Tuis » Lekker » Kos & resepte » Annette, help asseblief
Annette, help asseblief [boodskap #52771] |
Fri, 02 November 2001 17:39  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!
Is mieliepap en polenta dieselfde??
Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
:-))
Gr.Rico
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52846 is 'n antwoord op boodskap #52773] |
Sun, 04 November 2001 03:45   |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
> dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
> Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
> Dis al wat ek weet.
> Jammer.
> Annette
Kinky: Mag ek dalk n bietjie help? Ek het gaan soek na n resep vir
jou Rico, maar ek het nie een gekry nie, toe maak ek maar n potjie pap
gisteroggend en skryf die "resep" neer! :-)) Jy sien ons het met
die maak van pap grootgeword en dan ontwikkel mens n "gevoel" vir die
hoeveelhede daarvan. Goed, probeer die vir n stywerige pap en dan
verminder jy die water/mieliemeel na gelang van jou voorkeur: Onthou
egter die geheim van mieliepap is dat dit genoeg sout moet inhê en
baie goed gaar moet wees.
500 ml water (2 Kop)
10 ml sout (2 tl)
500 g growwe braaipapmieliemeel / mieliemeel (3 1/2 kop)
30 ml botter of margarien (opsioneel 2 E)
Verhit die water en sout tot kookpunt in n (verkieslik)
dikboomkastrol. Roer die meel by. (ek gooi eintlik die meel in n
hoop by, sit die deksel op en laat dit vir n paar minute so kook.)
Roer dan die meel deeglik deur, verlaag die hitte en prut tot gaar.
Mens kan ook die botter saam met die meel in die kookwater inroer,
anders kan jy die botter in die gaar pap inroer.
Ons eet dit met bruinsuiker en melk.
En vir ekstra lekkerte saam met braaivleis kan jy n blikkie
heelpitmielies inroer wanneer die pap gaar is.
En dan is daar nog n paptert resep ook! Wil jy die ook hê?
Hoop, hierdie kon jou help? Laat my tog weet as jy dit gemaak het!
;-)
|
|
|
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52852 is 'n antwoord op boodskap #52846] |
Sun, 04 November 2001 06:39   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Praat jy nou van die stywepaptert met uie en sampioene?
Ek maak my mieliepap sommer gaar in die mikrogolfoond - netnou is my
dikboompot te maer:))))
Soos jy sê - daar moet sout en 'n klontjie botter by wees:))
Annette
Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0111031945.5c734d5b@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Sheeeeezz!!! Ek koop die goed in 'n pak wat gemerk is mieliepap en ek maak
>> dit - het nie idee van diktes en microns en daardie goed nie:))
>> Minder water, meer mieliemeel maak stywer pap.
>> Dis al wat ek weet.
>> Jammer.
>> Annette
>
> Kinky: Mag ek dalk n bietjie help? Ek het gaan soek na n resep vir
> jou Rico, maar ek het nie een gekry nie, toe maak ek maar n potjie pap
> gisteroggend en skryf die "resep" neer! :-)) Jy sien ons het met
> die maak van pap grootgeword en dan ontwikkel mens n "gevoel" vir die
> hoeveelhede daarvan. Goed, probeer die vir n stywerige pap en dan
> verminder jy die water/mieliemeel na gelang van jou voorkeur: Onthou
> egter die geheim van mieliepap is dat dit genoeg sout moet inhê en
> baie goed gaar moet wees.
>
> 500 ml water (2 Kop)
> 10 ml sout (2 tl)
> 500 g growwe braaipapmieliemeel / mieliemeel (3 1/2 kop)
> 30 ml botter of margarien (opsioneel 2 E)
>
> Verhit die water en sout tot kookpunt in n (verkieslik)
> dikboomkastrol. Roer die meel by. (ek gooi eintlik die meel in n
> hoop by, sit die deksel op en laat dit vir n paar minute so kook.)
> Roer dan die meel deeglik deur, verlaag die hitte en prut tot gaar.
> Mens kan ook die botter saam met die meel in die kookwater inroer,
> anders kan jy die botter in die gaar pap inroer.
> Ons eet dit met bruinsuiker en melk.
>
> En vir ekstra lekkerte saam met braaivleis kan jy n blikkie
> heelpitmielies inroer wanneer die pap gaar is.
>
> En dan is daar nog n paptert resep ook! Wil jy die ook hê?
>
> Hoop, hierdie kon jou help? Laat my tog weet as jy dit gemaak het!
> ;-)
|
|
|
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52858 is 'n antwoord op boodskap #52807] |
Sun, 04 November 2001 13:17   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur wrote:
> Mieliepap is toch gewoon griesmeelpap, maar dan alleen met maisgries?
Arthur, wat is die verklaring van die woord "gries" in
Nederlands.(Afrikaans-sprekendes ken dit nie, maar wel die woord ghries,
wat seker maar 'n ander gedaante is van die Engelse woord
"grease," maar spesifiek bedoelende olie wat jy gebruik om
dinge vlotter te laat loop deur dit olie te gee. So sê mense
gereeld "Ek laat ghries my kar." )
Ek wonder of die Nederlandse "gries" en die Amerikaanse
"grits" nie dieselfde oorsprong het nie.
Ons American Heritage Dictionary verklaar "grits" as volg:
"Coarsely ground grain, especially corn. (From Middle
English gryt, bran Old English grytt)"
Dit klink dus na jou maisgries. Eet julle ook maisgries op
redelike groot skaal in Europa? Hoeveel mielies word daar
in Europa verbou. Hier in Noord-Amerika, veral in die
noordooste, is mielies absoluut oral, en word mielie newe-
produkte in baie vorms gebruik, meer as wat in SA die
geval was.
Is ek reg dat mielies nie ínheems aan Afrika is nie, maar
eers uit die Amerikas ingevoer was. Verbasend dat dit
so 'n stapelkos van suidelike Afrika geword het.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Annette, help asseblief [boodskap #52893 is 'n antwoord op boodskap #52885] |
Mon, 05 November 2001 06:27  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gebrande Patats , Pampoen, Uie - ja heerlik.
Pap nee - die melk kry dan sulke swart roetkorreltjies in:)))
Annette
Happiness is a state of Mind.
Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0111041931.1321a97f@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Praat jy nou van die stywepaptert met uie en sampioene?
>> Ek maak my mieliepap sommer gaar in die mikrogolfoond - netnou is my
>> dikboompot te maer:))))
>> Soos jy sê - daar moet sout en 'n klontjie botter by wees:))
>> Annette
>
> Kinky: Ja, ek doen. Maar ek hou van daai stukkie brandsel onder in
> die boom van die dikboompot! :-)) Dus geen mikrogolfpap vir my nie
> dankie! ;-)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 13 13:20:06 UTC 2025
|