Tuis » Lekker » Kos & resepte » Vleisvragie
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60305 is 'n antwoord op boodskap #60233] |
Ma., 15 April 2002 06:46   |
Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153 Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek lees die stories hierbo en sien daar's mense wat eerder turksvy wil eet
as biltong? In Suidwes eet ons bees, skaap en wildsvleis vir hoofgereg en
vark, hoender vir groente! Turksvye, wat by ons wild groei, is
snacks......moet dit net nie op 'n nugter maag oordoen nie!
My een swaer het, in die dae toe hy nog daar naby Maltahöhe geboer en op
die paaie gewerk het, donkies opgekoop by van die swart plaaswerkers en dit
dan geslag en biltong en wors gemaak wat hulle dan weer verkoop het. Toe
bring hy van die biltong eendag Windhoek toe en gee vir die manne om te
proe. Almal wil toe van hierdie 'koedoebiltong' hê! Hy het vir jare 'n
roaring trade gemaak met dié biltong in 'n land waar meeste mense reken
hulle kón van biltong!
Laat ek jou vertel, daar's bitter min mense wat vir jou die verskillende
soorte biltonge sal kan uitken, juis omdat daar so baie maniere van
biltong-maak is. Zebra, wat ook maar eintlik donkie of perd is, se
biltong is ook al gemaak en as jy dit reg doen, dan vreet die yuppies dit
vir koedoe op. As wildsbiltong reg gemaak is, is ons rangorde:
1. Springbok
2. Eland
3. Giraffe
4. Gemsbok
5. Koedoe
........wat ons nie moet vergeet nie, is vlakvark! Dit het vet so tussen
die grein van die vleis en as jy sy wille smaak kan temper, dan gee hy
enigeen van bogenoemde 'n 'go'. Beesbiltong, ook reg gemaak, word geklop
net deur springbok.
"Annette" skryf in boodskap news:a99sat$1ef9v$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit is hoekom ek so van varkvleis hou - daardie drooggebraaide sout stukkie
> vet - crackling - van 'n gebraaide varkboud is ek mal oor.
> Smaak baie beter as die stukkies crackling wat hulle in pakkies verkoop.
> Van pakkies verkoop gepraat - een ding wat my laat giggel in die supermark
> is die gedroogde broodkrummels wat in pakkies verkoop word.
> Annette
>
>
> Katryn wrote in message
> news:8nogbu4b46ojn20pv5ikkluj3iea18tiua@4ax.com...
>> On Sat, 13 Apr 2002 07:02:50 GMT, "Hilda" wrote:
>>
>>
>>> Dis reg, Katryn :-). Persoonlik het ek al baie perdevleis geëet en dit smaak
>>> baie lekker. Dit is donker vleis en baie 'sappig' :-).
>>
>> Ja ja..en gereeld moet ek ook hoor hoeveel meer SMAAK dit het teenoor
>> beesvleis. :-) Dis alles goed en wel, maar die gedagte daaraan (om
>> 'n perd te eet) sit my af. Dis 'n kulturele ding....:-))
>>
>>> Kalfs- of beesbrein
>>> het ek nog nie geëet nie, alhoewel my ma mal daaroor was. In Kongo kon 'n
>>> mens dit nie so maklik kry nie en my ma het dit nooit vir ons voorberei nie.
>>> Maar tydens vakansies in België het sy dit wel geëet, maar my sussie en ek
>>> het dit geweier. Nou met die 'mal koei siekte' (hoe sê 'n mens dit in
>>> Afrikaans ?) eet mense dalk minder brein.
>>
>> As jy vir MY vra hoe mens dit sê in Afrikaans, gaan ek jou definitief
>> van die wal in die sloot help. :-) My raaiskoot sal wees
>> "malkoei-siekte" veral nadat ek Wouter se boodskap oor aanmekaar
>> geskrewe woorde aan iemand anders gelees het.
>>
>> Dit maak nogal sin vir my. Miskien ook weens hierdie einste
>> malkoei-siekte word daar dan nou donkievleis uitgevoer na Europese
>> lande, omdat die aanvraag na perde/donkie vleis baie hoër is. Ek kan
>> dink dat dit baie gesonder sal wees. Ons kry weer Bison hier in
>> Amerika wat baie gewild raak (Buffel) - veral ook oor die minder vet
>> ens. Wat alles nogal ironies maak, want ons weet dat beeste al vir
>> jare spesiaal geteel word juis om die vet striasies te vermeerder vir
>> beter smaak ens. Nou wil niemand meer vet in hulle vleis hê nie. :-)
>>
>
|
|
|
|
Re: Vleisvragie [boodskap #60312 is 'n antwoord op boodskap #60305] |
Ma., 15 April 2002 08:29   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis waar wat jy daar vertel van die kenners Suidwester.
Iemand wat saam met my oom gewerk het, het te vertel dat hy alle soorte
vleis eet behalwe koei - en die kokke kan dit maar in bredies sit, of
kerrie- hy ken koei, en hy eet dit nie:))))
Annette
Suidwester skryf in boodskap news:a9dt10$167n$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Ek lees die stories hierbo en sien daar's mense wat eerder turksvy wil eet
> as biltong? In Suidwes eet ons bees, skaap en wildsvleis vir hoofgereg en
> vark, hoender vir groente! Turksvye, wat by ons wild groei, is
> snacks......moet dit net nie op 'n nugter maag oordoen nie!
> My een swaer het, in die dae toe hy nog daar naby Maltahöhe geboer en op
> die paaie gewerk het, donkies opgekoop by van die swart plaaswerkers en dit
> dan geslag en biltong en wors gemaak wat hulle dan weer verkoop het. Toe
> bring hy van die biltong eendag Windhoek toe en gee vir die manne om te
> proe. Almal wil toe van hierdie 'koedoebiltong' hê! Hy het vir jare 'n
> roaring trade gemaak met dié biltong in 'n land waar meeste mense reken
> hulle kón van biltong!
> Laat ek jou vertel, daar's bitter min mense wat vir jou die verskillende
> soorte biltonge sal kan uitken, juis omdat daar so baie maniere van
> biltong-maak is. Zebra, wat ook maar eintlik donkie of perd is, se
> biltong is ook al gemaak en as jy dit reg doen, dan vreet die yuppies dit
> vir koedoe op. As wildsbiltong reg gemaak is, is ons rangorde:
> 1. Springbok
> 2. Eland
> 3. Giraffe
> 4. Gemsbok
> 5. Koedoe
> ........wat ons nie moet vergeet nie, is vlakvark! Dit het vet so tussen
> die grein van die vleis en as jy sy wille smaak kan temper, dan gee hy
> enigeen van bogenoemde 'n 'go'. Beesbiltong, ook reg gemaak, word geklop
> net deur springbok.
> "Annette" wrote in message
> news:a99sat$1ef9v$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dit is hoekom ek so van varkvleis hou - daardie drooggebraaide sout stukkie
>> vet - crackling - van 'n gebraaide varkboud is ek mal oor.
>> Smaak baie beter as die stukkies crackling wat hulle in pakkies verkoop.
>> Van pakkies verkoop gepraat - een ding wat my laat giggel in die supermark
>> is die gedroogde broodkrummels wat in pakkies verkoop word.
>> Annette
>>
>>
>> Katryn wrote in message
>> news:8nogbu4b46ojn20pv5ikkluj3iea18tiua@4ax.com...
>>> On Sat, 13 Apr 2002 07:02:50 GMT, "Hilda" wrote:
>>>
>>>
>>>> Dis reg, Katryn :-). Persoonlik het ek al baie perdevleis geëet en dit smaak
>>>> baie lekker. Dit is donker vleis en baie 'sappig' :-).
>>>
>>> Ja ja..en gereeld moet ek ook hoor hoeveel meer SMAAK dit het teenoor
>>> beesvleis. :-) Dis alles goed en wel, maar die gedagte daaraan (om
>>> 'n perd te eet) sit my af. Dis 'n kulturele ding....:-))
>>>
>>>> Kalfs- of beesbrein
>>>> het ek nog nie geëet nie, alhoewel my ma mal daaroor was. In Kongo kon 'n
>>>> mens dit nie so maklik kry nie en my ma het dit nooit vir ons voorberei nie.
>>>> Maar tydens vakansies in België het sy dit wel geëet, maar my sussie en ek
>>>> het dit geweier. Nou met die 'mal koei siekte' (hoe sê 'n mens dit in
>>>> Afrikaans ?) eet mense dalk minder brein.
>>>
>>> As jy vir MY vra hoe mens dit sê in Afrikaans, gaan ek jou definitief
>>> van die wal in die sloot help. :-) My raaiskoot sal wees
>>> "malkoei-siekte" veral nadat ek Wouter se boodskap oor aanmekaar
>>> geskrewe woorde aan iemand anders gelees het.
>>>
>>> Dit maak nogal sin vir my. Miskien ook weens hierdie einste
>>> malkoei-siekte word daar dan nou donkievleis uitgevoer na Europese
>>> lande, omdat die aanvraag na perde/donkie vleis baie hoër is. Ek kan
>>> dink dat dit baie gesonder sal wees. Ons kry weer Bison hier in
>>> Amerika wat baie gewild raak (Buffel) - veral ook oor die minder vet
>>> ens. Wat alles nogal ironies maak, want ons weet dat beeste al vir
>>> jare spesiaal geteel word juis om die vet striasies te vermeerder vir
>>> beter smaak ens. Nou wil niemand meer vet in hulle vleis hê nie. :-)
>>>
>>
>
|
|
|
|
Re: kudu Vleis [boodskap #60342 is 'n antwoord op boodskap #60261] |
Ma., 15 April 2002 18:06  |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
turksvy tyd het die vlakvark so klein strepie vet om die vleis.
ACK!! .... MIELIES .......... !!! dit gee ek vir hoenners :-)
sweetcorn eet die pappagaaie, hulle is mal daaroor, ma en ek ook
:-)
--
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 28 22:24:12 UTC 2025
|