Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suid Afrika, 'n onveilige land?
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58650 is 'n antwoord op boodskap #58645] |
Do., 14 Maart 2002 14:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
emmy wrote:
> Ik hoop voor jullie dat er een gemengde regering komt volgende keer..
> Een echte regenboognatie ;-)) evenredig verdeeld...
> dat zou pas echt mooi zijn..
Ja, as jy in ag neem dat alleen
twee (of minder as twee) uit elke
tien Suid-Afrikaners "wit" is, dan
is daar nou nog 'n totale onbalans
van wittes in die regering van SA.
(Dis nou as mens nog van die reënboog-
nasie wil praat.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58686 is 'n antwoord op boodskap #58675] |
Do., 14 Maart 2002 21:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Sakkie wrote:
Besef jy nie dat hierdie land elke greintjie
> bestuursvernuf wat hy het nodig het om ons ekonomie te probeer red nie.
> Ongelukkig is baie van daardie bestuursvernuf in die koppe van manlike
> blanke Suid-Afrikaners teen wie daar nou gediskrimineer word.
Ag, siestog, hier kom die ou wit omie
nou weer so oop en toe oop en toe aan
met sy hooghartige verklaring dat meeste
van die bestuursvernuf in die koppe van
manlike blanke Suid-Afrikaners is. Bog.
Ek wonder hoekom ek so baie VROULIKE
Afrikaanse name sien in die polisiemag
en dies meer in Suid-Afrika.
En laat ek weer herhaal. In die apartheids-
dae is tweederangse manlike wit bestuurders
oral aangestel in joppies wat vir hulle
"beskerm" moes word. Noudat die swart bestuurders
ook bykom, kan ek jou verseker dat die aantal
goeie bestuurders massief in getal toegeneem het.
Daar is natuurlik swak swart en bruin bestuurders
ook. Maar daar is ook meer kompetisie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58701 is 'n antwoord op boodskap #58692] |
Vr., 15 Maart 2002 07:09   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" schreef:
> Wat laat jou dink dat die verwagte burgeroorlog in Zimbabwe ons hier in SA
> spoedig tot 'n burgeroorlog sal dwing?
>
> Annette
>
Annette,
Suid-Afrika het alles om 'n burgeroorlog te doen ontstaan: 'n
ekonomiese krisis, geldontwaarding, onveiligheid, korrupsie,
politieke laksheid, HIV, misdaad, een bevolking wat gefrustreer is,
internasionaal wantrouwen, een slegte gebuur, emigrasie van
die brains...
Maar ek es self geen doemdenker nie. Ek voel en sien slegs hierdie
dinge as ek die e-pos van die Afrikaners lees wat hier in Vlaanderen
op me rekenaar staan.
Norbert
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58712 is 'n antwoord op boodskap #58701] |
Vr., 15 Maart 2002 13:05   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Helaas Norbert - jy is bietjie baie ver verkeerd -
Nie een van die redes wat jy genoem sal vir my hier dwing om wapens teenoor
my medeburgers op te neem nie. Al ons gewone mense kry saam ewe swaar hier .
So van burgeroorlog praat ons glad nie.
Vra maar hier hoeveel van die mense wat jou die verdoemenis wil laat in dink
sal wapens opneem, en wie sal hulle dan nou juis bestorm.
Ek het die afgelope 10 dae 'n Kanadees hier gehad - ek het hom mooi vertel
waarop om bedag te wees as hy alleen rond loop - en ek kan jou verseker hy
het nie een oomblik onveilig of bedreig gevoel nie, al het hy alleen met 'n
sak vol goed in sy arms , 'n sak op sy rug en 'n kamera wat hang oor die arm
( twee van die drie goed sal ek nie doen nie) deur die middestad - wat berug
is as die "onveiligste" deel van Kaapstad - geloop .
Nee Norbert - ek gaan niemand ooit skiet nie, beslis nie binnekort met my
mede-Suid-Afrikaners baklei nie - en as jy nie wil kom kuier en kom kyk hoe
dit regtig hier gaan nie - wees verseker, ek het geen plan om met tassies
gepak die land vir goed te verlaat nie.
Dis my land, dis my mense, en hier bly ek - ek lewe in vrede en ek leef
lekker.
Annette
*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3c919824.1164083@news.skynet.be...
> "Annette" schreef:
>
>> Wat laat jou dink dat die verwagte burgeroorlog in Zimbabwe ons hier in SA
>> spoedig tot 'n burgeroorlog sal dwing?
>>
>> Annette
>>
> Annette,
>
> Suid-Afrika het alles om 'n burgeroorlog te doen ontstaan: 'n
> ekonomiese krisis, geldontwaarding, onveiligheid, korrupsie,
> politieke laksheid, HIV, misdaad, een bevolking wat gefrustreer is,
> internasionaal wantrouwen, een slegte gebuur, emigrasie van
> die brains...
> Maar ek es self geen doemdenker nie. Ek voel en sien slegs hierdie
> dinge as ek die e-pos van die Afrikaners lees wat hier in Vlaanderen
> op me rekenaar staan.
>
> Norbert
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika ....'ek sien eerst nog die land heeltemal te gronde gaan' [boodskap #58739 is 'n antwoord op boodskap #58470] |
Vr., 15 Maart 2002 18:23   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nortbert,
Ek dink jy is tot 'n groot mate reg in jou skrywe, maar die feit is dat die
groot terugslag vir vooruitgang in Afrika lê in Afrika se benadering tot
vooruitgang. Dit is 'n kultuur ding en die verandering wat nodig is vir
vooruitgang in Afrika (Suid Afrika inkluis) gaan nog jare neem. Ek vrees dat
dinge in SA eers gaan normaliseer voordat dit gaan beter gaan. Met
normaliseer bedoel ek dat die land gaan val tot die vlak van die res van
Afrika (ons is maar net nog 'n Afrika land!) en dan sal dit stelselmatig
soos die Afrika kontinent volwasse word (in terme van kultuur en
ontwikkeling) weer beter gaan.
Tot dan is dit maar persoonlike keuse of mense wil bly of gly. Ons voorsate
het maklik hierheen gekom en ons kan net so maklik weet waai. Iets wat ek
dink Afrika sa berou as dit sou plaasvind, maar nou ja...
Bye
Ant
"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3c8cfb00.573980@news.skynet.be...
> 'n Goeie dag, Tobie,
>
> Dit gaan hier nie om links nie, ook nie om regs nie. Dit gaan ook nie
> om progressief of conserwatief nie. Dit gaan slegs daarom dat 'n mens
> in veiligheid kan leef en dat mense as hulle saans terug van hulle
> werk kom hulle meubels, geld en andere goedere nog weervind in
> hulle huis.
> Ek leef nou al 47 jare op dieselfde plek hier in my munisipaliteit
> hier in Vlaanderen. Me pa het in al van hierdie jare saans die deure
> op slot gedoen maar voor sover ek dit weet het hier nog nooit
> iemand geprobeer binnen te dring. Daar is geen verskansing rondom
> die huis van ons en ons het ook geen aansluiting by 'n bewakingsfirma.
> Natuurlik is daar ook in Vlaanderen diewery, roof en moord maar ons
> het daarmee, glo ek, nie so'n probleem as julle daar in SA nie. Maar
> as julle daar met daardie situasie kan leef, ja, dan gaan julle maar
> julle gang, hoor. Maar ek twyfel daaraan of julle dit dan wel julle
> hele lewe gaan volhou. Die Apartheid was nie om vol te hou
> nie en die swartmense het uiteindelik die moed gehad om vir hulle
> regte op te kom. Maar ek vra my nou alleenlik af wanneer JULLE
> eens vir julle eie regte gaan opkom! Want dis natuurlik baie mooi
> om te stel dat julle so an Afrika verknog is, maar die vraag is
> alleen: is Afrika dan ook so verknog an julle? So ek die sakes sien
> is daarvoor nie veel aanwysinge nie. Die swartmense speel nogal
> met die blankes hulle klote, haha!!! Uiteindlik het ook mr Bush die
> besluit gemaak toe in 11 September die vliegtuige op die WTC
> gestuik is: nou moet dit maar eens afgelope wees! As me verstand
> in me broeksak sit mag jy nou praat.
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>
>
>
>
> "Tobie" schreef:
>
>> Om te dink ek het destyds vir Norbert ge-'block' oor sy
>> uitlatings teenoor
>> regses so paar jaar gelede.
>> --
>> ek hoop van harte dat jy verkeerd is Norbert, ek sien die res van
>> die wêreld
>> dink ook soos jy dink ..... as jy nou na die rand / dollar / pond
>> verskil kyk.
>> Hierdie ou toppie kan nie meer teruggaan vanwaar sy voorouers
>> vandaan
>> gekom het nie. My voorouers het gevlug vir hulle geloof en nie om
>> politiek nie.
>> Ek is van dieselfde stofasie gemaak. Daarom sal jy sien dat ons
>> opregte
>> Afrikaners klipkoppe is en hulle bly hier, 'for better or worse'
>> :-)
>>
>> --
>> "*Sterrenkijker*"
>> ---knip---
>>> Die swartmense is nog nie
>>> ryp vir hierdie staatsvorm nie. Dit gaan kom maar ek sien eerst
>>> nog die land heeltemal te gronde gaan, soos dit in Zimbabwe
>>> nou aan die gang is.
>> ---knip---
>>
>
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58743 is 'n antwoord op boodskap #58712] |
Vr., 15 Maart 2002 18:55   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dag, Annette,
Ek glo jou, Annette, maar die verskil tussen my situasie en joune is
dat ek hier in België teenoor iemand anders nooit moet sê dat hy
moet oppas vir wat hy doen as hy op die straat loop nie. Ek weet
julle is gewoond geraak an die onveiligheid en julle het dit
geaksepteer op die lange duur. Maar dit beteken nie dat die
polarisasie van julle maatskappy weg is nie. Julle dink julle is
nou gelyk onder die demokrasie en julle demokrasie is nog jonk.
Maar die geskiedenis eindig nooit nie. Ek het dit gesien in onse
eie vaderland dat die polarisatie tussen Vlaminge en Wale eintlik
nooit verdwyn het nie en in moeilike omstandighede het dit altyd
weer na bo gekom. Moet maar eens sien na die Amerikaanse samen-
lewing: daarin bestaan die verskille tussen swartes en blankes nog
steeds ofskoon hulle al veel lanker as SA 'n egte demokrasie is. Die
verskil is dat in Amerika altyd die blankes die mag gehad het. In SA
is die meerderheid in die mag ineens gewissel. Suid-Afrika het n'
goeie kans om te slaag in se rasse-integrasie maar dan moet eerst
die ekonomie beter word, vir elkeen! Maar ek is daar nie so sekers
van nie. Ek glo die ekonomiese toestand van Suid-Afrika is nie baie
rooskleurig nie! Dis daarom dat ek vind dat julle die mag te vroeg
opgegee het. Dis 'n sware taak vir die swartes om hulle so maar
ineens in te pas in die moraal, gedragswyse en dissipline van
die moderne welvaartstaat. Dis nie normaal nie: eerst het hulle
altyd ondergeskik gewees en nou kry hulle sommer direk 'n
direkteursrol. Moet dan ook niet opskrik as dan ongelukke gebeur.
Dit was nie in die belang van die swartes dat hulle sommer op
slag die leiers van die land geword is nie. En voor sover ek weet is
daar nog meer mense in Suid-Afrika wat dit ook verstaan het.
Die groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
"Annette" schreef:
> Helaas Norbert - jy is bietjie baie ver verkeerd -
> Nie een van die redes wat jy genoem sal vir my hier dwing om wapens teenoor
> my medeburgers op te neem nie. Al ons gewone mense kry saam ewe swaar hier .
> So van burgeroorlog praat ons glad nie.
>
> Vra maar hier hoeveel van die mense wat jou die verdoemenis wil laat in dink
> sal wapens opneem, en wie sal hulle dan nou juis bestorm.
>
> Ek het die afgelope 10 dae 'n Kanadees hier gehad - ek het hom mooi vertel
> waarop om bedag te wees as hy alleen rond loop - en ek kan jou verseker hy
> het nie een oomblik onveilig of bedreig gevoel nie, al het hy alleen met 'n
> sak vol goed in sy arms , 'n sak op sy rug en 'n kamera wat hang oor die arm
> ( twee van die drie goed sal ek nie doen nie) deur die middestad - wat berug
> is as die "onveiligste" deel van Kaapstad - geloop .
>
> Nee Norbert - ek gaan niemand ooit skiet nie, beslis nie binnekort met my
> mede-Suid-Afrikaners baklei nie - en as jy nie wil kom kuier en kom kyk hoe
> dit regtig hier gaan nie - wees verseker, ek het geen plan om met tassies
> gepak die land vir goed te verlaat nie.
> Dis my land, dis my mense, en hier bly ek - ek lewe in vrede en ek leef
> lekker.
>
> Annette
>
> *Sterrenkijker* wrote in message
> news:3c919824.1164083@news.skynet.be...
>> "Annette" schreef:
>>> Wat laat jou dink dat die verwagte burgeroorlog in Zimbabwe ons hier in
> SA
>>> spoedig tot 'n burgeroorlog sal dwing?
>>>
>>> Annette
>>>
>> Annette,
>> Suid-Afrika het alles om 'n burgeroorlog te doen ontstaan: 'n
>> ekonomiese krisis, geldontwaarding, onveiligheid, korrupsie,
>> politieke laksheid, HIV, misdaad, een bevolking wat gefrustreer is,
>> internasionaal wantrouwen, een slegte gebuur, emigrasie van
>> die brains...
>> Maar ek es self geen doemdenker nie. Ek voel en sien slegs hierdie
>> dinge as ek die e-pos van die Afrikaners lees wat hier in Vlaanderen
>> op me rekenaar staan.
>> Norbert
>
|
|
|
Re: Suid Afrika ....'ek sien eerst nog die land heeltemal te gronde gaan' [boodskap #58744 is 'n antwoord op boodskap #58739] |
Vr., 15 Maart 2002 18:59   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo, Ant,
Ja, jy siet die sake sook ek dit ook doen!
Die groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
"Anti" schreef:
> Nortbert,
>
> Ek dink jy is tot 'n groot mate reg in jou skrywe, maar die feit is dat die
> groot terugslag vir vooruitgang in Afrika lê in Afrika se benadering tot
> vooruitgang. Dit is 'n kultuur ding en die verandering wat nodig is vir
> vooruitgang in Afrika (Suid Afrika inkluis) gaan nog jare neem. Ek vrees dat
> dinge in SA eers gaan normaliseer voordat dit gaan beter gaan. Met
> normaliseer bedoel ek dat die land gaan val tot die vlak van die res van
> Afrika (ons is maar net nog 'n Afrika land!) en dan sal dit stelselmatig
> soos die Afrika kontinent volwasse word (in terme van kultuur en
> ontwikkeling) weer beter gaan.
>
> Tot dan is dit maar persoonlike keuse of mense wil bly of gly. Ons voorsate
> het maklik hierheen gekom en ons kan net so maklik weet waai. Iets wat ek
> dink Afrika sa berou as dit sou plaasvind, maar nou ja...
>
> Bye
> Ant
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3c8cfb00.573980@news.skynet.be...
>> 'n Goeie dag, Tobie,
>> Dit gaan hier nie om links nie, ook nie om regs nie. Dit gaan ook nie
>> om progressief of conserwatief nie. Dit gaan slegs daarom dat 'n mens
>> in veiligheid kan leef en dat mense as hulle saans terug van hulle
>> werk kom hulle meubels, geld en andere goedere nog weervind in
>> hulle huis.
>> Ek leef nou al 47 jare op dieselfde plek hier in my munisipaliteit
>> hier in Vlaanderen. Me pa het in al van hierdie jare saans die deure
>> op slot gedoen maar voor sover ek dit weet het hier nog nooit
>> iemand geprobeer binnen te dring. Daar is geen verskansing rondom
>> die huis van ons en ons het ook geen aansluiting by 'n bewakingsfirma.
>> Natuurlik is daar ook in Vlaanderen diewery, roof en moord maar ons
>> het daarmee, glo ek, nie so'n probleem as julle daar in SA nie. Maar
>> as julle daar met daardie situasie kan leef, ja, dan gaan julle maar
>> julle gang, hoor. Maar ek twyfel daaraan of julle dit dan wel julle
>> hele lewe gaan volhou. Die Apartheid was nie om vol te hou
>> nie en die swartmense het uiteindelik die moed gehad om vir hulle
>> regte op te kom. Maar ek vra my nou alleenlik af wanneer JULLE
>> eens vir julle eie regte gaan opkom! Want dis natuurlik baie mooi
>> om te stel dat julle so an Afrika verknog is, maar die vraag is
>> alleen: is Afrika dan ook so verknog an julle? So ek die sakes sien
>> is daarvoor nie veel aanwysinge nie. Die swartmense speel nogal
>> met die blankes hulle klote, haha!!! Uiteindlik het ook mr Bush die
>> besluit gemaak toe in 11 September die vliegtuige op die WTC
>> gestuik is: nou moet dit maar eens afgelope wees! As me verstand
>> in me broeksak sit mag jy nou praat.
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>> "Tobie" schreef:
>>> Om te dink ek het destyds vir Norbert ge-'block' oor sy
>>> uitlatings teenoor
>>> regses so paar jaar gelede.
>>> --
>>> ek hoop van harte dat jy verkeerd is Norbert, ek sien die res van
>>> die wêreld
>>> dink ook soos jy dink ..... as jy nou na die rand / dollar / pond
>>> verskil kyk.
>>> Hierdie ou toppie kan nie meer teruggaan vanwaar sy voorouers
>>> vandaan
>>> gekom het nie. My voorouers het gevlug vir hulle geloof en nie om
>>> politiek nie.
>>> Ek is van dieselfde stofasie gemaak. Daarom sal jy sien dat ons
>>> opregte
>>> Afrikaners klipkoppe is en hulle bly hier, 'for better or worse'
>>> :-)
>>>
>>> --
>>> "*Sterrenkijker*"
>>> ---knip---
>>>> Die swartmense is nog nie
>>>> ryp vir hierdie staatsvorm nie. Dit gaan kom maar ek sien eerst
>>>> nog die land heeltemal te gronde gaan, soos dit in Zimbabwe
>>>> nou aan die gang is.
>>> ---knip---
>>>
>>>
>
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58749 is 'n antwoord op boodskap #58743] |
Vr., 15 Maart 2002 19:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
*Sterrenkijker* wrote:
ek hier in België teenoor iemand anders nooit moet sê dat hy
> moet oppas vir wat hy doen as hy op die straat loop nie.
Behalwe natuurlik die klein kindertjies
wat moet oppas vir die porno-verkragters.
Tant Hessie van Kandahar en Kandahier.
|
|
|
|
|
Suid Afrika se toekoms [boodskap #58770 is 'n antwoord op boodskap #58743] |
Sa., 16 Maart 2002 07:16   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Norbert
Suid-Afrika het n' goeie kans om te slaag in se rasse-integrasie maar dan
moet eerst die ekonomie beter word, vir elkeen! Maar ek is daar nie so
sekers van nie. Ek glo die ekonomiese toestand van Suid-Afrika is nie baie
rooskleurig nie!
Wouter
Ons ekonomie is nie sterk nie, dit wroeg nog met die verarming wat die nul
groeikoers van die laaste dekade of twee in die apartheidsera meegebring
het. Maar relatief tot daardie tyd lyk dinge baie rooskleurig, Norbert. Daar
is geen statistiek wat jou stelling ondersteun nie.
Norbert
Dis daarom dat ek vind dat julle die mag te vroeg opgegee het.
Wouter
Nee, Norbert, uit 'n ekonomiese argument was dit eerder te
laat. Ons sou dan eers 'n groot probleem met 'n geknoude
ekonomie gehad het. En uit 'n politieke hoek was dit die regte
tyd, want as dit heelwat vroeër gebeur het sou kommunisme
nog nie gediskrediteer gewees het nie en sou die ANC ook
nie die fiskale dissipline van Derek Keys (Minister van
Finansies in die vroeë 90's, onder beide die NP- en
ANC-Regering) geërf het nie.
Norbert
Dit was nie in die belang van die swartes dat hulle sommer op
slag die leiers van die land geword is nie. En voor sover ek weet is
daar nog meer mense in Suid-Afrika wat dit ook verstaan het.
Wouter
Jy onderskat die leierstalent van ons swartes. Natuurlik is daar
probleme, maar die groot verskil is eerder dat die media op
hulle foute jag en dit uitlig, wat 'n goeie en normale ding is.
Maar in die vorige era het dit nie gebeur nie, daarom lyk dit
of ons in dié opsig verswak het. Maar daar het heelwat groter
ondeugde in die ou SA gebeur, veral in die swart tuislande.
Dit is net nie in die media gerapporteer nie.
Ons finansiële bestuur is beter as ooit en die staatsuitgawes is
relatief laer as vroeër. Ons kry dus beter waarde vir ons
belasting (@ sterk verlaagde koerse) as vroeër. Natuurlik is
daar heelwat probleme, maar om te impliseer dat daar
nie wesenlik beter ekonomiese vooruitsigte is nie, klop nie
met die werklikheid nie. Die vraag is eerder of die kiesers
genoeg geduld gaan hê om die Regering toe te laat om
die regte dinge lank genoeg te doen.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suid Afrika, 'n onveilige land? [boodskap #58809 is 'n antwoord op boodskap #58774] |
So., 17 Maart 2002 14:01   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
*Sterrenkijker* wrote:
> En daar is ook baie mense in Suid-Afrika wat vir me voortdurend sê:
> "Pas op vir Gloudina!"
> Hierdie persoon skyn nog die grootste gevaar te wees...
Gevaar vir wat? 'n Gevaar vir daardie
klaers wat aanhoudend sit en sanik oor
hoe sleg dit in SA gaan? Het jy
Wouter Plaasvark se antwoord aan jou
gelees, Norbert? Jy kan vertrou wat hy
sê. Hy verstaan die SA ekonomie baie
goed.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Suid Afrika se toekoms [boodskap #58818 is 'n antwoord op boodskap #58770] |
So., 17 Maart 2002 23:50   |
Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo, Wouter,
Ek vind hierdie kommentaar van jou baie interessant!
Verskoning, ek kan daarop nie onmiddellik antwoord nie.
Ek het die ganse naweek moet werk (2 x 12 ure) en ek is
moeg. Moet egter toegeef dat jou kommentaar my die ganse
naweek nie losgelaat het nie. Ek dink eintlik jy is reg. Maar
as die moorde in jou land nie ophoud nie dan vind ek tog
dat die witmense na die wapens moet gryp.
Die groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
"Wouter Plaasvark" schreef:
> Norbert
> Suid-Afrika het n' goeie kans om te slaag in se rasse-integrasie maar dan
> moet eerst die ekonomie beter word, vir elkeen! Maar ek is daar nie so
> sekers van nie. Ek glo die ekonomiese toestand van Suid-Afrika is nie baie
> rooskleurig nie!
>
> Wouter
> Ons ekonomie is nie sterk nie, dit wroeg nog met die verarming wat die nul
> groeikoers van die laaste dekade of twee in die apartheidsera meegebring
> het. Maar relatief tot daardie tyd lyk dinge baie rooskleurig, Norbert. Daar
> is geen statistiek wat jou stelling ondersteun nie.
>
> Norbert
> Dis daarom dat ek vind dat julle die mag te vroeg opgegee het.
>
> Wouter
> Nee, Norbert, uit 'n ekonomiese argument was dit eerder te
> laat. Ons sou dan eers 'n groot probleem met 'n geknoude
> ekonomie gehad het. En uit 'n politieke hoek was dit die regte
> tyd, want as dit heelwat vroeër gebeur het sou kommunisme
> nog nie gediskrediteer gewees het nie en sou die ANC ook
> nie die fiskale dissipline van Derek Keys (Minister van
> Finansies in die vroeë 90's, onder beide die NP- en
> ANC-Regering) geërf het nie.
>
> Norbert
> Dit was nie in die belang van die swartes dat hulle sommer op
> slag die leiers van die land geword is nie. En voor sover ek weet is
> daar nog meer mense in Suid-Afrika wat dit ook verstaan het.
>
> Wouter
> Jy onderskat die leierstalent van ons swartes. Natuurlik is daar
> probleme, maar die groot verskil is eerder dat die media op
> hulle foute jag en dit uitlig, wat 'n goeie en normale ding is.
> Maar in die vorige era het dit nie gebeur nie, daarom lyk dit
> of ons in dié opsig verswak het. Maar daar het heelwat groter
> ondeugde in die ou SA gebeur, veral in die swart tuislande.
> Dit is net nie in die media gerapporteer nie.
>
> Ons finansiële bestuur is beter as ooit en die staatsuitgawes is
> relatief laer as vroeër. Ons kry dus beter waarde vir ons
> belasting (@ sterk verlaagde koerse) as vroeër. Natuurlik is
> daar heelwat probleme, maar om te impliseer dat daar
> nie wesenlik beter ekonomiese vooruitsigte is nie, klop nie
> met die werklikheid nie. Die vraag is eerder of die kiesers
> genoeg geduld gaan hê om die Regering toe te laat om
> die regte dinge lank genoeg te doen.
>
|
|
|
Bladsye (4): [ 3 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 08 12:35:38 UTC 2025
|