Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Hondename
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #56063 is 'n antwoord op boodskap #56003] |
Thu, 24 January 2002 19:58 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette"
: My ma glo in geloofsgenesing, omdat dit haar 'n rukkie gehelp het, en sy
: staan daarby dat sy weer siek geword het omdat sy getwyfel het of sy
werklik
: heeltemal gesond is.
---knip---
~~~~~~~~~~~~~~~
Wat die doodgaan betref is dit wel so, dat ons wel sal doodgaan soos Sy
geliefde apostels ook gesterf het. As jy sonder sonde was, sou jy nie
gesterf het nie. Ons is vreemdelinge op aarde. Dit was wat Josef se pa,
Jakob, vir Faroe gesê het, toe dié hom gevra hoe oud hy was.
Annette druk die onderstaande stuk uit en gee dit vir jou Ma.
----
Waarom sommige die ondervinding van genesing verloor.
Ons hoor so baie mense wat wonderbaarlik deur die krag van die Here genees
is, maar dan na verloop van tyd het die simptome van die ou siekte weer
terug gekom, en die persoon is weer siek, en soms ly hulle dan weer aan
"daardie kwaal" tot hulle dood.
Hierdie ding het gemaak dat vyande van Goddelike Genesing, wanneer hulle
hoor van iemand wat deur die Here genees is, dadelik sê "Ja maar hoe lank
sal dit hou, dan is hy weer siek?"
As ons Goddelike Genesing wil verstaan, dan moet ons dit nooit alleen
bestudeer nie, nee, ons moet dit altyd bekyk by die lig van die verlossing
van die siel.
Kom ons kyk na 'n paar punte van ooreenkoms tussen die redding van die siel
en genesing van die liggaam:-
1] Altwee is 'n verlossing deur Jesus se kruiswerk uit satan se mag. Die
siel van die sonde, en die liggaam van siekte. So moet ons dan verwag dat
soos die duiwel die persoon haat wie se siel gered is, so haat hy die
persoon wie se liggaam deur Jesus genees is. Waarom? Hulle is albei
onweerspreekbare getuienis van Jesus teen satan.
2] Die satan val 'n verloste siel aan, sal hy dan nie 'n persoon wie se
liggaam deur Jesus genees is, se liggaam ook na die genesing weer aanval
nie? Hy het dit al die eeue deur gedoen, waarom nie vandag nie? As 'n mens
waarlik tot bekering kom , dan ondervind jy die ongekende vrede met God in
jou binneste. Jy is bly omdat jou sondes vergewe is, jy weet jy gaan hemel
toe. Jy wandel nou in die lig en is verlig. Wat gebeur nou? Op 'n goeie dag
wanneer jy dit die minste verwag, kom daar oor jou 'n ongelukkige gevoel. Jy
kan nie vry bid nie, dit voel of jou woorde soos klippe neerval. Die Bybel
is vir jou 'n boek van letters en eentonige geskiedenisse. Jy voel beskuldig
en misrabel. 'n Stem sê vir jou die Here het jou verlaat en het jou net
verbeel. Jou siel is nog nooit gered nie.
Watter kind van God ken nie hierdie ondervinding nie? Wat maak jy nou? Gaan
jy maar sit en kerm om jou langsamerhand weer aan die sonde en die wêreld
oor te gee? Nooit! Tienduisendmaal, nooit! Jy is jou nie bewus van 'n sonde
wat jy gedoen het waardeur jy die Here bedroef het dat jou siel in
duisternis geraak het nie. Wat meer is, al sou jy gesondig het, sou jy dit
dadelik voor die Here bely, en op grond van sy beloftes in 1 Johannes 2:1-2,
sal jy vra Hy moet jou dit vergewe, en Hy sal dit doen. "My kinders, ek
skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand
gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die
Regverdige. En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n
nie, maar ook vir dié van die hele wêreld."
Wat maak jy nou met die vreeslike ongelukkige gevoel wat oor jou gekom het?
Jy erken dadelik dis 'n helse aanval van die satan en jy gryp die swaard van
die Gees, Gods Woord, Efesiërs 6:17, en jy val hom aan. "Die regverdige sal
uit die geloof lewe," en nie op gevoel nie. Hebreërs 10:38
Jy dank die Here dat jy weet dat hy jou gered het, en sê verder gelowig
paslike tekse op. Dis dan nie lank nie of die duisternis is weg, en jou
vrede is herstel. Prys die Here vir 'n Ewige Verlossing!
My dierbare leser, dis presies dieselfde met die genesing van die liggaam.
Die Here het u volmaak gesond gemaak. U geniet die heerlike gesondheid. Dis
tog te heerlik en u getuig links en regs daarvan. Ewe onverwags op 'n dag
kom daar weer tekens van die siekte waarvan die Here u genees het, terug.
Die naarheid is weer daar. Die pyne is daar, ja, alle tekens is weer daar.
Wat nou? Die satan is by met beskuldigings, verwyte en sommer groot
voorspellings. Sy eerste doel is om u die skrik op die lyf te jaag, want as
'n mens skrik en vrees, kan jy nie glo nie, is jy magteloos teen die satan.
Wat moet u nou maak?
Ons noem 'n paar dinge om u te help:-
1] Pak die genesing wat u ondervind het, wat op die woord van God gegrond
is, beet met alle mag, en dank die Here dat Hy u waaragtig genees het. Ja,
Hy wat gesê het: "Ek is die Here wat jou gesond maak," en "Deur wie se wonde
julle genees is."
2] Bely en erken hardop voor die Here dat hierdie tekens van die ou siekte,
nie die siekte is waarvan die Here u genees het nie, maar dat dit valse
tekens is, 'n namaaksel van die satan om u te laat twyfel, en sodoende oneer
te bring op die Naam van die Here waarin u genees is.
3] Weier dit. "Onderwerp julle dan aan God (nie aan die satan se gevoel van
siekte nie) weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug (met sy valse
siekte tekens.)" Jakobus 4:7 .. Die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu
en soek wie hy kan verslind (wie se genesing hy kan verongeluk). Hom moet
julle teëstaan. Standvastig in geloof . :Prys die Here vir hierdie kostelike
raad in Sy dierbare Woord! Nog 'n dodelike wapen teen hom: "Julle is uit
God, my kinders, en het hulle (die satan met sy siektetekens) oorwin, omdat
Hy wat in julle is (Jesus wat die genesing bewerk het) groter is as hy wat
in die wêreld is". (die satan wat jou wil bedrieg.)
4] Prys nou die Here soos Dawid in psalm 103:1-3, want Jesus, die
Waaragtige, het die genesing in werklikheid u deel gemaak. "Loof die Here, o
my siel, en al wat binne in my is, Sy heilge Naam. Loof die Here o my siel,
en vergeet (wanneer die satan met sy siekte-tekens kom) geeneen van Sy
weldade nie, wat al jou ongeregtighede vergewe , wat al jou krankhede genees
(het, wat die satan jou nou wil wysmaak dit is nie so nie.) Loof die Here!"
Ons waarborg u, die satan sal moet wyk, want sy leuen hou nie standvoor God
se waarheid nie. Val hom aan met: "Daar staan geskrywe," en Openbaring 12:11
"En hulle (wat aangeval is met valse siekte-tekens) het hom (die satan)
oorwin deur die bloed van die Lam en die woord van hulle getuienis (die
skrif wat hulle gelowig teen hom gebruik.)
As almal wat deur die Here genees is, hierdie dinge weet, en dit teen die
satan gebruik, sal die vyand nie meer kan sê: "Hoelank sal dit hou?" nie.
Gebruik dit, noudat u dit weet!
Geneem uit "Lees en word gesond" Geskryf deur Chris. 5 de uitgawe 1977. 1
ste druk 1661.
~~~
|
|
|
Re: Kerke [boodskap #56064 is 'n antwoord op boodskap #56037] |
Thu, 24 January 2002 20:21 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 24 Jan 2002 19:14:52 +0800, "Hantamkind"
wrote:
> Dave,
>
> Ja, en daar sit ek toe my voet in dit.
knip
knip
knip
> Ek het eintlik meer wou uitbry op die liedjies wat so oor en oor gesing
> word - wat ek sien as 'n medium om die massa opsweep van emosie in die hand
> te werk.
Onthou jy hoe het jy in die gradeklasse die tafels oor en oor opgesê
Hantamkind? Om dit in jou verstand in te grafeer? En wanneer jy en sy
op die bank in die park sit, sê jy net eenmaal vir haar dat jy haar
lief het, in vrees vir herhaling?
Ek is versot op die Pinkster manier van aanbidding
met lofbetuigings in absolute herhaling
want as jy bly is is jy bly
en om te juig ken nie perke nie.
As jy dit wat baie Pinkstermense het opsweping noem
mag ek meer en meer opgesweep word
en dit behou!
>
> Ek gaan nie se of dit reg of verkeerd is nie. As Paulus se hy het in tale
> gespreek dan het ek geen rede om te twyfel daaraan nie.
Dankie. Jy sou defnitief die skrif wat ek gekwoteer het nageslaan het
en bevestiging gekry het.
> Waaraan ek wel
> twyfel is die mense wat EK gesien het wat in tale praat. Sommige ouens was
> baie duidelik in 'n trans. Ander het ook saamgepraat en so bietjie woorde
> geleen van die ander af. Die woord "basitilo" of so-iets het telkens
> voorgekom. So asof hulle dit gebruik het wanneer hulle nou nie meer aan 'n
> ander woord kon dink nie.
>
> Hoe verifieer mens dit. Moet iemand dit nie kan uitle nie? En hoe verifieer
> mens die uitleg wat gegee is, indien enige? Het hierdie ou 'n rympie by die
> huis gaan skryf en geleer en kom opsê in die kerk om gesien te word? Wie
> weet? Hemel daar was een ou wat my wou "leer" het hoe om in tale te praat.
> Sorrie, te dik vir 'n daaler vir my.
> Maar Dave, ek gaan nie slapelose nagte daaroor he nie.
Hier Hantamkind, praat die mens in my dieselfde taal, woord vir woord,
as jy. Jy sê niks hier waarmee ek verskil nie. En juis hier is dit
waar ek agtergekom het dat ek skade in my geloofswese gaan kry as ek
dit nie kan verwerk nie. Soos reeds gesê was die antwoord aan my die
skrifte wat ek genoem het en die feit dat ek die bybel in sy geheel
glo. Dit gaan so onregverdig wees as Danielle nou vir my vra of ek glo
dat 'n vis werklik vir Jonas ingesluk het. En dan nog boonop sê dat 'n
walvis nie 'n vis is nie, so watse vis was dit dan? Dis dan wanneer
dit makliker is om Me se sienswyse te aanvaar dat daar dinge is wat te
groot is vir die mens om te verstaan.
> Ek vra omverskoning as ek enigsinds aanstoot gegee het. Ek volstaan
> hiermee.
Daar's nie 'n manier waarop jy aanstoot gegee het nie Hantamkind! Al
wat jy gedoen het is presies dieselfde as wat Danielle gedoen het maw
om die praktiese ek weer vir antwoorde te laat soek. Verstaan mooi wat
ek sê: Ek is nie 'n vreemde_taalspreker nie. Vrae het by my ook
opgeduik daaroor. Ek het die tipe geaardheid dat ek alles wil
uitredeneer en dan kan ek moeilik vir myself wees. Veral as ek die
tipe vrae vra soos waarom moet ons 'n professie in 'n vreemde taal kry
wat op sy beurt weer in 'n verstaanbare taal vertaal word. En wanneer
ek so annaliserend word, word ek soos Danielle. En dan beny ek mense
soos Me wat soos 'n kind aanvaar sonder verduideliking. Sy het 'n
gawe.
Ook ek verkies om te volstaan hierby.
DD
|
|
|
|
|
Re: Visse [boodskap #56077 is 'n antwoord op boodskap #56070] |
Thu, 24 January 2002 21:39 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Danielle wrote:
> Waste vis was dit dan, DD? Visse hou nogal 'n belangrike konnektasie
> in vir Christene - daarom miskien was die simbool van die vroeë
> Christene dan juis ook die vis en nie die die kruis wat dit vir
> moderne Christene is nie.
As ek reg onthou, verskuif die zodiac elke
tweeduisend jaar 'n segment deur die naglug. Die
afgelope tweeduisend jaar was dit in die teken
van Pisces. Dit word dan deur astroloë die
"age of pisces" genoem. ( Die volgende teken
waarin die zodiac vir die volgende tweeduisend
jaar sal wees, is die teken van Aquarius, die
waterdraer.) Vir astroloë is ons dus nou in
die teken van Aquarius.
Die woord Ichthus spel "vis" in Grieks en staan
vir Iesu Christos Theou Uios Soter
Jesus Christus God se seun redder
Ek dink die astrologiese invloed is hier duidelik
te sien. Dit was belangrik vir die vroeë Christene
om die naam van die messias in die teken van die Vis
te sien. Daarvandaan dan ook sulke beeldspraak soos
"vissers van mense."
Gloudina
|
|
|
Re: Visse [boodskap #56078 is 'n antwoord op boodskap #56077] |
Fri, 25 January 2002 01:54 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
@rogers.com wrote:
> As ek reg onthou, verskuif die zodiac elke
> tweeduisend jaar 'n segment deur die naglug.
Ek is effentjies verkeerd. In die
"precession of the Equinox" neem
dit 2,160 jaar om deur een teken
van die zodiac te gaan. Die "Great
Cycle" is dus 25,920 jaar. "Every
2160 years the equinox withdraws
by the space of one sign (30 degrees)."
Gloudina
|
|
|
Re: Visse [boodskap #56081 is 'n antwoord op boodskap #56078] |
Fri, 25 January 2002 03:14 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 25 Jan 2002 01:54:26 GMT, "@rogers.com" wrote:
> @rogers.com wrote:
>
>
>> As ek reg onthou, verskuif die zodiac elke
>> tweeduisend jaar 'n segment deur die naglug.
>
>
> Ek is effentjies verkeerd. In die
> "precession of the Equinox" neem
> dit 2,160 jaar om deur een teken
> van die zodiac te gaan. Die "Great
> Cycle" is dus 25,920 jaar. "Every
> 2160 years the equinox withdraws
> by the space of one sign (30 degrees)."
Skies - maar ek het nogal gesmaail toe ek hierdie boodskap sien. Glo
my, ek dink nie hier is iemand wat daardie fout sou optel nie! :-))
Interessant dat Franz Cumont, in sy Astrology and Religion among the
Greeks and Romans sê dat: "astrology fostered the belief in an
all-powerful Supreme Being".
Die Christelike kerk (Paulus se tyd en daarna) wou seker hierdie
"geloof" in astrologie ten alle koste onderdruk. Elke jaar, so om en
by die Kersseisoen verskyn daar altyd interessante vrae/artikels oor
die ster van Bethlehem veral.
Hierdie was nogal 'n interessante een wat in die New Scientist verskyn
het.
http://www.newscientist.com/news/news.jsp?id=ns99991713
"According to Molnar, it was essential to early Christians that the
true nature of the star be hidden, otherwise theologians would be
mired in debate about celestial influences that were not part of
Christianity. So they buried the knowledge of the star's astrological
roots and in time it was forgotten. "
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Visse [boodskap #56115 is 'n antwoord op boodskap #56101] |
Fri, 25 January 2002 08:31 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Iets in 'n ander toon oor visse:
Hoor eenkeer 'n predikant die draaksteek met ouens wat sulke "diepe vrae"
vra aan die paneel van teoloë op daai radioprogram "Wat sê die Bybel?":
Robert Schmidt (destyds nog die programaanbieder):
"Ons het hier in die ateljee vanaand vir professor Wysheid van Gruisheid, en
saam met hom doktor Grootoog van Weetals wat vanaand so 'n paar aspekte van
die Bybel wil bespreek aan die hand van 'n paar luisteraars se vrae"
"Goeienaand here, en baie welkom hier by ons"
Na die verwelkomings en die gebruiklike kuggies en wat nog, word die eerstre
vraag aan dr Grootoog van Weetals gestel:
"Nouja dr van Weetals, hier het ons nou 'n baie interesante briefie van 'n
luisteraar, meneer Anoniem, daar uit die Kaap. Nou die luisteraar wil nou
weet of dit nou sonde is dat 'n mens op Sondag visvang?"
"Eh ja Rhôbert ja. Is inderdaad 'n baie interesante vraag. Maar daarvoor
kand mens altyd 'n andtwoord uit die Bybel gaan soek dné? Eh-dnou ja, soos
ek gesê het, as mends dnou daar ind die Bybel, ind die boek vand Johdna lees
, dand lees mends daar vand 'dn vis wat hun mends gevandg het. So dand is
dit seker dnou dnie sondde omh hun vis te vadng dnie" Die doktor het so
effens nasaal gepraat... Die dat ek nou maar so 'n bietjie N-e gedokt(o)er
het...
Wees dus in die pasoppens as julle gaan visse kyk: Netnou word jy gevang, en
hoe sal ons dan hier op die NG weet dat jy gevang is? En bly maar op die
wal as julle walvisse wil gaan kyk aan die Kaapse kus... Just in case...
Maar teen daai tyd is die sterrebeeld al hoever heen verskuif?
Thys oppie Bos
|
|
|
Re: Oor Jesus [boodskap #56120 is 'n antwoord op boodskap #56092] |
Fri, 25 January 2002 09:02 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek stem saam met Gloudina hieroor. Die laaste gedeelte veral.
Ghandi (Mohatmas) het self blykbaar iets soos die volgende te sê gehad oor
die kerk:
"Vertel my van die Jesus van die kerk, nie van die kerk van Jesus nie"
Ek dink persoonlik dat die probleme wat kerklike genootskappe en
denominasies tans ondervind om as irrelevnt geklassifiseer te word, juis ten
grondslag het die bepaalde sieninge van feilbare mense, wat dit verhoog het
tot dogma, instede daarvan om die sieninge van mense ondergeskik te stel aan
die Woord van God. (Matt 15:9)
'n Ander aspek is natuurlik dat in die kerk 'n beslag van teokrasie geld, en
nie demokrasie nie. So maklik vervlak ons die leer van God om ons en ons
omstandighede te pas, in plaas daarvan om God eerste te plaas in ons lewens.
(Matt16:23 waar Jesus vir Petrus teregwys)
Die kerk is nie daar sodat mense "goed kan voel" oor God nie, maar sodat
mense aan Hom die eer kan gee deur die gemeenskaplike diens aan Hom te wy in
aanbidding en lofprysing. Eer, aanbidding, dank en lofprysing wat Hy
waardig is. En dat daaruit, 'n lewenstyl van naastediens in opofferende
liefde en respek sal voortspruit.
So dikwels gebeur dit die Drie-Eenheid maar net 'n terloopse geword het in
ons kerkwees. Bysake word dan hoofsaak, en dan verloor die kerk sy
verantwoordelikheid, en aanspraak, om mense die weg te wys na God se
reddingsplan deur Jesus se sterwe en Sy opstanding in die ewige lewe.
Thys op die Bos
|
|
|
|
|
|
Re: Oor Paulus [boodskap #56154 is 'n antwoord op boodskap #55981] |
Fri, 25 January 2002 19:17 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Andre
Boodskappe: 10 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek wil hier van die kantlyn af inkom en verduidelik dat die vis as simbool
in die Christendom g'n van Orpheus af kom nie, maar alles te make het met
Jesus se opdrag aan sy volgelinge om vissers van mense te word. (Baie
gedeeltes van die verhaal van Jesus word verbind met visstories, soos toe hy
`n skare van 5000 mense gevoed het met 5 brode en 2 vissies; die wonderlike
visvangs; en toe Jesus vir sy dissipels `n visbraai-ontbyt op die strand
gehou het, net nadat hy uit die graf opgestaan het.)
Die vroee christene het `n vis bokant die deure van hul bymekaarkomplekke
geteken, as aanduiding dat dit `n plek van aanbidding was. Die Griekse woord
vir "vis" is ICHTHUS, wat vir die vroee kerk `n akroniem (I.CH.TH.U.S)
geword het vir Iesous Christous Theou Uios Soter, wat beteken: Jesus
Christus, Seun van God, Redder.
"Danielle" skryf in boodskap news:64ms4u8cohqplbr2a1tgr8ditt0b4bcpt3@4ax.com...
> On Tue, 22 Jan 2002 09:12:53 +0200, Lou wrote:
>
>
>> Aangaande jou verwysings na Paulus - 'n predikant het eenkeer dit so
>> verduidelik - en ek hoop ek onthou reg - dat jy die geskiedkundige
>> konteks waarin hy opgetree het moet in ag neem - dus moes hy die nuwe
>> Christene benader uit hul verwysings raamwerk en dus verwys na terme wat
>> vir hulle sin sou gemaak het.
>
> Nee weet jy - ek dink nogal dat Paulus redeneer juis uit sy EIE
> verwysingsraamwerk. Maar ek kan insien wat en waarom die persoon dit
> andersom probeer verduidelik het.
>
> Dalk is die Christelike geloof 'n sinkretistiese geloof (vermenging
> tot 'n soort van eenheidsvorm van verskillende geloofsmotiewe).
> Die simbool van die vis kom byvoorbeeld van Orfisme (Orpheus was 'n
> visserman) Ander aspekte van Paulus wat baie duidelik Orfies was, is
> byvoorbeeld sy sieninge oor die onthouding van seks, vleis en wyn
> veral. Die Orphics het 'n baie sterk ontwikkelde sin van "sonde" en
> "skuldgevoel" gehad, daarom die onthoudings stories (dink ek)
> Ek dink amper hulle het ook in reinkarnasie geglo, maar ek is nou nie
> seker wat Paulus se sienswyses hieroor spesifiek was nie.
>
> Maar reinkarnasie is 'n taboe teorie vir Christene, nê?
>
|
|
|
|
Re: Oor Jesus [boodskap #56156 is 'n antwoord op boodskap #55969] |
Fri, 25 January 2002 19:37 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Andre
Boodskappe: 10 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Nee, wag, hierdie een MOET ek hoor! Vertel asb meer van die verskriklik baie
interpretasies van die dief langs Christus aan die kruis? Ek stel veral
belang in die onderskeiding van hoe anders `n protestant, katoliek, ens. dit
sou interpreteer...?
Terwyl ek wag op daai verduideliking, wil ek net lig werp op die hele
kwessie van die VANDAG, waar Jesus sê: "Vandag sal jy saam met my in die
paradys wees". Dis baie duidelik dat jy (-in jou eie woorde-) nie meer so
mooi kan onthou nie en dat jy dinge uit jou "vuis" suig (die korrekte
uitdrukking is eintlik om iets uit jou "duim" te suig).
Jesus het baie beslis gesê dat die krimineel VANDAG (daardie selfde dag)
saam met hom in die paradys sou wees. Beide van hulle het op daardie Vrydag
gesterwe - die krimineel is nie eers twee dae later dood, soos jy beweer
nie.
"Danielle" skryf in boodskap news:7jes4u453il6g2ieujiljlk53qle6p28af@4ax.com...
> On Tue, 22 Jan 2002 09:12:45 +0200, Lou wrote:
>
>> . EN anders as 'n baie ander gelowe
>> verdien jy nie jou lewe in die hiernamaals nie - jy hoef slegs te glo.
>> Bv. die moordenaar langs Christus aan die kruis.
>
> Net so terloops - weet jy hoe verskriklik baie interpretasies daar is
> vir hierdie storie van die dief langs Christus aan die kruis?
> Afhangende of jy protestant, katoliek, ortodoks of pentecostal of
> charismaties ens, is.
> Groot stryery het al hieruit onstaan. En wat of waar is hierdie
> paradys waarna verwys word?
> Onthou Jesus het gesê dat hulle later DIESELFDE DAG saam in die
> paradys sou wees. Maar die dief het mos eers 2 dae later as Jesus
> gesterf? En volgens die bybel het Jesus eers afgedaal na die "hel" om
> die geeste wat daar aanghou was te verlos. (Death where is thy
> sting..) Ai, ek kan nie meer so mooi alles onthou nie en praat sommer
> so uit die vuis uit.
>
|
|
|
Re: Oor Paulus [boodskap #56157 is 'n antwoord op boodskap #56154] |
Fri, 25 January 2002 20:21 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Andre wrote:
> Ek wil hier van die kantlyn af inkom en verduidelik dat die vis as simbool
> in die Christendom g'n van Orpheus af kom nie, maar alles te make het met
> Jesus se opdrag aan sy volgelinge om vissers van mense te word.
> Die vroee christene het `n vis bokant die deure van hul bymekaarkomplekke
> geteken, as aanduiding dat dit `n plek van aanbidding was.
Die vis op die moderne karre mag die oorsprong
hê wat jy hier aandui, maar vir die vroeë
Christene het die vis uit die astromiese/
astrologiese denksfeer gekom.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #56227 is 'n antwoord op boodskap #56155] |
Sun, 27 January 2002 18:37 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"emmy"
: Wat heeft Satan en God te maken met een kind
: van 2 jaar of soms jonger dat ernstig ziek is.
: Hij is zich niet bewust van enig geloof....
:
: grt emmy
~~
Baie goeie vraag Emmy.
Ek dink nie dat ek jou 'n maklike antwoord kan gee op jou vraag nie. Maar
wat
ek wel vir jou kan vertel is wat ek sou doen as ek 'n kind sou hê wat siek
is,
terminaal aldan nie. God het ons ook medici, hospitale en klinieke gegee.
Dit sal my egter nie weerhou om my tot Hom te rig en my
kind aan hom op te dra nie. Ek sal my dan wend tot James (Jakobus) 5:14 en
dit
uitvoer.
Jam 5:14 Is iemand krank onder u? Dat hij tot zich roepe de ouderlingen der
Gemeente, en dat zij over hem bidden, hem zalvende met olie in den Naam des
Heeren.
Jam 5:15 En het gebed des geloofs zal den zieke behouden, en de Heere zal
hem oprichten, en zo hij zonden gedaan zal hebben, het zal hem vergeven
worden.
Jam 5:16 Belijdt elkander de misdaden, en bidt voor elkander, opdat gij
gezond wordt; een krachtig gebed des rechtvaardigen vermag veel.
Nou die klein kind het geen besef van sonde of geloof soos jy dit stel, nie.
So ek dra die kind op aan God deur die Bloed van Christus wat alreeds
gesterwe het vir ons sondes en krankhede. Ek bid God op Sy beloftes. Watter
vader sal vir sy kind 'n skerpioen of klip gee as die kind vir brood vra?
Eens op 'n tyd het ek ook gevra hoe kan ons Vader van liefde, vir ons as
ouers kinders skenk wat blind of een of ander gebrek het. Ek het die
antwoord na baie jare gekry toe ek eers die Woord begin studeer het.
Joh 9:1 En voorbijgaande, zag Hij een mens, blind van de geboorte af.
Joh 9:2 En Zijn discipelen vraagden Hem, zeggende: Rabbi, wie heeft er
gezondigd, deze, of zijn ouders, dat hij blind zou geboren worden?
Joh 9:3 Jezus antwoordde: Noch deze heeft gezondigd, noch zijn ouders, maar
dit is geschied, opdat de werken Gods in hem zouden geopenbaard worden.
As ek nie kon antwoord wat jy wou weet nie, stel ek voor dat jy
jou naaste herder kontak en met hom / haar daaroor gaan gesels.
Verkieslik een wat nie wegskram om oor die Gawes te praat wat
Sy Gees nog steeds aan dié gee wat daarvoor vra. Hy gee dit ook slegs
dan wanneer dit nodig is vir die diens wat jy vir Hom verrig. Geloof is
iets wat enige gelowige beoefen elke dag van sy lewe, soos jy spiere oefen
in 'n gimnasium, so oefen jy jou geloof ook en word dan sterker. Baie van
die
gelowiges is maar gelukkig om 'melk' te drink en 'babas' te bly in die
geloof.
Rom 10:17 Zo is dan het geloof uit het gehoor, en het gehoor door het Woord
Gods,
~~
|
|
|
Re: Geloofsgenesing [boodskap #56232 is 'n antwoord op boodskap #56227] |
Sun, 27 January 2002 20:05 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Joh 9:1 En voorbijgaande, zag Hij een mens, blind van de geboorte af.
> Joh 9:2 En Zijn discipelen vraagden Hem, zeggende: Rabbi, wie heeft er
> gezondigd, deze, of zijn ouders, dat hij blind zou geboren worden?
> Joh 9:3 Jezus antwoordde: Noch deze heeft gezondigd, noch zijn ouders, maar
> dit is geschied, opdat de werken Gods in hem zouden geopenbaard worden.
En hoe kunnen de werken van God geopenbaard worden in een gehandicapt kind ?
Dat is me een raadsel.
Gr.
Hilda.
|
|
|
|
Re: Oor Jesus [boodskap #56246 is 'n antwoord op boodskap #56058] |
Mon, 28 January 2002 07:08 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Danielle wrote:
>
> On Thu, 24 Jan 2002 08:50:27 +0200, Lou wrote:
>
>> My standpunt - die benadering tot wie God is, het dieselfde onstaan punt
>> vir Christen, Jood en Moslem - tot op 'n punt - vandaar vertak ons
>> beskouinge. En DIT is waar die verskille inkom, m.a.w. ons
>> Christus word glad nie deur die Jood erken nie en die Moslem sien hom as
>> slegs nog 'n profeet - maar dan laer as M. Per definisie - as ek sou
>> twyfel oor wie die ware en enigste God is dan is my geloof tog nie wat
>> dit moet wees nie? Jou standpunt hieroor? ..?
>
> Jammer om alweer hier in te voeter.
Wat de hel - the more the merrier :) - jy het in elk geval die thread
begin.
> As God = Jesus = Heilige Gees (drie-eenheid), dan moet jy mos erken
> dat dieselfde God van die Jode en Muslims is gelykstaande/dieselfde as
> Jesus en die Heilige Gees?
> Dus moet jy mos die gevolgtrekking maak dat Jesus is ook die Joodse en
> Muslim God? Of probeer jy sê dat jy wel glo dat julle almal wel
> dieselfde God aanbid, maar dat die manier waarop julle aanbid is
> verskillend?
Hmm, interesante punt op 'n logiese vlak - soos is Coke, Fanta en bier
dieslefde - aldrie berus tog op water as hoof bestandeel.
Die belangrikste is dat die Jode en Moslem nie Christus as reder sien
nie en dus die bestaan van 'n drie-enigheid ontken, is die fundamentele
verskil soos ek probeer sê het dan juis dit - die Christen glo dat sy
geloof in die reddingsdaad van Christus hom kan red. Deur die bestaan
van Christus te ignoreer glo die Moslem en Jood dit dus nie - as
buitestaander mag dit dus lyk asof ons een God aanbid maar dit is die
verkille wat eintlik belangrik is - nie die ooreenkomste nie.
>
> Ek het al verlede jaar (dink ek) genoem van Karen Armstrong se boeke -
> maar veral haar "A History of God". Het jy dit al gelees?
Nope - nie eintlik my belanstellings veld nie. Kry nie eers aldag tyd om
die koerant te lees nie.
|
|
|
|
|
|
Re: Oor Jesus [boodskap #56296 is 'n antwoord op boodskap #56244] |
Mon, 28 January 2002 14:13 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Die Moslem, Joodse, Christen en Hindu glo dat hulle godsdiens die
> enigste is soos ek al ad nauseum gesê het - let wel - ek sluit nie die
> boedisme hierby in nie.
>
> Die Bybel sê ook dan duidelik dat jy slegs een God mag
> aanbid - en uit die NT se dit tog duidelik dat slegs hulle wat in
> Christus glo gered sal word. Ek wonder dus steeds waar in die NT is die
> deel wat volgens jou bewys dat die geloof in Christus nie die enogste
> manier is
> om die saligheid te kry nie. Ek sou graag die verse uit die berg
> predekasie wat dit bewys, wou sien?
Lou, jy gaan aan en aan om Christene
te probeer tipeer as mense wat glo dat
net hulle "die ware God dien." Daardeur
doen jy 'n ondiens aan jou mede-Christene
wat nie soos jy ketters wil wees nie.
Ek dink dat Christene glo dat as hulle
glo in die reddende bloed van Christus wat
vir hulle gestort is ( en dus die Liefde
aktief in hulle harte kweek, net soos die
Buddhis bodhicitta) dat hulle dan "gered"
is. Al jou prekery oor die Christene as
die enigste wat die redding in pag het,
isoleer jou van die hoofstroom van die
Christendom.
Die Bergpredikasie som vir jou op wat
dit beteken om "gered" te wees.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor Jesus [boodskap #56297 is 'n antwoord op boodskap #56246] |
Mon, 28 January 2002 14:17 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
Karen Armstrong se boeke -
>> maar veral haar "A History of God". Het jy dit al gelees?
>
> Nope - nie eintlik my belanstellings veld nie. Kry nie eers aldag tyd om
> die koerant te lees nie.
I rest my case.
Gloudina
|
|
|
Re: Oor Paulus [boodskap #56298 is 'n antwoord op boodskap #56248] |
Mon, 28 January 2002 14:23 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Lou wrote:
> Soos Andre verduidelik het - Jesus het aan die disippels gesê dat hy
> hulle vissers van mense sou maak - dus die teken van die Vis. Dus het hy
> verwysing wat sy punt staaf - waar is joune?
>
> Miskien die feit dat daar 'n vis in die diereriem is - hoekom het hulle
> dan nie 'n Weegskaal gekies nie - sou tog heelwat meer sin maak?
Soos gewoonlik, Lou, luister jy nooit
na wat gesê word nie. In die recession
of the equinox is die diereriem die
afgelope ongeveer tweeduisend jaar in
die teken van die Vis. (Ons het nou
onlangs inbeweeg in die teken van die
waterdraer - Aquarius.) Dis daarom dat
die vroeë Christene die Vis as simbool
vir Christus gebruik het - hulle was
beinvloed deur die astronomiese/
astrologiese denksfeer van daardie tyd.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Tale [boodskap #56311 is 'n antwoord op boodskap #55990] |
Mon, 28 January 2002 20:18 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Danielle"
: Hierdie herhaling is nogal interessant. Baie Charismatiese kerke
: gebruik dit ook. Hulle sing 'n liedie oor en oor en oor en oor en oor
: en...wel OOR! En hoe langer die liedjie herhaal word, hoe meer
: "geestelik" raak die gemeente. En baie keer sal dit dan oorslaan na
: glossolalia (sing of praat in tale)
~~
Dani meskien werk dit so in die "Baie Charismatiese kerke" waar jy
persoonlik na toe gaan of gegaan het, in die gemeente waar ek aanbid is dit
EERS
'geestelik', soos jy sê (die vewagtinge wat in die harte van die
gemeentegangers is)
en dan kan dit herhaal word soos die Gees die gemeente lei om God te prys en
aanbid en dan kan daar manifistasie van profesie (tale) geskied wanneer God
spesifiek iets vir die GEMEENTE wil sê of vir IEMAND in die gemeente iets
wil sê. Ek was teenwoordig gewees in 'n samekoms waar daar net twee kort
lofprysings liedjies gesing is met GEEN herhaling nie en die Teenwoordigheid
so sterk was dat daar nie meer verder gesing KON word nie en dat die
nagmaal dadelik bedien was. God se Gees kan jy nooit vaspen op 'n
tradisionele manier van doen nie. As menslike kerkreëls en regulasies dit
doen,
is hulle dienste 'dood' en kon hulle maar verder by die huis geslaap het.
Nou sommer net vir die wat verder belang stel.
Ook moet onthou word dat daar twee maniere van 'tale' spraak is. Een ter
stigting vir jouself waar jy agter geslote en in afsondering bid in
die Gees, wie dit in sugtinge na ons Vader 'neem'. Tweedens is tydens
samekomste van die gemeente, soos hierbo geskryf. Tale is ook die enigste
van
die 9 Gawes van die Heilige Gees wat jy nie in die ou testament sal vind
nie. Dit is ook die gawe wat aan jou, wat met die Heilige Gees gedoop is,
gegee word.(Dit kan 'n bestaande, antieke of uitgestorwe
taal wees) Jy MOET daarvoor vra, en dit oefen soos jy dit kry. Dit is 'n
lewenslange geskenk wat jy fisies kry, 'n wonderwerk en kosbaar vir die
nuut gebore en Geesvervulde kind van God. Dié gawe van jou
persoonlike 'taal' sal jou ook nooit weer verlaat nie. Dit kan begin met
een of twee woorde, jy kan in die bad sit, in jou motor, of net wanneer
jy ontspanned is en jy 'oop' is en jy nie besig is met jou eie dinge nie.
Dit is ook nie noodwendig dat jy 'n hele hele nuwe taal leer nie.
Dit hang van jou af hoeveel jy wil hê, hoeveel woorde jy kan neerskryf
of onthou. Ek weet van 'n persoon wat net 20 woorde op eenslag
gekry en dit toe neergeskryf het soos dit gekom het, hy het geglo dit is
sommer
'mumbo jumbo' en dit weggesit. Eendag toe kyk hy na 'n kaart
van hoe die Iraeliete getrek het en sien toe 'n plekkie met die
naam Kadesh - Barnea waar Godsvolk vir 38 jaar gebly het.
Iets baie bekend omtrent die naam het hom getref en
toe haal hy sy stukkie uit waar die woorde soos hy dit 'gehoor' het
neergeskryf het. Kadesh was die woord, na nadere ondersoek sien
hy die woord beteken, geheilig. Die man het nie eers die Bybel
bestudeer voor sy wedergeboorte nie, om die waarheid te sê hy het
nie eers aan 'n gemeente behoort nie. Met tye daarna soos hy die Woord
bestudeer het, het nog Aramese woorde na vore gekom wat ook in sy
stukkie taal was. So het die Gees van die Here dan aan hom gewys
dat sy 'taal' wat hy ontvang het, nie 'mumbo jumbo' was nie.
Al weet jy nie wat die woorde beteken nie, dit maak nie saak nie,
wanneer jy die woorde bid en daar is veral iets
wat jy nie weet hoe om oor te dra aan God nie, gebruik jy jou taal
en Sy Gees doen dit verder en die Een wat alle harte ondersoek, verstaan wat
jy sê.
My eerste boek wat ek aangeskaf het is geskryf deur 'n Amerikaner genaamd
Jack W Hayford, en die boek, Hayford's Bible Handbook behandel bostaande
Gawes op 'n pragtige manier.
Ek hoop hierdie werp 'n bietjie meer lig op dié wat vrae gehad het maar
nooit
openlik wou vra nie.
--
------------------------------------------------------------ -----
When man is wrapped up in himself, he makes a pretty small
package.
------------------------------------------------------------ -----
|
|
|
|
|
Bladsye (4): [ 3 ] |
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 10 21:43:58 UTC 2025
|