Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » irbisure@pmurg/co.za
|
|
|
|
|
|
|
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49345 is 'n antwoord op boodskap #49341] |
Mon, 03 September 2001 12:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> On Sat, 01 Sep 2001 08:59:42 +0200, WWW wrote:
>
>> kafferwaatlemoenkonfyttentoonstellingsverenigingvergaderings ekretarisassistentsinusbehandelingrekeningregstellingafdelin g
>
> kafferwaatlemoenkonfyttentoonstellingsverenigingvergaderings ekretarisassistentsinusbehandelingrekeningregstellingafdelin gs
>
> DD
Kyk, ek is op die punt om te verklaar dat enigiemand wat nog so knaendaan hierdie ellelange woord werk, 'n fiksasie het op sy
jy-weet-wat. Hou
op om met jouself te speel, Davie Davis.
Gister het ek vir die eerste keer iets in die vreemde ge-eet wat naby aan
kafferwaatlemoenstukke gekom het. Hulle het dit "melon sticks" genoem,
maar dit was duidelik die groen skil van iets soos die honeydew, wat
iemand dan versuiker het. Kan mens kafferwaatlemoenstukke kommersieel
in Suid-Afrika koop? Daar is natuurlik 'n verskil tussen kafferwaatlemoen-
stukke en kafferwaatlemoenkonfyt.
Tant Mina, wat stroop kook van die meboskonfyt
met Wellingtonse suiker teen 'n trippens die pond.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Konfyte [boodskap #49393 is 'n antwoord op boodskap #49377] |
Tue, 04 September 2001 02:47   |
pop
Boodskappe: 157 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maar Davie my dier, wat skeel jou tog! Wat is lekkerder as
slakke in knoffelsous. Kom nou by en vat jou sweetie
na n Franse restaurant, en bestel slakke (escargot) en sien
vir jouself jou lekker dit is, dit glip so seepglad by jou keel af ! :-)))
Pop
Davie Davis skryf in boodskap news:pbl7pton6k8bnddolu0711sg1fdfl3bku7@4ax.com...
> On Mon, 3 Sep 2001 13:53:57 -0500, "pop" wrote:
>
>> Eeuuw, ek het nou op my laaste besoek gesien iemand het tamatiekonfyt saam
>> met
>> hulle roosterbrood geët, kan jy aan iets slegter dink as dit?
>>
>> Pop
>>
>
> Pop, ek is al gekonfyt in tamatiekonfyt eet.
>
>> kan jy aan iets slegter dink as dit?
>
> ja, slakke
>
> DD
|
|
|
|
|
|
|
|
Onderwys was Re: Konfyte [boodskap #49405 is 'n antwoord op boodskap #49375] |
Tue, 04 September 2001 07:12   |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kom-kom Danielle, dis weggekruip, nie wegekruip nie. Met Dina op "kill
file" het ek iemand anders nodig om my spelfoute uit te wys :-))) Iemand
wat meer behulpsaam, minder hoogdrawend en sarkasties is. Ek wonder of die
onderwys dit aan mens doen.
My dogter wil met alle geweld onderwys studeer. Ek kyk na Dina, in elk
geval wat ons weet/sien van haar, en wonder of my dogter ook so 'n
sarkastiese, verbitterde, humorlose en alleen eenoog gaan uitdraai wat
alles/almal probeer afkraak wat nie volgens haar volmaak is nie. Dink jy
onderwys kan dit aan 'n mens doen, of is dit maar in jou karakter of
opvoeding. As ek na Bobby kyk het ek beter hoop.
"Danielle" skryf in boodskap news:vrs8ptov56n02cplgiafvudsv5t0v8vcdo@4ax.com...
> On Tue, 4 Sep 2001 08:21:15 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>> Jy's te stadig ousus.... Lankal wegekruip :-))))
>
> Dêmmit!!! Nog net so vinnig soos altyd! :-)))
> Eendag gaan ek jou nog bekruip en onverhoeds betrap - elke hond kry sy
> dag...:-)))
>
|
|
|
|
|
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49421 is 'n antwoord op boodskap #49403] |
Tue, 04 September 2001 11:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Gloudina, het jy dalk aan die aalwyn konfyt geproe voor dit reg was?
>
Thys, weet jy, ek het in 'n huis grootgeword waar daar nooit
kafferwaatlemoenkonfyt gekook is nie. Waarom weet ek nie.
Ek kan dit net onthou as iets wat mens op basaars gekoop het.
Jy moet in ag neem dat waar ek gebly het (op die besproeiings-
lande van die Oranje tussen Upington en die Aughrabiese
Valle) die mense maar baie gelewe het soos die oord waaruit
hulle gekom het voordat hulle na Kakamas getrek het. My ma
se ouers het van Robertson in die Boland gekom, en ek vermoed
dat baie van die dinge wat ons gedoen het maar geskoei was op
wat my ma se ouers in Robertson aan gewoond was.
Ek kan nie sê dat ek ooit van aalwynkonfyt gehoor het nie.
Die bitter toon in my geskrifte is maar net omdat joggies soos jy,
wat nog nat agter die ore is, nie hulle meerderes respekteer nie.
Tant Hessie van die Aughrabiese van Helsdingens
|
|
|
|
|
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49426 is 'n antwoord op boodskap #49403] |
Tue, 04 September 2001 12:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> En
> wie's jy miskien om te weet of ek nog nat agter die ore is?
Wel Thys, op 'n sekere tydstip in 'n man se lewe begin hy
daarvan hou as mens sê hy is nog nat agter die ore. Ek het
dit eintlik as 'n kompliment bedoel.
Tant Hessie wat nog nooit aalwynkonfyt ge-eet het nie,
en 'n sweetie is.
|
|
|
|
|
Re: Onderwys was Re: Konfyte [boodskap #49461 is 'n antwoord op boodskap #49405] |
Tue, 04 September 2001 21:20   |
Mafuta
Boodskappe: 196 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Sakkie" skryf in boodskap news:3b947e7b$0$235@hades.is.co.za...
> Ek wonder of die
> onderwys dit aan mens doen.
Nee-nee, Broer, dis nie die onderwys nie! Ek kan nou sommer aan baie redes
dink, maar nie die onderwys nie!
> Ek kyk na Dina, in elk
> geval wat ons weet/sien van haar, en wonder of my dogter ook so 'n
> sarkastiese, verbitterde, humorlose en alleen eenoog gaan uitdraai wat
> alles/almal probeer afkraak wat nie volgens haar volmaak is nie.
Wel, ek het nog altyd gedink dat die bogenoemde karaktertrekke eerder dui op
'n diepe eensaamheid en inherente minderwaardigheidskompleks. En iemand wat
nooit die geleentheid gehad het om ware en diepgaande sielsgeluk en vrede te
ondervind nie - iemand wat eintlik bejammer moet word - en dis ook hoe ek
diesulke persone beskou.
> As ek na Bobby kyk het ek beter hoop.
Ja-ja, kyk na Bobby - goeie voorbeeld! Die onderwys is vir my 'n wonderlike
beroep - een wat my juis jonk hou, want dit kry my daagliks in voeling met
die onbesonne jeug, en die varsheid in hulle optrede, en die lighartigheid,
en die humor. Ek maak altyd grappe met hulle, hulle vertel my die nuutste
grappe, en ek lag saam met hulle. En ek leer elke dag iets nuuts van
hulle - dis die geheim van my jeugdige en sonnige geaardheid. My rolmodel
was Mnr Voges - onthou jy hom?
|
|
|
Re: Konfyte [boodskap #49598 is 'n antwoord op boodskap #49458] |
Thu, 06 September 2001 09:10  |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
en dink net aan al daardie ouerlose klein slakkies! Waaaaaaaaaaa!
®Tobie© skryf in boodskap news:9n7baa$gir$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "pop"
> : Maar Davie my dier, wat skeel jou tog! Wat is lekkerder as
> : slakke in knoffelsous.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> Jy weet Poplap, ek het eens op 'n tyd baie van paddaboutjies
> gehou .......... totdat ek hulle (die paddatjies) by die
> agterdeur van die restaurant sien uitry het in rolstoeltjies
> ............
>
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 13 13:19:57 UTC 2025
|