Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afrikaanse canon
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58483 is 'n antwoord op boodskap #58451] |
Ma., 11 Maart 2002 21:17   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter jy moet nie vergeet nie, dat ek ook niet baie op die Nederlandse
nuusgroepe te vind is nie.
Daar gaan alles so vinnig, meer as 200 postings op 'n dag.
Dis hoekom ek geniet die Afrikaanse ng, daar gaan dit maar stadig.
Gr.Rico
Boondien DD kan nederlands baie goed lees en ook skryf, dis maar net wat jy
wil!!
Gloudina kan dit ook lees en daar is nog meer.
My ma het my altyd vertel, kan ek nie lig op die kerkhof en wil ek nie, lig
daar teen!!!
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c8cf19e.0@news1.mweb.co.za...
> Sakkie
>> Nee maggies Arthur, hulle is vergelykbaar, maar nie eers amper 98% nie.
>> Net op woordspelling is die verskil geweldig. Ek wonder of gesproke
>> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
>
> Hilda
> Hoe verklaar jy dan dat ek in 1990 (of was dit 1989 ?) 'Kringe in 'n bos'
> gelees het sonder om 'n woord Afrikaans te ken ? Daar's dalk enkele klein
> woordjies wat verskil en die sinskonstruksie verskil ook partykeer, maar 'n
> Vlaming of Nederlander kan sonder veel inspanning Afrikaans lees. As ek nou
> 'n Duits boek moet lees, sal ek baie beter moet konsentreer. Ek sal seker
> baie meer woorde nie verstaan nie.
>
> Wouter
> Hilda, jy is natuurlik 100% reg dat Afrikaans nader aan Nederlands en
> spesifiek aan die Vlaamse dialek is as enige ander taal. Maar dis
> ook waar dat Nederlandssprekendes baie makliker Afrikaans lees
> as wat Afrikaanses Nederlands lees. Ek het my destyds vrek
> gesukkel om Ciske de Kat net naastenby in te neem En daarna
> nooit weer lus gehad om te probeer nie.
>
> Die rede is waarskynlik dat julle 'n groter variasie in dialekte
> gewoond is as ons. Ek raai, maar het geen ander verklaring
> daarvoor nie. Ek het al baie besoekers uit Nederland by my aan
> huis gehad, sommige verstaan ek maklik, sommige kon ek
> omtrent geen woord mee kommunikeer nie, so groot is die
> variasie in hulle spreektaal.
>
> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
> om te volg..
>
> Dalk 98% korrelasie met 'n kombinasie van verskeie
> Nederlandse dialekte, ja. Maar dié ken ons nie.
>
> Hilda
> Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
> taal (wat pragtig is en seker nie 'n babataal nie ! Foei, Emmy !) kom
> regstreeks van Nederlands af. Dit is so, moenie dit ontken nie :-))
>
> Wouter
> Ons sal dit nooit ontken nie. Maar net so min as wat ek
> 'n Europeër is (my oupa het net 90 jaar gelede geïmigreer),
> net so min is Afrikaans 'n Europese taal. Ons wortels is albei
> in Europa, ja, en daarmee het ons nie 'n probleem nie, maar
> ek en my taal is van Afrika, van Suid Afrika. Ons het hier
> gegroei en Afrikaan geword. En ons het van die Nederlandse
> dialek wat hier gepraat is (en dit was nie ABN of sogenaamde
> Hooghollands nie) 'n taal gemaak. Met reëls en 'n taalkommissie.
>
> En ons is trots daarop dat ons op die manier gegroei het en
> kyk van hier onder in Afrika kopskuddend na die klomp
> deurmekaarspulle wat julle daar praat. Afrikaans is vir ons
> 'n oneindig mooier taal as Nederlands of enige van sy
> skerpklinkende dialekte. Maar ons wortels is ons wortels,
> al is ons nie juis erg oor die wortels nie.
>
> Hilda
> Ons, Vlaminge, praat ook nie soos die Nederlanders nie - nogtans
> verstaan ons hulle taal. Ons probeer selfs om die taal offisieel te
> leer en na te boots
>
> Wouter
> Ons het nie so 'n behoefte nie, ons is van Afrika.
> Jy behoort dit te verstaan, jy ken Afrika.
>
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58486 is 'n antwoord op boodskap #58464] |
Ma., 11 Maart 2002 22:07   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wouter
Oukei Arthur, kom ek speel ook jou speletjie. En ek kies ook my teks
Vandag op 'n ander Afrikaanse forum skryf iemand uit Amsterdam:
> Als het bij kokhalzen blijft dan had je mazzel, anders had je de hele
> zaak onder gekotst.
As dit by kokhals (waddehel is dit?) bly dan het jy masels,
anders het jy die hele saak onder gekots.
Die twee sinne mag eners lyk, maar die begrip in Afrikaans is 0%.
Boggerol, zilch, zada, niets, flippol. 0%
En kom ons vat 'n sin van Emmy vanaand:
> Misdaad kan welen als de omstandigheden gunstig zijn oa armoede
Misdaad kan ?? as die omstandighede gunstig is onder andere (?) armoede
> en geen toekomst hebben en alle kenmerken die ellende met zich meebrengt
en geen toekoms hê en alle kenmerke met/van/die? ellende met sig? meebring.
Ek kan die sin op geen manier verstaan nie, alhoewel al die
woorde behalwe een verstaanbaar is. Hoekom sal misdaad
geen toekoms hê as daar armoede is nie? Die begrip in
Afrikaans is niks meer as 10% nie. En dis nie al sin van
Emmy vandag waarmee ek sukkel nie, hoor. Daar is nog
drie ander.
By die stuk wat jy hier onder vertaal moet jy ook in ag neem dat
ek nie ongewoon is om aan Nederlanders (in Afrikaans) te skryf
nie. Ek vermy dan woorde soos baie en gebruik die minder
gewone "erg" of "veel", net as voorbeeld. En jy ignoreer die
spelverskille, maar dis juis waar die probleem inkom. Dit
verminder klaar die ooreenkoms na onder 70% vir 'n Afrikaanse.
Julle gebruik hebben bv vir hê, terwyl heb by my die baie
ongunstige betekenis van gierigheid optower, soos in hebsug.
Dis juis die spelverskille wat die begrip beduiwel.
So sal 'n mens in Afrikaans ook nooit van 'n poesfokker praat
nie, terwyl dit in Nederlands blykbaar 'n katteler aandui.
(Ek het al kippenfokkers en paardefokkers raakgeloop.)
Net soos jy nie in Nederlands vir jou seun sal dreig dat jy
hom gaan neuk nie.
Al wat jy illustreer is dat julle makliker Afrikaans lees as wat ons
Nederlands lees. Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
boodskap nie. :-(
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6iv2e$5po$1@news.kabelfoon.nl...
OK, ek gaan die oppervlakkige spellingsverkille negeer en net die werklike
verskille tel:
> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
Maar ik stem met Sakkie samen, Arthur z'n 98% is laf.
100% (al sou ons waarskynlik 'flauw' gebruik het, maar flauw en laf kan ons
beide gebruik wanneer ons oor smake praat)
> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
Meer zoals 48% en da's een hoge korrelatie voor een taal
100%
> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
waarmee wij erg sukkelen. Verklaar voor mij hoe het komt dat
100% (hoekom is net 'n saamtrekking van 'hoe het komt dat')
> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
jij omtrend geen Afrikaansprekenden op Nederlandse
100%
> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
nieuwsgroepen ziet, en heelwat meer Nederlanders
100%, grammatikaal verskil deur die dubbele ontkenning
> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
op Afrikaanse nieuwsgroepen en postlijsten. Als dit 98%
100%
> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
hetzelfde was, dan zou dit toch interessant geweest
87,5%
> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
zijn voor ons om daar deel te nemen. Maar dit is te moeilijk
100%
> om te volg..
om te volgen.
50 woorde en net die woordjie 'mos' is vir die gemiddelde Nederlander
moeilik om te begryp ... 98%!!
Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)
Groete,
Arthur
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58489 is 'n antwoord op boodskap #58482] |
Ma., 11 Maart 2002 23:42   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:8l7q8u8fc9dk1ure04icnviu9a77tncfeu@4ax.com...
> On Mon, 11 Mar 2002 22:16:03 +0100, "Arthur Hagen"
> wrote:
>
>> "Rico" schreef...
>>> My ma het my altyd vertel, kan ek nie lig op die kerkhof en wil ek nie, lig
>>> daar teen!!!
>>
>> Verskoning, Rico, maar ek vrees jy sal hierdie uitdrukking vir ons moet
>> vertaal ... selfs ek begryp hom nie! :)
>>
>> Groete,
>> Arthur
>>
>
> Ek lees dit so Arthur: 'as jy wil kón jy.'
> Is ek reg Rico?
>
> DD
DD, jy is nog slimmer as ons dink!!
Jy is heeltemal reg, ek dink Arthur wil dit nie weet nie :-))
Kan ik niet ligt op het kerkhof en wil ik niet ligt er naast.
Gr.rico
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58491 is 'n antwoord op boodskap #58486] |
Di., 12 Maart 2002 01:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
> boodskap nie. :-(
Die draad het begin, my liewe Plaasvark,
toe 'n Nederlander gepraat het van 'n
lied (canon) wat hulle sing. Hulle het
net die fonetiese weergawe daarvan, en
hulle weet dis 'n lied wat in 'n Afrika-
taal is. Nou wil hulle weet of enigiemand
weet wat die woorde beteken. Nog niemand
het vir hom geantwoord nie. Ek het dit
foneties probeer klank, en dit klink vir
my regtig nie of dit 'n Suid-Afrikaanse
taal kan wees nie. Klink Wes-Afrikaans.
As ek nou flink wou wees, behoort ek 'n
paar Afrika-ambassades hier in Ottawa
te skakel en vir hulle die ding voor te
lees. Maar ek is nie lus daarvoor nie.
Die afrigter van daardie koor behoort mos
darem vir sy mense te gesê het wat hulle
sing.
Gloudina
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58493 is 'n antwoord op boodskap #58486] |
Di., 12 Maart 2002 07:49   |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Wouter Plaasvark" schreef...
>> Als het bij kokhalzen blijft dan had je mazzel, anders had je de hele
>> zaak onder gekotst.
> As dit by kokhals (waddehel is dit?) bly dan het jy masels,
> anders het jy die hele saak onder gekots.
Moenie naar Amsterdammers luister nie. Hulle praat nie rerig Nederlands nie.
> En kom ons vat 'n sin van Emmy vanaand:
>> Misdaad kan welen als de omstandigheden gunstig zijn oa armoede
> Misdaad kan ?? as die omstandighede gunstig is onder andere (?) armoede
Emmy se vingers gaan te vinnig oor die sleutelboord ...
Misdaad kan wel en as die omstandighede gunstig is onder andere armoede
>> en geen toekomst hebben en alle kenmerken die ellende met zich meebrengt
> en geen toekoms hê en alle kenmerke met/van/die? ellende met sig?
meebring.
en geen toekomst het en alle kenmerke wat ellende met hom meebring.
Ook in my vertaling sien ek net woorde met 'n Hollandse oorsprong ... maar
ek moet beken ek begryp die sin ook nie (in geen van beide tale nie).
> Julle gebruik hebben bv vir hê, terwyl heb by my die baie
> ongunstige betekenis van gierigheid optower, soos in hebsug.
> Dis juis die spelverskille wat die begrip beduiwel.
Dis julle handicap omdat julle taal kunsmatig gekonstrueer is. Ons herken
beide die Nederlandse elemente 'n die dialektiese elemente.
Oorigens sou 'hetsug' vir my oulik klink. Dit lyk vir my op 'hitsig' en
'hetze' :)
> So sal 'n mens in Afrikaans ook nooit van 'n poesfokker praat
> nie, terwyl dit in Nederlands blykbaar 'n katteler aandui.
Nonsens, in die konteks praat ons ook van katte. 'Poes' sê mens eintlik net
teën huiskatte (en ons kan dit op dieselfde wyse gebruik as julle, maar ons
is blykbaar nie so preuts (?) nie). Julle gebruik van die woord 'fok' is
gekorumpeer deur julle omgang met die Engelse. Vir ons kan 'n teler eintlik
net bloeme of groente teel.
> (Ek het al kippenfokkers en paardefokkers raakgeloop.)
> Net soos jy nie in Nederlands vir jou seun sal dreig dat jy
> hom gaan neuk nie.
Hie skeld ons mense uit vir kippeneukers :)
Ons ken die betekenis van neuk ook, maar ek moet beken die kleine verskille
kan soms baie 'verneukeratief' wees.
> Al wat jy illustreer is dat julle makliker Afrikaans lees as wat ons
> Nederlands lees. Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
> boodskap nie. :-(
Jy voorbeelde is die uitsonderings, nie die reëls nie. En as ek die eerste
pos in hierdie draad nie gesien het nie sou ek ook die titel 'afrikaanse
canon' nie verstaan het nie ....
Groete,
Arthur
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58514 is 'n antwoord op boodskap #58486] |
Di., 12 Maart 2002 14:55   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Pragtig gestel Wouter, nie een van ons het nog ooit gesê ons taal het nie
oorwegend sy wortel in Nederlands nie. Dis maar net hoe die gemiddelde
Hollander dit wil lees. Ek dink die probleem is dat die Hollanders nog
altyd wil dink dat hulle nogsteeds 'n kolonie aan die suidpunt van Afrika
het.
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c8d3896.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
> Oukei Arthur, kom ek speel ook jou speletjie. En ek kies ook my teks
> Vandag op 'n ander Afrikaanse forum skryf iemand uit Amsterdam:
>
>> Als het bij kokhalzen blijft dan had je mazzel, anders had je de hele
>> zaak onder gekotst.
> As dit by kokhals (waddehel is dit?) bly dan het jy masels,
> anders het jy die hele saak onder gekots.
>
> Die twee sinne mag eners lyk, maar die begrip in Afrikaans is 0%.
> Boggerol, zilch, zada, niets, flippol. 0%
>
> En kom ons vat 'n sin van Emmy vanaand:
>> Misdaad kan welen als de omstandigheden gunstig zijn oa armoede
> Misdaad kan ?? as die omstandighede gunstig is onder andere (?) armoede
>
>> en geen toekomst hebben en alle kenmerken die ellende met zich meebrengt
> en geen toekoms hê en alle kenmerke met/van/die? ellende met sig? meebring.
>
> Ek kan die sin op geen manier verstaan nie, alhoewel al die
> woorde behalwe een verstaanbaar is. Hoekom sal misdaad
> geen toekoms hê as daar armoede is nie? Die begrip in
> Afrikaans is niks meer as 10% nie. En dis nie al sin van
> Emmy vandag waarmee ek sukkel nie, hoor. Daar is nog
> drie ander.
>
> By die stuk wat jy hier onder vertaal moet jy ook in ag neem dat
> ek nie ongewoon is om aan Nederlanders (in Afrikaans) te skryf
> nie. Ek vermy dan woorde soos baie en gebruik die minder
> gewone "erg" of "veel", net as voorbeeld. En jy ignoreer die
> spelverskille, maar dis juis waar die probleem inkom. Dit
> verminder klaar die ooreenkoms na onder 70% vir 'n Afrikaanse.
> Julle gebruik hebben bv vir hê, terwyl heb by my die baie
> ongunstige betekenis van gierigheid optower, soos in hebsug.
> Dis juis die spelverskille wat die begrip beduiwel.
>
> So sal 'n mens in Afrikaans ook nooit van 'n poesfokker praat
> nie, terwyl dit in Nederlands blykbaar 'n katteler aandui.
> (Ek het al kippenfokkers en paardefokkers raakgeloop.)
> Net soos jy nie in Nederlands vir jou seun sal dreig dat jy
> hom gaan neuk nie.
>
> Al wat jy illustreer is dat julle makliker Afrikaans lees as wat ons
> Nederlands lees. Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
> boodskap nie. :-(
>
>
> "Arthur Hagen" wrote in message
> news:a6iv2e$5po$1@news.kabelfoon.nl...
> OK, ek gaan die oppervlakkige spellingsverkille negeer en net die werklike
> verskille tel:
>
>> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
> Maar ik stem met Sakkie samen, Arthur z'n 98% is laf.
> 100% (al sou ons waarskynlik 'flauw' gebruik het, maar flauw en laf kan ons
> beide gebruik wanneer ons oor smake praat)
>
>> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
> Meer zoals 48% en da's een hoge korrelatie voor een taal
> 100%
>
>> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
> waarmee wij erg sukkelen. Verklaar voor mij hoe het komt dat
> 100% (hoekom is net 'n saamtrekking van 'hoe het komt dat')
>
>> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
> jij omtrend geen Afrikaansprekenden op Nederlandse
> 100%
>
>> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
> nieuwsgroepen ziet, en heelwat meer Nederlanders
> 100%, grammatikaal verskil deur die dubbele ontkenning
>
>> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
> op Afrikaanse nieuwsgroepen en postlijsten. Als dit 98%
> 100%
>
>> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
> hetzelfde was, dan zou dit toch interessant geweest
> 87,5%
>
>> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
> zijn voor ons om daar deel te nemen. Maar dit is te moeilijk
> 100%
>
>> om te volg..
> om te volgen.
>
> 50 woorde en net die woordjie 'mos' is vir die gemiddelde Nederlander
> moeilik om te begryp ... 98%!!
>
> Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)
>
> Groete,
> Arthur
>
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58518 is 'n antwoord op boodskap #58511] |
Di., 12 Maart 2002 15:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek het dit ten spyte daarvan nie verstaan nie, want ek ken 'n
> kanon as iets waarmee jy skiet of 'n kerkreël of -geskrif,
> nie as 'n lied soos Gloudina nie. Daardie betekenis word nie
> in moderne Afrikaans gebruik nie.
Myns insiens het die oorspronklike
Nederlandse poster ook die woord
verkeerd gebruik, of anders in 'n
betekenis wat ek nie ken nie. 'n
Kanon is gewoonlik die gesamentlike
werk van 'n kunstenaar, nie noodwendig
'n sangkunstenaar nie. Maar toe ek nou
in ons American Heritage Dictionary
naslaan, toe kry ek die volgende as een
van die menige betekenisse van "canon" in
Engels: "A Composition in which the same
melody is repeated by one or more voices,
overlapping in time in the same or related
key." Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
weet daar is 'n ander woord daarvoor in
Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
nie. Kan jy dit onthou?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58533 is 'n antwoord op boodskap #58532] |
Di., 12 Maart 2002 19:27   |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" schreef...
> Pasop vir veralgemening Artur :-)))
> (Veralgemening, as jy nie die woord verstaan nie,
> is om almal oor dieselfde kam te skeer :-) )
Skuus, Davie, jy is reg. Ek moet voorsigtig wees om ook nie die laaste
Afrikaners wat nog 'n bietjie simpatiek teenoor my persoontjie staan weg te
jaag :)
>> het seker geen Nederlander die wens om die kaap
>> weer Hollands te maak.
>
> Jy sal daarvan hou om te weet dat daar in Afrikaans 'n uitdrukking is
> wat gebruik word wanneer iets wat verkeers is reggestel is:
> "Die Kaap is weer Hollands"
Ek ken inderdaad daardie uitdrukking, dis darem dat ek my opmerking so
geformuleer het ;)
>> 'n Houding wat
>> doen dink aan die houding van baie Nederlanders teenoor Duits.
> Ook het ek al die idee gekry dat julle nie vreeslik lief is vir die
> Engelse (of Engelse taal) nie.
Meeste mense het geen probleem met die Engelse taal nie. Sommiges sien
Engels as bedreiging vir ons eie taal. Ek stem nie saam met die mening nie,
ons leen net woordjies ... dis geen bedreiging nie, dis net handig.
Oorigens is Engels na Afrikaans die taal wat naasteby aan Nederlands is, dus
beskou ek leenwoordjies uit Engels nie noodsaaklik as 'taal-vreemd' nie.
Daardie verwantskap is wel 'n risiko. Ek gaan die komende 50 jaar Afrikaans
dop hou, want ek is van mening julle taal beweeg hom rigting Engels. Miskien
gaan Nederlands ook daardie kant op en is 'Nederlands' en 'Afrikaans' oor
100 jaar net Engelse dialekte ;)
Engelse sien ek meestal wanneer ek vakansie hou in Spanje ... die Engelse
wat jy daar ontmoet is geen reklame vir die Engelse volk nie :(
Groete,
Arthur
|
|
|
|
|
Re: afrikaanse canon [boodskap #58536 is 'n antwoord op boodskap #58524] |
Di., 12 Maart 2002 20:16   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
> "Sakkie" schreef...
>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal
> gebeur.
>
> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>
> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
Ek stem saam.
Wat die mite betref, is dit 'n redelike onlangse verskynsel en het, glo ek,
sy oorsprong in 'n kombinasie van (1) die algehele verstoting, veral sedert
die 1980's, deur Nederlanders van alles wat selfs net na Afrikaans ruik, en
(2) die ontstaan om en by daardie tyd in België van die Vlaams Blok en sy
ver-regse politiek.
Wat die 'Suid-Nederlands' betref, het ons almal op skool geleer dat Jan van
Riebeeck van Culemborg gekom het. En waar is Culemborg - in Vlaandere?
Naby Vlaandere? In 'Suid-Nederland' dan?
Swart Simon
|
|
|
|
|
Bladsye (5): [ 3 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Ma. Apr. 28 22:24:10 UTC 2025
|