Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #57919 is 'n antwoord op boodskap #57913] |
Di., 26 Februarie 2002 23:04   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> So, volgens jou gaan die Koran lesers en Budhiste sowel as Hari
> Krishnas ens. ens. ens. bure wees van die Christene by die baie
> wonings?
Ja, Davie Davis. Elkeen wat binne sy spirituele
raamwerk deur die godheid aangeraak word, sal bure
wees. Daar sal baie wees wat "Here, Here" skree
wat nie daar toegelaat sal wees nie. Daar sal baie
wees wat "Allah, Allah " skree wat nie daar sal
wees nie. Maar elkeen wat glo soos die kleinste
van hulle en soos die lelies van die veld, hulle
is noual in die huis van baie wonings.
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #57959 is 'n antwoord op boodskap #57893] |
Wo., 27 Februarie 2002 13:45   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Verstaan jy nie Afrikaans nie?
For example the
> Christian and Buddhist is quite far removed in terms of their religious
> understanding and even - as you have mentioned before - the Buddhist
> religion (Is it a religion?) encompasses the Christian Religion it does
> not succeed in the opposite direction. What in effect happens is that
> you look down on other religions and poo-poo their efforts as you
> described by you in the attched.
Jy kan maar Afrikaans gebruik. Jou
Afrikaans is beter as jou Engels.
Nee, die Buddhiste sien hulself nie
as aanhangers van 'n "godsdiens" nie.
Wat bedoel jy met "it does not succeed
in the opposite direction." Bedoel jy
dat die Buddhisme weier om vir hulself
die titel toe te eien van die enigste
waaragtige godsdiens?
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #57962 is 'n antwoord op boodskap #57894] |
Wo., 27 Februarie 2002 14:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Die feit dat 'n Christen glo dat ek slegs gered word deur my geloof in
> Christus sluit mos ander gelowe uit.
> Geloof is presies dit - swart en wit, biner - 0 of 1, aan of af, leeg
> of vol - daar is nie 'n grys area nie.
Ek dink, Lou, dat jy nie die regte "konsep"
van "geloof" het nie. Geloof is 'n eksistensiële
gegewe, nie 'n politieke statement nie. Geloof
is 'n spirituele "commodity" wat jy óf het óf nie
het nie. Neem 'n praktiserende Christen en 'n
praktiserende Buddhis en sit hulle langs mekaar,
en jy kyk na dieselfde "commodity." Dis die geloof
wat saakmaak en waarin geglo word.
Maar jy wil politiek met geestelike geloof speel.
Jy wil fascisties jou opinies op ander mense afdruk
met betrekking tot godsdienste. En ek is bevrees dat
daardie soort Christene wat eintlik fasciste wil wees,
se dae getel is. Dis die besef daarvan wat mens in
baie vooraanstaande Christelike teoloë se werk vind.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58057 is 'n antwoord op boodskap #58036] |
Sa., 02 Maart 2002 13:02   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Laat ek nou aan jou 'n enkele vragie vra: Dui die Christelike Geloof aan
> dat slegs diegene wat in Christus glo gered sal word? Ek sal dit maklik
> maak - JA het geen uitbreiding nodig nie maar NEE sal ek graag
> gemotiveer wil sien.
Nee, Lou. Ek glo dat die Bybel en die
vooraanstaande Christelike teoloë nie
glo dat daar in die Bybel staan dat SLEGS
diegene wat "in Christus" glo, "gered"
gaan word nie. Die bybel dui 'n metodologie
gaan om die godheid te benader. Daar is ook
ander metodologië, ander "great codes."
As 'n "christen" glo dat slegs hy "gered"
is, gaan hy vir my in teen wat Christus
verkondig en speel hy politiek met die
konsep "godsdiens."
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58058 is 'n antwoord op boodskap #58050] |
Sa., 02 Maart 2002 13:13   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> "Glo jy Gloudina Bouwer, die Bybel in sy kompleet vorm?
> Van Genesis tot Openbaring?" Sonder weglatings en byvoegings?
Ek val nie in hierdie lokval nie. Want
jy speel politiek met die woord "glo."
Vir jou bedoel "glo" dat mens alle ander
voorkomste van die godheid moet uitsluit.
En dit is ek nie bereid om te doen nie.
Ek het lankal vaarwel gesê aan die klomp
joggies wat politiek speel met die spirituele.
As "julle" god "die enigste god" is, dan is
hy die ou Nobodaddy waarvan William Blake
praat, wat sommige mense glo sit daar in die
wolke daar eenkant en wag om te oordeel. Nee,
Davie Davis, die oordeelsdag is elke dag van
jou lewe.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58079 is 'n antwoord op boodskap #58061] |
So., 03 Maart 2002 00:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> Gloudina, definieer vir ons New Age asseblief.
> Nie 'n lokval nie... nie beledigend nie... ek weet
> self nie wat word onder die 'New Age' beweging
> geklassifiseer nie.
Ek is nie "new age" nie, Davie.
Ek weet nie wat dit beteken nie.
Dis blykbaar een van hierdie frases
wat mense gebruik soos dit hulle
pas. Ek hou nie van die sogenaamde
"new age" musiek nie. Dis stroperig
en amper nooit iets wat my siel
beweeg soos Gregorian chant of die
diep basgeluide van Tibetaanse monnike
se sang nie.
Gloudina
|
|
|
Re: New Age/Internet [boodskap #58080 is 'n antwoord op boodskap #58075] |
So., 03 Maart 2002 00:50   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
die dinge is net absoluut tè belangrik om pionier te probeer
> speel en jou eie pad in die bosse oop te kap waar jy dink die pad
> moet lei. En dit boonop na jy buitendièn 'n Landkaart het.
> Ek dink dat woorde wat gesê of geskryf is
> nooit uitgevee kan word nie
> Tensy jy Iemand ken
> met 'n uitveër
> natuurlik.
Jy gebruik die beeld van 'n landkaart.
Maar jy impliseer dat daar net een
landkaart is. Dieselfde plek kan bereik
word deur meer as een landkaart, wat
opgestel is, te gebruik.
En wie wil die Bybel as landkaart uitwis?
Al waarteen sommige mense het, is die
neiging van baie christene (gewoonlik
onkundig van wat die leidende moderne
Christelike teoloë bespreek) om te
verklaar dat hulle siening van die
godheid die "enigste" is.
Is jy bewus dat in Christelike
teologiese kringe in Suid-Afrika daar
baie gisting is oor hierdie sake.
Gloudina
|
|
|
|
Re: New Age/Internet/Liberalistiese sienings [boodskap #58099 is 'n antwoord op boodskap #58086] |
So., 03 Maart 2002 11:58   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Van Gewetenswroeginge gepraat - enigiemand hier wat
Kumalo se stukkie vandag in Sunday Times gelees het van hoe hy as liberalis
en ondersteuner van die siening dat die huidige vloedgolf van kriminaliteit
die gevolg is van apartheid - skielik sy liberalisme verloor het toe daar by
sy kar ingebreek het, en net soos enige ander ontgogelde geen simpatie gehad
het toe 2 14jariges die aanklagkantoor ingebring is vir diefstal nie - en hy
self nogal - nadat die polisie 'n vermeende onwettige immigrant gevra het om
in Afrikaans tot by 10 te tel, en die arme mens net tot by 4 kon kom, wat hy
toe as ver uitgespreek het - die hardste gelag het en toe vir die polisie
gesê het hulle moet hom vra om in Afrikaans te vloek - en as hy nie die
3letter woordjie wat met pap rym gebruik nie, is hy definitief nie van SA
nie.
Dit is nie vir my verbasend dat dit gebeur het nie - net goed om te weet dat
tot mense wat 'n skewe liberalisme soms aanhang, ook menslik kan wees, en
dit nogal op 'n publieke forum erken.
Annette
Davie Davis skryf in boodskap news:ogl38u0s1houc3bde8ae3qf65t3h44q39d@4ax.com...
> On Sun, 3 Mar 2002 10:04:15 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>> ... ons is baie nader as wat jy dalk mag
>> dink! Pasop, dus wanneer jy suggereer dat ons in lowly places woon...
>>
>
> LOL... wanneer ek kyk na Gloudina se probleem met haar gewete
> dan is dit so lekker om terug te keer na die kameraderie in die groep.
> Miskien raak comrade Gloudina jaloers hierop! :-)))
|
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58183 is 'n antwoord op boodskap #58153] |
Wo., 06 Maart 2002 13:21   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Waarom stry jy dan? As Christene, Moslems en Hindoes 'n godsdiens is en
> Boedisme is nie - d.w.s. hulel glo nie in iets nie - dan kan jy mos soos
> ek al ad nauseum in die nuusgroep gesê het die twee mos nie vergelyk
> nie?! Waarom pla dit jou dan so as die godsdienste dan in iets glo? Dit
> het mos geen impak op die Boedistiese manier van 'opereer' nie?
O, so. Die Buddhisme "glo nie in iets nie."
Ek het nuus vir jou. Die Buddhis glo, net soos
die Christen behoort te glo, dat die godheid
(buddha) die natuur van almal is en dat die
gevalle mens alleen sy gevallenheid moet ontdek
en hom los moet maak van die dwingelandy van
samsara. M.a.w. dat, in Christelike terme, ons
"almal kinders van God" is.
Jy, Lou, was die een wat ad nauseam oor en
oor gesê het dat alleen Christene "gered" kan
word as hulle "glo" soos jy glo.Ek val nooit
iemand op hierdie nuusgroep aan oor waaraan hy
glo nie. Ek val alleen mense aan wat wil politiek
speel met die spirituele. Meeste van laasgenoemde
op hierdie nuusgroep val in die kader van "Christene".
Maar ek het ook eenkeer ( was dit nou Sakkie?) aangeval
omdat hy politiek wou speel met sy ateisme.
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58190 is 'n antwoord op boodskap #58183] |
Wo., 06 Maart 2002 17:43   |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 06 Mar 2002 13:21:52 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Jy, Lou, was die een wat ad nauseam oor en
> oor gesê het dat alleen Christene "gered" kan
> word as hulle "glo" soos jy glo.
>
> Gloudina
>
Maar jy is mos besig om openlik leuens te vertel Gloudina. Daar is mos
meer van ons wat die gesprek volg. Nooit het Lou homself op 'n
troontjie geplaas en gesê dat mense moet glo soos hy glo nie (alhoewel
dit tog daarop neerkom; maar sê dinge in die regte konteks. Die manier
waarop jy dit stel is jou gewone neerhalende tipe aanval op enig een
wat met jou verskil ((wat natuurlik almal beteken)) ) maar wat Lou
werklik gesê het is dat die Christelike geloof diè ènigste weg tot
saligheid is. Ãn die Christen wat hom nie ondersteun daarmee nie, glo
soos jy in vele gode.
Wat Lou se stelling betref betreffende die feit dat slegs mense wat
Jesus Christus as bemiddelaar aanvaar gered sal word, skaar ek my
sonder voorbehoud met hom.
Vir jou Lou...
Onthou jy dat jy gesê het dat ek my tyd mors? Wel, dit geld vir jou
ook. Indien sy net stry om 'n valse trots te beskerm, en ons was nie
skaam om Sy Naam te bely nie, dan dink ek dat ons die reg het om ons
te onttrek aan die tema.
DD
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58196 is 'n antwoord op boodskap #58190] |
Wo., 06 Maart 2002 18:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> ons was nie
> skaam om Sy Naam te bely nie
Die kwessie is, Davie Davis, of jy
werklik Sy naam bely wanneer jy
politiek speel met Sy naam. Ek hoop
dat jy diep studeer in die Christelike
teologie, om uit te vind wat "om Sy
naam te bely" werklik in die praktyk
beteken. Byvoorbeeld, of jou einste
Christelike teologie (nie verregse
Christelike politici nie) alle mense
uitsluit wat nie in die historiese
Christus glo nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58208 is 'n antwoord op boodskap #58190] |
Wo., 06 Maart 2002 21:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
wat Lou
> werklik gesê het is dat die Christelike geloof diè ènigste weg tot
> saligheid is. Ãn die Christen wat hom nie ondersteun daarmee nie, glo
> soos jy in vele gode.
O, so jy stel jou nou aan as die skeider
van die skape en die bokke sover dit die
Christelike leer aangaan. Christene wat nie
vir Lou ondersteun in sy beklemtoning dat
"die Christelike geloof die enigste weg tot
saligheid is" nie, word ook nou uit die
Christelike kudde gegooi. Go figure. Julle
is fasciste. En ek hou vol: julle verwring
die Christelike teologie self.
Gloudina
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58210 is 'n antwoord op boodskap #58190] |
Wo., 06 Maart 2002 21:41   |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf in boodskap news:8hkc8ugoqctjjith89js5f9ajhnjodfv96@4ax.com...
> On Wed, 06 Mar 2002 13:21:52 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>
>
>> Jy, Lou, was die een wat ad nauseam oor en
>> oor gesê het dat alleen Christene "gered" kan
>> word as hulle "glo" soos jy glo.
>>
>> Gloudina
>>
>
> Maar jy is mos besig om openlik leuens te vertel Gloudina. Daar is mos
> meer van ons wat die gesprek volg. Nooit het Lou homself op 'n
> troontjie geplaas en gesê dat mense moet glo soos hy glo nie (alhoewel
> dit tog daarop neerkom; maar sê dinge in die regte konteks. Die manier
> waarop jy dit stel is jou gewone neerhalende tipe aanval op enig een
> wat met jou verskil ((wat natuurlik almal beteken)) ) maar wat Lou
> werklik gesê het is dat die Christelike geloof dié énigste weg tot
> saligheid is. 'n die Christen wat hom nie ondersteun daarmee nie, glo
> soos jy in vele gode.
> Wat Lou se stelling betref betreffende die feit dat slegs mense wat
> Jesus Christus as bemiddelaar aanvaar gered sal word, skaar ek my
> sonder voorbehoud met hom.
>
> Vir jou Lou...
> Onthou jy dat jy gesê het dat ek my tyd mors? Wel, dit geld vir jou
> ook. Indien sy net stry om 'n valse trots te beskerm, en ons was nie
> skaam om Sy Naam te bely nie, dan dink ek dat ons die reg het om ons
> te onttrek aan die tema.
Eers sê jy dat Gloudina lieg oor wat Lou gesê het en dan, in dieselfde asem
as't ware, dat wat Gloudina sê tog neerkom op wat Lou gesê het. Soos so
dikwels, skiet jy jouself weereens in die voet. Of is dit maar net dat jy
daarvan hou om 'n klomp woorde aanmekaar te ryg sonder dat jy eintlik omgee
daaroor wat die woorde beteken.
Dis duidelik dat Gloudina en Lou elk weet presies wat die ander se standpunt
is, en dat daar 'n groot kloof tussen die twee standpunte is. Dit is ook
duidelik, veral gegewe Lou se graniet-logika (dis 0 of 1, aan of af, ad
museum), dat die kloof nooit oorbrug gaan word nie.
Swart Simon
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 08 22:14:21 UTC 2025
|