Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: South African "undevelopable"? Is the ANC like Hitler?
Re: Wie praat lelik Anti? [boodskap #62860 is 'n antwoord op boodskap #62854] Di, 28 Mei 2002 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" schreef:

Mens se ore teit somme' so van al daai ingelse woorde.

N' Oomblik asseblief!...
Ek wil nog verstaan dat jy skryf jou ore teit van al daai engelse
woorde...
Maar as jy gaan skryf dat jou ore gaan teit van al daai Nederlandse en
Vlaamse woorde wat op hierdie nuusgroep neergeskryf word dan stem ek
nie meer met jou saam nie.

Die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Wie praat lelik Anti? [boodskap #62861 is 'n antwoord op boodskap #62854] Di, 28 Mei 2002 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Oom Gert vannie winkel hie lan'saan het hoeka nourie dag gesê lat mens ok
> nou nie eens meer iets van die ef-aa-ka hoor oppie draadloos nie.

Maar soos jy weet speel die mense op die
draadloos ook maar net wat hulle dink die
mense wil hoor. Hoekom vra julle nie vir
die goeie ou liedere uit die FAK volksang-
bundel nie. Jy weet, tannie het een hier in
Kanada. As jy wil hê, sal tannie so nou en
dan een hier intik.
Sing Randall Wickham dan nie dié soort
songs nie? Of speel hulle hom nie?
Ek neem aan die FAK (Federasie van
Afrikaanse Kultuurverenigings?) bestaan nog.
Tannie het maar net gedink dit klink bietjie
te na aan fu-k, vir my laaiking.

Tant Hessie van Swellendam
Re: Wie praat lelik Anti? [boodskap #62862 is 'n antwoord op boodskap #62854] Di, 28 Mei 2002 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> As anti nou so met die sepies saam staan loop

Nee, as daar nou een ding is wat tannie nie
kyk nie, is dit sepies. Tannie dink soap-
operas is die mees goddelose soort van ding
wat mens kan kyk, veral hier in Noord-Amerika.
Daar is aanmekaar fornikasie en 'n moord elke
al om die ander dag. Gewone mense is nie soos
die mense op die sepies nie.

Tant Hessie van Soetmelksvlei
Re: Wie praat lelik Anti? [boodskap #62863 is 'n antwoord op boodskap #62854] Di, 28 Mei 2002 13:52 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Ma't ok vir my gesê lat sy eendag nog vi anti wil kom ky'ir Sy sê ek moet vi anti sê lat julle twee lang stories oorrie
> Agtertangse van Helsdingens sil kan storie.

Sê vir jou ma sy is welkom. Maar sy moet
maar liewers die handsambok by die huis los.
Sy klink vir my soos 'n vroulike Oom Kallie.

Tant Hessie
Vorige onderwerp: Koos du Plessis MP3's?
Volgende onderwerp: Re: Black racist Mugabe destroyed Zimbabwe - S. Africa will NOT follow!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 21:46:43 MGT 2024