi
Karike: Kleuterliedjies
David Kramer: Anner Hotelle, Anner Mense
Nataniël: Glimlaggend deur die Lewe
Karin Hougaard: Kaalvoetluisterliedjies
Randall Wicomb: Grys
Kurt Darren: Maai heart se geheimes and fansters.
David Butler: Kitaar
Amandla: Soen my maar
Laurika: Laurika sing van die dorsmasjien en ander implemente.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nuwe Afrikaanse CD's [boodskap #60262 is 'n antwoord op boodskap #60256] |
Sun, 14 April 2002 07:21  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek kyk nou nie so baie TV nie, so ek het Will en sy wenliedjie nog net
eenmaal gesien, en dit geniet.
Ek praat nou van ons eige Idols program - ek kry die ou bloedjies nogal
jammer - hul nadeel is dat hulle die Engelse Pop Idols program gesien het,
en maak nie saak wat ons kinders doen nie - iemand sal altyd sê dat ons
kinders se poging of optrede was geinspireer deur wat op die Engelse program
deur een van hulle deelnemers te gedoen was.
Hulle praat van oorspronklikheid, maar as mens 'n bepaalde liedjie moet
sing, dan is die spektrum vir oorspronklikheid geredelik beperk.
Die basis moet tog wees of die deelnemer kan sing, nootvas is, die liedjie
se woorde te kan onthou, en as dit dan nou moet - 'n oorspronklike
vertolking te kan gee sonder om die wysie van die liedjie geheel en al te
verander. Nie 'n maklike taak nie.
Ek het vir een deelnemer in die eerste groep gestem.
In die tweede groep was daar nie een vir wie ek wou stem nie - soos dinge
nou maar is, sal die uiteindelike wenner heelwaarskynlik uit die tweede
groep aangewys word;))
Annette
TJ skryf in boodskap news:3cb91c3d$0$234@hades.is.co.za...
> Musiek, klank en kunste geniet ek, ja. Geraas, gedruis en 'n geskree, nee.
>
> So bietjie van die Idols met Will die wenner gekyk, maar nou is hy elke dag
> op M-Net met sy wenliedjie en dit raak nou afgewater.
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 03 11:23:30 UTC 2025
|